Terloops gesien.
November 25, 2015 at 12:21 vm Olga 10 Kommentaar
Ons het gister Sabie toe gery. Oppad terug, sien ons die ou bakkie van ver af. Rook wat agterna warrel. Eintlik swaar om mis te kyk. Dan sit die bestuurder voet neer, dan dan raak dit opdraend, dan vang ons weer op. Daar is iets op die flap geverf, sommer so met die hand.
Homer vra my op ‘n stadium wat dit sE maar al wat ek van die hele gedoente kan uitmaak is Satan en Jesus. Die ou lorrietjie snork al rokend die opdraend uit en ons sit en wonder hoe beindruk die bestuurder dalk is met homself of sy bakkie is. Die nogal soms heel amusant om sulke speletjies te speel. Maak in elk geval die pad soveel korter.
Op een lang opdraend kom ons weer naby en ek kan uiteindelik lees wat daar staan. Voor die kruin van die opdraend gaan ons verby. Swart paartjie in die bakkie. Al taamlik bejaard. Homer vra toe weer wat het op die flap gestaan. Dit was nogal mooi en om een of ander rede dink ek hulle het nie die bakkie geErf met die slagspreek op nie. Ek dink hulle het die kunswerkie self verrig.
Dit het gesE “If Satan noks, send Jesus to opien the dore.” Swak spelling ten spyt, het dit regtig my hartsnare geroer.
GEdagte van die dag. Satan klop tog so graag deesdae.
Entry filed under: Go Go.
10 Kommentaar Add your own
Laat 'n boodskap
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed
1.
vvuureoc | November 25, 2015 om 2:45 vm
Hier by my klop hy nie eers meer nie hy neuk sommer teen vol spoed is met sy nuutste streke
2.
Olga | Desember 1, 2015 om 10:49 nm
Sonder brieke. Knoffel hellp nie eers nie. Dalk omdat dit in die yskas is?
3.
Toortsie | November 25, 2015 om 7:40 vm
Sjoe! Regtig besonders.
4.
Toortsie | November 25, 2015 om 7:41 vm
Ek gaan daai sinnetjie vandag leen vir Faceboek as jy nie omgee nie.
5.
Olga | Desember 1, 2015 om 10:53 nm
Hoop jy het. Glo my, ek het dit ook besonders gevind. Net so jammer ek kon nie ‘n foto daarvan geneem het nie.
6.
Spokie sny spoor | November 25, 2015 om 3:42 nm
Hiehiehie – oulik man! Janee, hierdie tyd van die jaar is die duiwel behoorlik los, het die oumense altyd gesê.
7.
Olga | Desember 1, 2015 om 10:54 nm
Ja, nee, hy wil in oefening bly.
8.
Daniël Bezuidenhout | Desember 1, 2015 om 1:41 nm
Te ougat
9.
Olga | Desember 1, 2015 om 10:54 nm
Ek stem.
10.
Olga | Desember 1, 2015 om 10:42 nm
Ek vra onverskoning dat dit so lank geneem het om op julle kommentare te antwoord. Die antwoorde wat ek egter wel gelaat het, het verdwyn. Die internet toegang begin my nou regtig te irriteer.