Bly besig

Januarie 18, 2021 at 12:56 nm 9 Kommentaar

Vandat die inperking begin het, lees mens mos maar oral hoe belangrik dit is om te oefen om darem jou liggaam ‘n “fighting” kans te gee. Toe die inperking gedurende Mei 2020 weer so ‘n effe gelig was en mens darem weer die strate kon in om te stap of draf het ‘n kennis my gekontak. “Sien jy kans om te gaan stap?” Wel, dit was die eerste keer dat ek toe nou voor die uitdaging van die masker te staan gekom het.

Maar nou ja? Kan ‘n vis swem? Daar tree ons toe uit. Solank ons voor 9am tuis was. Nee, ons het nie op pensioen (uittree) gegaan nie. Maar ons het begin stap. Ek het die maande van stage 5 en 4 maar maar my orbitrek weer nader gesleep en afgestof. Elke paar weke moes Homer die ketting verstel. Ek glo nie dit outjie het meer baie dae oor nie. Dit het al lank en baie hard gewerk, sien. Ewentwel, masker oor die gesig val ons toe weg. Nie eers tien treë nie, toe weet ek, dis of ek kan sien waar ek loop of ek moet maar los. Die Orbitrek vra nie ‘n masker nie. Pluk toe die masker weg, vou dit onder my ken in. Sover kom ek nog weg daarmee. As daar mense aankom, pluk ek dit gou op oor my mond en neus en haal maar die bril af. Maar die mens is mos ‘n fickle ding op sy beste.

Nog nie twee maande later nie toe kom die verskonings. Elke dag. was daar ‘n ander rede hoekom sy nie kon stap nie. Toe kom ‘n ander kennis hier aan vir ‘n beskuit resep. Vertel my sy hoor ek stap alleen en julle weet mos al die 104 verskonings hoekom sy nie soggens kan stap nie. Vertel my toe sy gaan maar eerder dansklasse toe. Nou ja, die niggietjie wie ek bedags opgepas het, se ouma weer in die land toegelaat was, besluit Olga dis nou of nooit. Daar sit sy af, na die saal waar die dansery plaasvind. Groot was my verligting toe ek sien die jeug dans in ‘n ander klas. Maar ek moet julle sê, maklik was dit in elk geval nie. Dis meestal eenvoudige bewegings, maar….. olga het mos nie “Twinkle toes” nie.

Tog, later het dit beter begin gaan en nou geniet ek dit.

Gedagte van die dag: Nog net die regte tipe outfit kry. 😉

Entry filed under: Uncategorized.

Hier’s ek weer…

9 Kommentaar Add your own

  • 1. scrapydo2.wordpress.com  |  Januarie 19, 2021 om 1:43 vm

    Dis belangrik om te bly beweeg. Gelukkig kon ons hier nog al die ryd bly loop solank jy net afstand hou. Bly jy dans nou bietjie. Gee jou kans om iets ekstra te doen. Geniet dit.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Februarie 9, 2021 om 11:31 nm

      Dankie, sover geniet ek dit terdee. Twee linker voete ten spyt.

      Antwoord
      • 3. scrapydo2.wordpress.com  |  Februarie 10, 2021 om 12:47 vm

        Goed om te hoor. Sterkte maar daar met al die goed wat so daar rond is.

  • 4. seegogga  |  Februarie 5, 2021 om 7:47 vm

    A dans! Ek wil graag ballroom klasse bywoon. Maar hoe noy met sicisk distancing? Due linedanceklasse was n disastee- hulle is vinnig! Enbek kan nie die steps onthou nie en toe stop hulle…..

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Februarie 9, 2021 om 11:35 nm

      Ek voel geintimideer met die ballroom. Soveel swier. Ek is mos maar ‘n willewragtig. Die dametjie wie die linedancing aanbied, hou darem ons stywe ledemate in gedagte. Sy pas baie van die passies aan dat ons kan byhou.

      Antwoord
  • 6. Danie  |  Februarie 7, 2021 om 4:12 nm

    Ek kan eontlik wed as dit nie bakkroom of moderne dans is nie sam dir lyndans wees. Hoekom bied niemand oout plein ou doodgewone lang arm danskesse aan nie. Plein ou wals jakkalsdraf of cha cha nie. Mens dan sak ek ook n tydjie afknhl om te gaan leer dans.

    Antwoord
  • 7. Danie  |  Februarie 7, 2021 om 4:15 nm

    Ek kan eintlik wed as dit nie ballroom of moderne dans is nie sak dit lyndans wees. Hoekom bied niemand ooit plein ou doodgewone lang arm danslesse aan nie. Plein ou wals jakkalsdraf of cha cha nie. Mens dan sal ek ook n tydjie afknyp om te gaan leer dans. Is wat dit moet se. Eksjuus die klomp foute.

    Antwoord
    • 8. Olga  |  Februarie 9, 2021 om 11:37 nm

      Beslis lyn dans. Dink ek sou ook graag die “plein” danse wou doen. Die ballroom soort lyk heeltemal te ingewikkeld ook te deftig vir my.

      Antwoord
  • 9. seegogga  |  Februarie 9, 2021 om 11:42 nm

    Ons line dance was super vinnig. My 70jarige bene en verstand kon nie byhou nie. Jy is gelukkig!

    Antwoord

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: