Diere maniere

Julie 25, 2021 at 1:39 nm 5 Kommentaar

Ek glo diere kan met mekaar kommunikeer. Self met ander spesies. Jy hoef nie eers baie nou met diere saam te lewe om dit agter te kom nie.

Ek onthou toe ek die eerste keer met Bessie by Ousus se huis aangekom het. Sy het uit die Fordjie gespring en dadelik hoek toe gehardloop. Toe het sy begin snork en keel skraap en my geroep. In die hoek gekom, het ek die takke van die welige struik wat daar groei weggetrek en jou waarlik, daar lê die twee skilpaaie. Toe ek nou die skilpaaie gesien het, het sy geloop en eers die toilet en toe die water gaan opsoek.

Ander keer het ons by mense op ‘n plaas gaan kuier. Hulle het my verseker Bessie kan saamkom. Hulle honde sal nie met haar baklei nie. Daar gekom, het die honde nader gekom, hulle het gesnuffel en sy het dit toegelaat. Toe een van hulle begin knor het sy weer keel skoongemaak en dit was verby. Sy het verder nie met hulle gemeng nie. O0 ‘n besigtinging stappie, het ons die hanslammers se kamp genader. Die plaashonde en kinders het gehardloop en die lammers, honde en kinders het heerlik saam teen die draad gekuier. Toe Bessie egter agter die krib uitkom, het daardie lammers vasgetrap en al blerrend die aftog geblaas, Dit het die plaasboer laat wonder of hulle dan nou vir Bessie vir ‘n leeu aangesien het.

Dikwels as ons in die bos gaan stap het, sou ou Blaffer begin pronk het. Dan skielik sou daar ‘n opening in die bosse wees en ons sou ‘n wildsbok van die een of ander soort sien. So vêr weg, dat die bokke hulle nie eers verwerdig het om op vlug te slaan nie. Ek dink ou Lapman was altyd net te gereed om pret te hê om ooit na hulle te luister. Dan het daar misverstande ontstaan en die ander diere het op vluggeslaan of aggresief gereageer. Die meeste bakleiery was maar gewoonlik wanneer hy vir Blaffer aangeval het. Ek het later geleer om net weg te stap. Dan het hy niks gehad om te “verdedig” nie en sy agressie teenoor Blaffer het getaan.

Was dit maar so maklik vir mense ook om te kommunikeer. Maar wil soms lyk of nes in Lapman se geval , die intelligensie ontbreek om te verstaan wat gesê word.

Gedagte van die dag: Laat ek liewer nog ‘n ry brei.

Entry filed under: Uncategorized.

SO lekker Brei

5 Kommentaar Add your own

  • 1. Toortsie  |  Julie 25, 2021 om 2:39 nm

    Wat brei jy?

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Julie 27, 2021 om 1:29 nm

      Mos maar altyd iets om die hande voor die tv besig te hou.

      Antwoord
  • 3. scrapydo2.wordpress.com  |  Julie 26, 2021 om 4:47 vm

    Ja, ek stem saam. Diere weet hoe om mens en dier te hanteer. Meestal is mense die oorsaak dat honde nie met mekaar kan klaarkom nie. Nou die dag vir Trompie in my enigheid gelag. N staffie het uitgebreek. Twee snuffel mekaar. Toe wou staffie Trompie sommer net platdruk. Sal Trompie hom vervies vir die hond en hom sommer aanval. Gelukkig wou hond se eienaar hom gryp en dit het gemaak dat hy to verder weghol en gladnie Trompie wou gryp nie. Diere bly maar baie interessant. Lekker brei.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Julie 27, 2021 om 1:49 nm

      Staffies is berugte bakleiers. My ou Lapman is maar een derde Staffie, ai ongelukkig is die ander twee derdes ook uit bakleiers Maltese en Foksie opgemaak. Dit maak my ou man 100% veglustig.

      Antwoord
      • 5. scrapydo2.wordpress.com  |  Julie 28, 2021 om 2:27 vm

        Haha, Ja-nee ek raak party dae ook maar kwaad vir Trompie as hy sy kop wil volg om dinge te doen en ek nie hom in gevaar wil stel nie. Gelukkig ken die twee vir mekaar en het alles goed afgeloop.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: