Sjoesj Olga

November 16, 2015 at 11:15 nm 17 Kommentaar

piet

Wee julle. Die vrou kan mos ook nie haar bek hou nie. Ons was Saterdag na ‘n braai genooi. Dit was die more nog so warm dat ek teen die braai opgesien het. Het toe skielik bewolk geraak en begin reen.

Terwyl ek gou deur die stort gespring het, het ek bewus geword van ‘n Piet-my-vrou wat so naby roep, dit kan net in die boom agter ons huis wees. Heel opgewonde het ek haastig deur die ritueel gehaas want dis dalk my kans om die skaam ou voEltjie met my eie persoonlike oE te sien. Haas laat my toe struikel waarop ek in normale praat toon die voEl betug met die woorde “jy sal ook wragtig wag tot nou om van jou te laat hoor.” Terwyl ek die handdoek om my wikkel. Sal die verdomde voEl Jan se baadjie aantrek en laat spaander.

Ek was sommer de vieste in vir myself. Ek wil so graag ‘n Piet-my-vrou sien. Ek noem later aan ons gasvrou dat ek met my alewige opmerkings ‘n gulde geleentheid deur my vingers laat glip het. Toe vertel sy ons met smaak hoedat die Piet-my-vrou heel gereeld met haar kom kuier. Die ou voEltjie vlieg glo by haar huis se venster in kom eet uit haar hand. Op die stadium kom die onaardigste geluide van oom Ridder se kant af. Ek kom agter hy stik en spring op om hom tussen die blaarie te gaan klop en mis heeltemal die beskrywing van die voEltjie.

Sondag more vroeg was hy hier. Vertel my toe hy het verstik van die lag, want hy weet nie watse kreatuur sy beskryf het nie, maar was geheel en al glad nie ‘n Piet-my-vrou nie. Hy vertel toe dat hy, sy lewe lank ‘n bosbouer een keer en net eenkeer ‘n Piet-my-vrou gesien het en dis nie naastensby wat sy bekryf het nie. Ek moes toe maar met nig Google beraadslag het nadat hy hier weg is. Een ding wat ek nou weet is dat hy reg is, nig Googs beskryf die voEltjie soos hy dit gedoen het.

Dalk volgende keer Olga.

Gedagte van die dag: Swye is ‘n deug Olga. Leer dit asb aan.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Olga se blapsie Nou toe nou!!!

17 Kommentaar Add your own

  • 1. scrapydo2.wordpress.com  |  November 17, 2015 om 6:02 vm

    Mens hoor altyd ou Piet roep, maar sien is n ander storie. Nou lekker geglimlag vir die manier hoe jy arme Piet die skrik op die lyf gejaag het.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  November 17, 2015 om 9:56 nm

      Arme ou dingetjie. Ek wou hom so graag gesien het.

      Antwoord
      • 3. scrapydo2.wordpress.com  |  November 17, 2015 om 10:52 nm

        Dis n koekoek en hy is n stouter om ander te gebruik om sy kinders groot te maak. So is die lewe nê!

      • 4. Olga  |  November 18, 2015 om 9:37 nm

        Ek wou sE dis die nannyvoEl wat sy eiers lE in ander se nesse.

  • 5. ddupl3ss1s  |  November 17, 2015 om 6:24 vm

    Ons het Piet-se-roep in die verte gehoor, doer in die hoë Seders(nie die in Waterkloof) Piet het gestand gedoen aan sy reënroep – salige reën.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  November 17, 2015 om 9:58 nm

      Oom Ridder sE dat die boswerkers in die Kaap hom geleer het, hoe hoEr Piet in die takke sit en roep, hoe verder is die reen weg. maar as jy hom laer af hoor roep, is die reen naby.

      Antwoord
  • 7. Tannie Frannie  |  November 17, 2015 om 8:19 vm

    Ken sy roep so goed, maar dis die eerste keer dat ek sien hoe hy lyk – dankie Olga!

    Antwoord
    • 8. Olga  |  November 17, 2015 om 9:59 nm

      Almal ken die outjie se roep. Maar hy is maar skaam om gesig te wys.

      Antwoord
  • 9. HesterLeyNel  |  November 17, 2015 om 12:06 nm

    Gevind by Madame Google – ‘n mooi video waar jy die voël kan sien en die roep kan hoor https://youtu.be/9HhBm7Qj2Ls. Ek moet ophou blogs lees in werktyd, maar mooi is mooi, dankie Olga.

    Antwoord
    • 10. Olga  |  November 17, 2015 om 10:20 nm

      Dankie Hester, ek het dit geniet.

      Antwoord
  • 11. Spokie sny spoor  |  November 17, 2015 om 4:39 nm

    Pragtig. Oulik geskryf ook. En die voël se kolle en strepe onder die lyf is omtrent interessant.

    Antwoord
    • 12. Olga  |  November 17, 2015 om 10:21 nm

      Inderdaad.

      Antwoord
  • 13. ekmyselff  |  November 20, 2015 om 12:58 nm

    Lekker lag ek nou!

    Antwoord
  • 14. Xena Phoenix  |  November 20, 2015 om 2:36 nm

    Ek sou in my lewe nooit kon raai dat ‘n Piet-my-vrou so lyk nie.

    Antwoord
    • 15. Olga  |  November 20, 2015 om 11:02 nm

      Hoeveel keer het jy hom al hoor roep?

      Antwoord
  • 16. Toortsie  |  November 21, 2015 om 7:34 vm

    Pragtige voël. Swyg? Toortsie? Nie goed daarmee nie.

    Antwoord
    • 17. Olga  |  November 21, 2015 om 11:22 vm

      😉 Maar versigtig toepas (ek sukkel) ander vlieg die voEltjie ook weg.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: