Nou toe nou!!!

November 22, 2015 at 10:56 nm 6 Kommentaar

baboon

Weer in die mis kerk toe gery. Vandat ons pp (parish priest, soos in die hoofseun van die lot by die sendingstasie) vier maande gelede van DRC terug gekom het, was dit maar die tweede keer dat ons die eer gehad het om mis met hom te kon he.

Ewentwel, almal weet mos die man soek Olga graag uit om mee swaarde te kruis. Was dan ook geen uitsondering nie. Maar nou ja, nadat die omheldslag verby is, neem ek die wind skoon uit sy seile deur hom te vertel die dames wie die kerk voorberei wou my raadpleeg oor hoe die altaar gedek moes word, maar aangesien hy daar is, kan hy maar die eer kry. Toe stap ek flink uit en gaan sit in my sitplek. Toe hy klaar met hulle gekonfedereer het, het sy oe gesoek, maar Olga het sleg geslaap en het gou gekniel en baie diep begin bid. Hy het geen ander keuse gehad as om te gaan verklee en die mis te begin nie.

Tydens sy homily (julle weet mos noual ek ken nie die Afrikaanse woord daarvoor nie, seker maar preek) raak hy weer vreeslik begeesterd, (whats new?) en telkens vra hy vrae. Homer het later sy selfoon en wys die man het weer nie einde nie, dis alreeds tien minute nadat dis mis al moes oor wees en die man voer nog sy homily. Die verkeerdste ding wat Homer kon doen, die Kongool(ees) laat hom nie aanjaag nie. Hoe lus was ek om Homer se maermerrie weg te skop. Toe begin hy ons te peper met vrae. Dis later net ‘n vraag en antwoord sessie tussen hom en my. (Weereens … Whats new?) Om hom in aksie te sien, sal enige mens dink dis net die twee van ons in die hele gebou.

Ewentwel, om sy homily af te sluit, vertel hy ons dat hy en ‘n paar kollegas onlangs oor die grens moes gaan om die begrafnis van ‘n geeerde kollega in ‘n buurstaat te gaan bywoon. Met hulle terugkeer is die bevelvoerder toe op ‘n powertrip. Geil en grou skree hy op hulle, “You, you and you line up here. You, you and you ova der.” Hy sE toe van die mense wie “der” moes queue, is sy entourage, by gebrek aan ‘n beter woord om sy reisgenote te noem. Dadelik wou die bevelvoerder weet “What are you?” Hy noem dat dit opvallend was die mens vra “what” nie “who” nie.

Maar hy het geantwoord. “I’m minister.” Waarop die man met merkbare respek gevra het, “What minister are you?” Hy het geantwoord “I’m minister of the eucharist.” Daar skrou die bevelvoerder op sy mense en voordat hy weet, maak die mense ‘n erewag en hy en sy gevolg word heel belangrik begelei en in hulle voertuie gehelp en met ‘n indrukwekkende saluut op hulle pad gestuur. Was eers toe hulle almal in ‘n naburige dorp gaan koffie drink het, dat sy metgeselle hom bedank het vir sy teenwoordigeheid van gees. Van hulle wie die plaaslike dialek verstaan het, het hom toe vertel die bevelvoerder het vir sy mense gese dat hulle vereer word deur die ” Prime minister of the eucharsist.”

Gedagte van die dag: As dit nie vir die “prime minister” was nie, het hulle moontlik steeds tougestaan om deur doeane te kom.

Entry filed under: Mense en hulle dinge.

Sjoesj Olga Terloops gesien.

6 Kommentaar Add your own

  • 1. scrapydo2.wordpress.com  |  November 23, 2015 om 12:26 vm

    Ha ha, sal nie rerig op n mooi more wil swaarde kruis met so n man nie. Waar wat jy sê van wag by doeane.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  November 24, 2015 om 11:53 nm

      Die eerbare mense ne.

      Antwoord
  • 3. Klip  |  November 23, 2015 om 7:49 vm

    Ek sien die Pope besoek Afrika , kom hy by julle ook n draai maak?

    Antwoord
    • 4. Olga  |  November 24, 2015 om 11:53 nm

      Nee ek dink ons is te wit vir hom.

      Antwoord
  • 5. Klip  |  November 23, 2015 om 11:38 vm

    The quote of the decade!

    Judge Judy to prostitute : ‘So when did you realize you were raped?

    Prostitute, wiping away tears: ‘When the cheque bounced..’

    Antwoord

Lewer kommentaar op Olga Kanselleer antwoord

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter