Wat gaan aan?

November 23, 2021 at 12:42 nm 5 Kommentaar

Teen die tyd weet almal dienslewering en werktrots is nie meer ‘n prioriteit vir almal nie. ‘n Week gelede het ons ‘n yskas mechanic gebel en gevra om na ons yskas te kom kyk. Die vriesgedeelte werk nog heel goed dog die koelkas gedeelte werk blykbaar net met rukke en stote. Hoe meer dae, hoe minder het dit gewerk. Almal het belowe “Indien nie vandag nie,dan more oggend vroeg.

So het more vroeg nou al ‘n paar keer gekom en ons het al ander tegnikuste gebel met dieselfde leë belofte. Julle sal nie glo nie, een het teruggebel om ‘n kollega se kontak nommer te gee, weer met dieselfde resultate.

Wel, vanoggend vroeg het een geskakel wou weet of daar iemand tuis is. Eers is ek lus om te sê “4k of.” Maar ek sê “ja.” net so ‘n effe na 8 daag hy toe op. Gaan deur die yskas, trek dit van die muur af en druk hier en karring daar en sit sy metertjie hier en daar en sê toe die gas het na sy mening ‘n bubble in en gaan soveel kos om uit te suig en nuwe gas te hervul. Nou ja, ek sê toe maar ja. Nou ja hy het nog hier en daar gekarring en verklaar toe die yskas gaan nou weer vir baie jare goed werk. Uit pluk hy toe, nee, nie ‘n staat of kwitansie boek nie, maar een enkele staat, wat hy invul en ek btaal.

Arrie gedorie, twee ure later bel ‘n persoon toe om te sê sy tegnikus is oppad om my yskas te kom herstel. Ek sê maar hy was klaar hier en hy sê nee die tegnikus is nog oppad. toe begin die enkel bladsy staat som maak. Maar my yskas is right on track en die mense het ‘n week kans gehad om op te daag. toe lieg ek maar baie blatant en sê “Ag toemaar, my man het dit reeds herstel. Geen dank aan jou nie.”

Gedagte van die dag; Is daar nog mense vir wie hulle woord hulle eer is?

Entry filed under: Uncategorized.

Joune, myne en ons s’n.

5 Kommentaar Add your own

  • 1. scrapydo2.wordpress.com  |  November 23, 2021 om 9:19 nm

    Dis beslis die inding vandag om nie op te daag nie. Lyk nie of baie geld nodig het om aan die lewe te bly nie. Hul lewe seker maar van lug.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  November 24, 2021 om 10:03 vm

      Ek wonder of hulle lesse gee/

      Antwoord
  • 4. HesterLeyNel  |  November 24, 2021 om 5:07 nm

    Hulle maak te veel afsprake en kan nie die werk waarmee hulle besig is op skedule klaarmaak nie.

    Antwoord
  • 5. Olga  |  November 29, 2021 om 7:44 vm

    Want oral waar hulle wel opdaag, loop dit op ‘n geselsie uit, wat dan /n barlunch word, en dan moet iemand hulle kom oplaai. 😉

    Antwoord

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter