Verander, verander, verander
Junie 1, 2021 at 2:54 nm Olga 5 Kommentaar
Ai tog, oudword is nie vir sissies nie. Alles verander sommer so reg voor my oge. Ek verpes verandering. Tog is daar voortdurend ‘n ding wat verander. Telkens as ek probeer blog, kom ek agter iets het alweer verander. Dan sal ek dink ek gaan die merrie se hulp inroep. Maar nou ja, dan vergeet ek gerieflikheidshalwe wat ek wou doen.
So gaan die maande verby en ek vergeet wat ek wou deel of oor kerm. Maar nou ja, uiteindelik het ek met die Merrie gekonfedereer. Natuurlik het ek om en by ‘n jaar laas iets van haar op haar blog gesien. Maar kan julle glo? sy seg maak so, maak so sit dit in en laat na om dat te doen en siedaar. Hier is ek weer voor blogland se deur.
Maar weet julle wat? Ek het nou klaar weer vergeet wat ek wou seg. Net weer met Grieters konfedereer om die character map uit te sorteer. Ek is nog ouskool. Maar nie ouskool genoeg om te oge en seg nie. Maar moet nou noodgedwonge want se en oe gaan ook nie vir my werk nie.
Gedagte van die dag:Bly veilig. Bly gesond.
Entry filed under: Uncategorized.
5 Kommentaar Add your own
Laat 'n boodskap
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed
1.
seegogga | Junie 1, 2021 om 3:51 nm
Ek sukkel so met d nuwe WordPress dat ek nou my goed op word tik en dit dan copy en paste na wordpress toe. Baie makliker en veiliger. Eenkeer het wp meer as die helfte van my draft vergeet- nie gesave nie, soos in weg, dit is vir ewig verlore. ‘n Ander keer is die helfte van n jaar oue blogpost net weg. Bkykbaar oor verdagte inhoud! Gelukkig het ek hom op word gehad en het dit toe weer gecopy en paste. Ek wag nou om te kyk of hulle dit weer gaan delete en dan is d duiwel los!
2.
Olga | Junie 1, 2021 om 5:29 nm
Ek het ‘n nefie dood aan verandering. Almal gaan so tekere oor vrye keuse. Hoekom laat hulle nie die keuse aan die gebruiker oor of ons wil verander of bly by wat ons het en ken nie?
3.
seegogga | Junie 1, 2021 om 9:11 nm
Dis waar Olga. Groete vir Herriemerrie
4.
Tannie Frannie | Junie 2, 2021 om 9:01 vm
Dis baie lekker om jou hier te sien. ‘n Goeie leser het net ‘n halwe spelling nodig 😘
5.
scrapydo2.wordpress.com | Junie 2, 2021 om 10:50 vm
Stem saam met jou oor veranderinge. Dit gebeur sommer so voor jou oë terwyl jy jou oë knip. Ek skryf ook my goed eers in Chrome en dan het ek alles wat ek wil sê bymekaar. Sterkte maar met die skrywery. Ek moet selfs kort aantekeninge maak oor wat ek wil skryf.