Joune, myne en ons s’n.

Augustus 18, 2021 at 1:39 nm 5 Kommentaar

Ek brei of hekel mos voor die tv. Kan dit nie uit my kop doen nie. In elk geval, deesdae is daar mos elke dag ‘n kos program of drie nodig om ‘n uitsending te kan hê.

So sit en kyk ek maar so brei-brei of hekel-hekel. Dan kom die kos programme op asof daar geen fiksie is om tussen 19:00 en 20:00 ons siele mee te versondig nie. Maar nou ja, ek sal altyd sit en kyk want waar gaan ek dan brei of hekel sou ek opstaan?

Kyk, een ding val my altyd op. Die aspirant kok of bakker se noem van die bestanddele. Hoekom kan hulle nie bloot praat van die meel, die suiker, die eiers die botter nie? Daar is sommiges wat praat van “ons suiker, ons meel” ander weer ” jou bakpoeier, jou pan,” nog ander ” ons uie, ons wortels” terwyl ander weer alles ” julle sn” maak.

Ek glo nie ek het al gehoor dat die kok ooit praat van DIE bestanddele nie. Laat my nogal nou wonder is dit eie gewoonte of hulle aangesê wat om te sê. Wat dink julle?

Gedagte van die dag: Is dit ander man se goed wat my so pla?

Entry filed under: Uncategorized.

Brei Wat gaan aan?

5 Kommentaar Add your own

  • 1. Toortsie  |  Augustus 18, 2021 om 8:05 nm

    Ja daar is geen standaard Afrikaans meer nie. Almal maak wat hulle wil.

    Antwoord
  • 2. seegogga  |  Augustus 19, 2021 om 6:49 vm

    Dis maar die volksmond. Dis wanneer hulle voel hulle wil verduidelik en die persoon wat luister, betrek.

    Antwoord
  • 3. Weet alles  |  Augustus 19, 2021 om 8:57 vm

    Hulle n script. Maar ek sê weer my dit en dat.

    Antwoord
  • 4. scrapydo2.wordpress.com  |  Augustus 20, 2021 om 9:17 vm

    Nogal waar wat jy se. By gebrek aan beter kyk ek ook tussendeur kook programme. Kan partymaal nie glo hoe hul die goed so kan regkry nie.

    Antwoord
  • 5. Fanie  |  Augustus 22, 2021 om 9:48 vm

    Elke volgende advertensie is van verslankingsmiddels en elke tweede program is n kosprogram. Moet mense nou op die JOU daaglikse resep en MY verslankingsmiddels lewe? Elke tv kanaal ploeg met ONS kos programme.

    Antwoord

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: