Brei

Julie 30, 2021 at 1:41 nm 13 Kommentaar

Wil ek alreeds lag, want dis nou nie brei nie, maar wel hekel.

Ek het die dag by die dansklas gekom en daar was ‘n vreemde jong dame. Sy is aan ons voorgestel en het saam gedans dit duidelik baie geniet, maar nooit weer teruggekom nie. ‘n Paar weke kom ek die dag by die haarkapper en onderwyl sy my hare was vra sy “Wil Tannie ons nie help hekel nie?” Ek ky agteroor na haar en vra “Wat hekel ons?”

Sy vertel toe van die evangelis wat hier werk en ‘n uitreik doen. Aan die bywoners ( As my woordkeuse aanstoot neem, vra ek vreeslik om verskoning. Deelnemers klink dan nou vir my asof hulle deel is van die uitreikprogram. So ek gebruik bywoners. Gehoor wil ook nie regklink nie.) deel sy dan ‘n hoedjie, wat sy ” Your cap of salvation” noem, uit. Blyk toe sy gaan by ‘n skool praat en het hoedjies nodig vir die leerlinge. Nadat my hare klaar gedoen was, neem die haarkapster my na die dame. Slaat my plat met ‘n droë hersblaar. Daar is dit die jong dametjie wat die eenkeer by die dansklas opgedaag het. Ewentwel, ek het toe tuisgekom met ‘n pak wol want ek was gevra om net vyf hoedjies te hekel. Die vyf skoolhoedjies het by veertien gestop.

Toe kom die sak gekleurde wol. Sommige vol bolle, ander reste van vorige projekte en ‘n patroon vir die uitreik beanies. Wel, dis nou twee maande later en my vyg hoedjies trek nou al so raak raak aan die sestig. ‘n Paar van die getal, was vir my eie doeleindes, met my eie wol gehekel.

Nou het ek gehoor ek gaan Oumoek-grootjie word. So na elke paar hoedjies, stop ek gou en hekel nog ‘n skapie. Want kleinman se kamer gaan ‘n skapie kamer wees.

Entry filed under: Uncategorized.

Diere maniere Joune, myne en ons s’n.

13 Kommentaar Add your own

  • 1. ekmyselff  |  Julie 30, 2021 om 3:34 nm

    Kleurvol. Kom wys die skapies.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Augustus 11, 2021 om 10:58 nm

      Sal so maak. 😉

      Antwoord
  • 3. Viper  |  Julie 30, 2021 om 4:19 nm

    I would love one of those beanies. Pray do tell us more about the sticker?

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Augustus 11, 2021 om 10:59 nm

      Not my story to tell.

      Antwoord
  • 5. Positief  |  Julie 30, 2021 om 6:08 nm

    Dis lekker om te hekel, wens ek het meer tyd gehad. Daai kinders gaan spoggerig lyk hoor

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Augustus 11, 2021 om 11:00 nm

      Solank die ore warm bly. 😉

      Antwoord
  • 7. scrapydo2.wordpress.com  |  Julie 30, 2021 om 11:04 nm

    Jy is n vrou so na my hart. Hier het hul n projek om wol( soos in egte skaapwol) beanies en klein truitjies te brei/ hekel vir vroeggebore babatjies. Het toe n klomp gebrei moet net vaswerk. Dit le nou al n paar maande en ek kom nie sover om dit vas te werk nie. Sal rerig nou n plan moet maak. Jou hoedjies lyk heel fleurig en kleurvol.

    Antwoord
    • 8. Olga  |  Augustus 11, 2021 om 11:04 nm

      Jy sal nie glo nie, die dame het sakke vol piepklein beanies vir vroeggebore baba’s gehekel. Geen hospitaal wou dit hê nie. Hulle wil seker nie die kopdoek laat uitsterf nie. Kom ons hoop maar die babas gaan nie te erg tenagekom voel as hulle eendag groot is en hoor hulle het kopdoek in die broeikas gedra nie.

      Antwoord
      • 9. scrapydo2.wordpress.com  |  Augustus 12, 2021 om 5:44 vm

        Nou laat jy my sommer uitbars van die lag! Die liewe kopdoek tog. Hier moet die beanies van skaapwol gemaak word omdat die warm is en die klammigheid absorbeer sonder om dit op babatjies te laat sweet.

  • 10. Toortsie  |  Julie 31, 2021 om 2:06 nm

    Jy is oulik en fluks.

    Antwoord
    • 11. Olga  |  Augustus 11, 2021 om 11:08 nm

      🙄

      Antwoord
  • 12. Tannie Frannie  |  Augustus 1, 2021 om 8:58 nm

    O dis pragtig en dit lyk so lekker warm! Ek is ook nuuskierig oor die skapies.

    Antwoord
    • 13. Olga  |  Augustus 11, 2021 om 11:08 nm

      Eers weer gaan uitgrawe om te wys.

      Antwoord

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: