Author Archive

Wat gaan aan?

Teen die tyd weet almal dienslewering en werktrots is nie meer ‘n prioriteit vir almal nie. ‘n Week gelede het ons ‘n yskas mechanic gebel en gevra om na ons yskas te kom kyk. Die vriesgedeelte werk nog heel goed dog die koelkas gedeelte werk blykbaar net met rukke en stote. Hoe meer dae, hoe minder het dit gewerk. Almal het belowe “Indien nie vandag nie,dan more oggend vroeg.

So het more vroeg nou al ‘n paar keer gekom en ons het al ander tegnikuste gebel met dieselfde leë belofte. Julle sal nie glo nie, een het teruggebel om ‘n kollega se kontak nommer te gee, weer met dieselfde resultate.

Wel, vanoggend vroeg het een geskakel wou weet of daar iemand tuis is. Eers is ek lus om te sê “4k of.” Maar ek sê “ja.” net so ‘n effe na 8 daag hy toe op. Gaan deur die yskas, trek dit van die muur af en druk hier en karring daar en sit sy metertjie hier en daar en sê toe die gas het na sy mening ‘n bubble in en gaan soveel kos om uit te suig en nuwe gas te hervul. Nou ja, ek sê toe maar ja. Nou ja hy het nog hier en daar gekarring en verklaar toe die yskas gaan nou weer vir baie jare goed werk. Uit pluk hy toe, nee, nie ‘n staat of kwitansie boek nie, maar een enkele staat, wat hy invul en ek btaal.

Arrie gedorie, twee ure later bel ‘n persoon toe om te sê sy tegnikus is oppad om my yskas te kom herstel. Ek sê maar hy was klaar hier en hy sê nee die tegnikus is nog oppad. toe begin die enkel bladsy staat som maak. Maar my yskas is right on track en die mense het ‘n week kans gehad om op te daag. toe lieg ek maar baie blatant en sê “Ag toemaar, my man het dit reeds herstel. Geen dank aan jou nie.”

Gedagte van die dag; Is daar nog mense vir wie hulle woord hulle eer is?

November 23, 2021 at 12:42 nm 5 Kommentaar

Joune, myne en ons s’n.

Ek brei of hekel mos voor die tv. Kan dit nie uit my kop doen nie. In elk geval, deesdae is daar mos elke dag ‘n kos program of drie nodig om ‘n uitsending te kan hê.

So sit en kyk ek maar so brei-brei of hekel-hekel. Dan kom die kos programme op asof daar geen fiksie is om tussen 19:00 en 20:00 ons siele mee te versondig nie. Maar nou ja, ek sal altyd sit en kyk want waar gaan ek dan brei of hekel sou ek opstaan?

Kyk, een ding val my altyd op. Die aspirant kok of bakker se noem van die bestanddele. Hoekom kan hulle nie bloot praat van die meel, die suiker, die eiers die botter nie? Daar is sommiges wat praat van “ons suiker, ons meel” ander weer ” jou bakpoeier, jou pan,” nog ander ” ons uie, ons wortels” terwyl ander weer alles ” julle sn” maak.

Ek glo nie ek het al gehoor dat die kok ooit praat van DIE bestanddele nie. Laat my nogal nou wonder is dit eie gewoonte of hulle aangesê wat om te sê. Wat dink julle?

Gedagte van die dag: Is dit ander man se goed wat my so pla?

Augustus 18, 2021 at 1:39 nm 5 Kommentaar

Brei

Wil ek alreeds lag, want dis nou nie brei nie, maar wel hekel.

Ek het die dag by die dansklas gekom en daar was ‘n vreemde jong dame. Sy is aan ons voorgestel en het saam gedans dit duidelik baie geniet, maar nooit weer teruggekom nie. ‘n Paar weke kom ek die dag by die haarkapper en onderwyl sy my hare was vra sy “Wil Tannie ons nie help hekel nie?” Ek ky agteroor na haar en vra “Wat hekel ons?”

Sy vertel toe van die evangelis wat hier werk en ‘n uitreik doen. Aan die bywoners ( As my woordkeuse aanstoot neem, vra ek vreeslik om verskoning. Deelnemers klink dan nou vir my asof hulle deel is van die uitreikprogram. So ek gebruik bywoners. Gehoor wil ook nie regklink nie.) deel sy dan ‘n hoedjie, wat sy ” Your cap of salvation” noem, uit. Blyk toe sy gaan by ‘n skool praat en het hoedjies nodig vir die leerlinge. Nadat my hare klaar gedoen was, neem die haarkapster my na die dame. Slaat my plat met ‘n droë hersblaar. Daar is dit die jong dametjie wat die eenkeer by die dansklas opgedaag het. Ewentwel, ek het toe tuisgekom met ‘n pak wol want ek was gevra om net vyf hoedjies te hekel. Die vyf skoolhoedjies het by veertien gestop.

Toe kom die sak gekleurde wol. Sommige vol bolle, ander reste van vorige projekte en ‘n patroon vir die uitreik beanies. Wel, dis nou twee maande later en my vyg hoedjies trek nou al so raak raak aan die sestig. ‘n Paar van die getal, was vir my eie doeleindes, met my eie wol gehekel.

Nou het ek gehoor ek gaan Oumoek-grootjie word. So na elke paar hoedjies, stop ek gou en hekel nog ‘n skapie. Want kleinman se kamer gaan ‘n skapie kamer wees.

Julie 30, 2021 at 1:41 nm 13 Kommentaar

Diere maniere

Ek glo diere kan met mekaar kommunikeer. Self met ander spesies. Jy hoef nie eers baie nou met diere saam te lewe om dit agter te kom nie.

Ek onthou toe ek die eerste keer met Bessie by Ousus se huis aangekom het. Sy het uit die Fordjie gespring en dadelik hoek toe gehardloop. Toe het sy begin snork en keel skraap en my geroep. In die hoek gekom, het ek die takke van die welige struik wat daar groei weggetrek en jou waarlik, daar lê die twee skilpaaie. Toe ek nou die skilpaaie gesien het, het sy geloop en eers die toilet en toe die water gaan opsoek.

Ander keer het ons by mense op ‘n plaas gaan kuier. Hulle het my verseker Bessie kan saamkom. Hulle honde sal nie met haar baklei nie. Daar gekom, het die honde nader gekom, hulle het gesnuffel en sy het dit toegelaat. Toe een van hulle begin knor het sy weer keel skoongemaak en dit was verby. Sy het verder nie met hulle gemeng nie. O0 ‘n besigtinging stappie, het ons die hanslammers se kamp genader. Die plaashonde en kinders het gehardloop en die lammers, honde en kinders het heerlik saam teen die draad gekuier. Toe Bessie egter agter die krib uitkom, het daardie lammers vasgetrap en al blerrend die aftog geblaas, Dit het die plaasboer laat wonder of hulle dan nou vir Bessie vir ‘n leeu aangesien het.

Dikwels as ons in die bos gaan stap het, sou ou Blaffer begin pronk het. Dan skielik sou daar ‘n opening in die bosse wees en ons sou ‘n wildsbok van die een of ander soort sien. So vêr weg, dat die bokke hulle nie eers verwerdig het om op vlug te slaan nie. Ek dink ou Lapman was altyd net te gereed om pret te hê om ooit na hulle te luister. Dan het daar misverstande ontstaan en die ander diere het op vluggeslaan of aggresief gereageer. Die meeste bakleiery was maar gewoonlik wanneer hy vir Blaffer aangeval het. Ek het later geleer om net weg te stap. Dan het hy niks gehad om te “verdedig” nie en sy agressie teenoor Blaffer het getaan.

Was dit maar so maklik vir mense ook om te kommunikeer. Maar wil soms lyk of nes in Lapman se geval , die intelligensie ontbreek om te verstaan wat gesê word.

Gedagte van die dag: Laat ek liewer nog ‘n ry brei.

Julie 25, 2021 at 1:39 nm 5 Kommentaar

SO lekker

Dis mos alweer sulke tyd. Oogtoets tyd en nuwe brille. So stap ek en Homer van oogkundige na oogkundige om pryse te vergelyk. Ons maak toe ons keuse. Ek weet van mense wat baie tevrede was met die einste oogkunige ketting wat ons keuse die keer op geval het.

Daar hoor ons boonop dat ons sommer dadelik getoets kan word. So kom ons twee weke later weer in Nelspruit en Homer sê, “Man ons is nou hier, kom ons gaan hoor of die brille al reg is. Daar gekom en ja wrintie waar die nuwe brille is reg. Nou ja, syne was, myne is ‘n ander storie. Lang storie kort, Saterdag lui my foon, dis die oogkundige, my nuwe bril is terug. Daar gaan ons toe eers weer op ‘n shopping spree. Die keer bly die grond voor my darem plat en alles om my voete is nie konkaaf nie. Ek kan sommer self op die roltrap klim ook. Maar nou ja, toe is Homer natuurlik honger.

Maar nou het ontbyt tyd al omgegaan en dis tyd vir ‘n nie so vroeg middagete. Kom by die “Roadhouse” en die kelner vertel ons so met die neersit van die spyskaart dat hulle ‘n lekker nca middagete special het. Goed se Homer, bring it on. Kyk, het ons nou lekker geeet en nie ‘n skrapse bord kos nie hoor. Ek het gesukkel om dit weg te sit. Die kelner kom vra toe of ons die nagereg wil huis toe neem. Nagereg? Nee ons wil nie nagereg hê nie beduie ons voort. Maar dis glo deel van die special.

https://mail-attachment.googleusercontent.com/attachment/u/0/?view=att&th=17a06df458fb819e&attid=0.1&disp=inline&realattid=17a06deeedf7ac014d41&safe=1&zw&saddbat=ANGjdJ8OeA_bPKX1p4x3gJHy8Ak2InFRIngz3ZtQ8b1CJa6jm7CVGc_ZwVfu9aEB1U6DeUfKWEAkp9Xgo8HBBwAQA1uLCGXwJ1Afy72cfuZ1tQZ99WyIUWzqzHFHR29S8g2mBAD1yI_zNMPyZ6JcAiZjvXK_Lphw4-JMkwbIQZihwLnD8PGeB6zMty0mCa3vvivEtDx3-I0DIXOi3b8kEqwe5vMDte9zHn75vqxwGtW4AhIqnQob5zLiIwEuAwbgITiBr0FXKYdq0dwwJfCaSmWjrz33U9KbWdZ3PlysEvrZHCP7R_DI_54XVWBAQlUCQX5aMwAwpIuUHmpDgM6gBI0HeqjhJxIjtmGXm0yT32U3PN6TNQo23_i9EkI9HxpRBvSVMsTBmiX4-dmKm_KK_cYoc5uhlOvbfDlsqqUl3CrszXD6Hom-NKQ4zznlVmaWW3axuq6ecoocADHz_ZcBSKZLPeehlT0_-q54vyegEbtYqrSrigcnX2MX9bc0jFQCHC5vG6XYGuHfITVvFlS3EjK5VCCMwchGg1rBcIcVaTUtoEK9m87GzuBeu7ZvDogAHrIVypvo_YrebKQn-BpvgaIY1cLlb3dxS3VVw1zXVLk7oIo8vL56ImlscQqvuN1ao9YIY8BNo7r_OaQS4BWjI6C6tQETqXdF_Ee15spf9ALtqAJ5M1m0B4kv3QW165A

Nou ja, die is ‘n roadhouse met ‘n verskil. Jy kan in jou voertuig sit en eet, daar is wel mense wat dit doen. Jy kan by ‘n tafel gaan sit of jy kan laat aflewer.

Gedagte van die dag: Die plek sal my kan laat trek.

Junie 13, 2021 at 9:46 nm Lewer kommentaar

Verander, verander, verander

Ai tog, oudword is nie vir sissies nie. Alles verander sommer so reg voor my oge. Ek verpes verandering. Tog is daar voortdurend ‘n ding wat verander. Telkens as ek probeer blog, kom ek agter iets het alweer verander. Dan sal ek dink ek gaan die merrie se hulp inroep. Maar nou ja, dan vergeet ek gerieflikheidshalwe wat ek wou doen.

So gaan die maande verby en ek vergeet wat ek wou deel of oor kerm. Maar nou ja, uiteindelik het ek met die Merrie gekonfedereer. Natuurlik het ek om en by ‘n jaar laas iets van haar op haar blog gesien. Maar kan julle glo? sy seg maak so, maak so sit dit in en laat na om dat te doen en siedaar. Hier is ek weer voor blogland se deur.

Maar weet julle wat? Ek het nou klaar weer vergeet wat ek wou seg. Net weer met Grieters konfedereer om die character map uit te sorteer. Ek is nog ouskool. Maar nie ouskool genoeg om te oge en seg nie. Maar moet nou noodgedwonge want se en oe gaan ook nie vir my werk nie.

Gedagte van die dag:Bly veilig. Bly gesond.

Junie 1, 2021 at 2:54 nm 5 Kommentaar

Toeka Tokkel: Metamorfose

Scrapy, elke keer wat iemand oor versamelings wonder, dink ek weer hieraan:

Ek moes eendag ‘n tannie gou Sabie toe neem.  Die meisies was toevallig by die huis en hulle suiker toe maar saam.  Terwyl ons vir tannie Dina wag, dwaal ons maar van winkel tot winkel.  By die een winkel vol kaggelstront roep die drie manne my luidkeels.   Die drie bekoorlike padda hengelaars het seker nie geweet ‘n geraas gaan die visse verjaag nie.

Ek tel een op.  Sit hom neer. Tel nog een op.  Ai man, daar begeer ek toe.  Dis normaalweg die soort winkel wat ek vermy.  Ek vertel die meisies toe dat ek die twee (in my hande) sommer sal koop vir my versameling.  Ek onderskep toe die kyk tussen die merries.  Ousus vra geamuseerd:  “Watter versameling sal dit wees?”  “My paddas by die huis.”  Sê ek.  Sal die dames toe wragtig snork.

IMG-20150428-WA0000

Nou nie dat ek my aan twee snotkoppe steur nie, maar die snorke en agteraf gekonkel staan my nie aan nie.  Ek los die paddatjies net mooitjies daar.  Laat daardie twee maar vir hulle gatte lag.  Ons was skaars buite, toe sluit tannie Dina weer by ons aan.  Wragtig, daar wil sy die winkel in wat ons so pas verlaat het.  Asof dit nie erg genoeg is dat my eie vlees en bloed my verraai nie.  Tannie Dina het geen hulp nodig soos sy krap nie en kort voor lank roep die verraaier paddas haar ook.  Sy besluit daar en dan om dit die oom koop om tussen sy vetplante staan te maak.

Nou kyk, dit was so goed soos ‘n teken.  Wie is ek om te stry as die versameling by die huis so hard na die nuwe maatjies roep?  Ons is die winkel uit.  Tannie Dina met haar padda vir die oom, ek met my twee hengelaars.  Vir my versameling.  Natuurlik.  Die meisies giggel onderlangs en ek wonder of is die paddas dan regtig so lelik?  Ek het lanklaas ‘n ou paddatjie vir my versameling gekoop.  Laat hulle maar neersien op my nuwe paddas, dit tog myne.  Ek gaan hulle mos was en so aan.  Ek vra hulle nie om dit te doen nie.  So wat sal hulle minagting van my dierbare paddas my pla?  Ek gaan met die paddas saamleef, hulle gaan dit met per geleentheid sien.

By die huis gekom, haal ek my paddas uit die papier waarin hulle toegedraai was en krap die pryse met ‘n mes af.  Dit klou soos k . . . ja, dit klou.  Ek was die ou winkel stof van my paddas af en droog hulle sorgvuldig af.  Stap sitkamer toe om die twee here aan hulle sibbe te gaan voorstel.  Die twee merries al giggelend agterna.  Ja, giggel julle maar, dink ek.  Ons sal sien.  Hou my twee paddas uit na die ander . . .  en die woorde verstar op my tong.  Die sibbe kyk met hulle groot oë na my en die twee prinse in my hande.  Uit die veld geslaan hoor.  Almal uile.  Elke liewene ene ‘n uil.

IMG-20150428-WA0002

Nodeloos om te sê:  toe het ek ‘n uil en ‘n padda versameling.  Oor tyd het die padda versameling die uil versameling verby gesteek.  En die merries?  Hulle druk gereeld ‘n hond, slak of ‘n ding onder my neus in en vra bedees of ek dit vir my paddaversameling soek.

Gedagte vir die dag:  Ek kort 10 kaggels om vir al my paddas staanplek te gee.

IMG-20150428-WA0001

April 28, 2015 at 8:46 vm 11 Kommentaar

Kinders was nog kinders – Ruben Lennox

Maart 14, 2015 at 3:01 nm 5 Kommentaar

daar is nog hoop

Al wat ek ook deesdae doen, is om “geleende” goed te pos, maar die ene is wragtig te goed om te laat verbygaan. Aan almal wie dit klaar gesien het, vra ek om verskoning. As die blerrie sein ook net lank genoeg wil aanbly vroeer in die aand dat ek dit kan gebruik, sal dit al ‘n help wees.

Aan almal wat die geleende prent nog nie gesien het nie, geniet dit.

hoop

Gedagte van die dag:Solank daar lewe is, is daar hoop ook.

Junie 18, 2014 at 11:17 nm 6 Kommentaar

Die wildtuin

Die wildtuin
Nou onlangs vra buurvrou se 300kg ouma vir my
of ek nie saam haar wil ry wildtuin toe nie. Se sy
het n break nodig na die operasie met die uitsny
van haar kwaadardige liddorings. Blykbaar die
vissie plakkies wat sy so baie dra, waarin haar
omkrul lang toonaels hulle self so ingrawe vir
vashou plek wat die kwaadaardighede veroorsaak
waarvan sy so baie het. Die koeksoda wat sy
drink om die die kosse wat so opdruk te laat
settle, wil ook nie meer borrel nie want haar nek
spek verwurg die burp wat wil onsnap, en selfs
versterk druppels wil ook nie meer help nie.
Nou ja so pak ek en die dierbare ou dierasie die
tente, dinge en koekblik vol medisyne in. Ek ook
mos maar einlik half erg oor haar. Na ons haar
mini Cooper karretjie klaar gepak het en ek met n
hengse gesukkel die tante darm naderhand in het
vat ons die pad. Ons was nog skaars weg of die
tante haal die koeksusters van haar uit en begin
eet, die stroop drup omtrent teen haar wange af
soos sy kou ek druk maar ore toe vir die gehyg,
gekou en geworstel. Dit lyk of haar vals tande in
n rofstoei geveg betrokke is met die koeksuster.
So vat ons die grondpad afdraai uit wildtuin toe.
Die karretjie se diff bly hak teen die
middelmannetjie en hang erg eenkant toe van
haar gewig. By ons kamplek aangekom klim ek uit
en loop om kar om haar uit te help, ek vat haar
aan haar arms en begin trek maar tervergeefs ek
kry haar nie uit nie, die stuurwiel en rugkussing
net te na aan mekaar. Ek roep toe een van die
swart veldwagters wat so op n afstand staan en
die gedoente verbaas staan en bekyk nader en
vra hom om te kom help. Ek trek die arms aan een
kant en hy stoot haar reuse boude aan die
anderkant. Die klong stoot vir al wat hy werd is
die sweetdruppels begin naderhand op sy kop
uitslaan, en se kort kort net jo jo joo met n pyn
uitdukking in sy gesig.
Naderhand na n lang gesukkel het ons haar toe
uit. Ek slaan toe my twee man tentjie en haar
vier man tentjie op en nog steeds eet die tante
koeksusters. Laat middag gaan stap ons swembad
se kant toe. Ek met my safari pak aan met kam
in die sokkies en vaseline wit gesmeer op my kop
vir die sonskyn en vellies aan die voete. Die tante
het haar rooi bikini aan wat eintlik deur sal gaan
as sonde. Al hoe jy weet sy het enige iets aan is
die Woolworth prys kaartjie wat nog eenkant
uithang. Sy het haar kerk hoed op met n veer
wat so eenkant toe staan en hartjie sonbrille op
sy lyk soos n vrugte vlieg op heat, dink ek toe by
myself en natuurlik ook weer haar vissie plakkies
aan
Soos ons nader stap sien ek die tagtige jarige
oom Sakke de Grote van die plaas Wurgwortel in
die Diepdruk distrik op die draad tuinstoel sit, en
wat langs sy jong vyf en twintig jarige vroutjie
le en tan. Die oom is skatryk wat natuurlik die
jong niggie se oorweging gewees het met die
trouding. Buurvrou se ouma wil nou shine vang en
loop by hulle verby, want sy het ook nogals die
luste vir die ryk ou oom. Sy se middag neef die
oom kyk verskrik op en dag dis die nag wat
toeslaan soos sy nader beweeg. Middag niggie se
die oom maar loer benoud na sy vrou sy min
gespin, met haar rosyntjie heuweltjies in die lug
half ontbloot vir die tan storie. Die tante loer so
erg vir die oom sy sien nooit die die seuntjie wat
sit en speel met sy emmertjie en grafie op die
gras nie, en haar plakkie hak vas en daar sien ek
gaan die tante sy val die oom bo van sy stoel af
bo op hom, jy sien net sy dikraam brille trek deur
die lig sy vroutjie gil n doodskreet en die
seuntjie hol huilend na sy ma toe.
Dit het vyf lifeguards gevat om haar weer op te
kry en die oom is da weg met n stretcher. Sy een
arm nog so in die lug soos die ou nog wou keer en
die angs kyk steeds gevries op sy gesig. Ek en die
tante stap toe maar liewer veld se kant toe. Na
n lang opdraande se gestap gaan sit en rus ons
onder n boom ek kyk op en bo ons op n tak sit n
bobbejaan en beloer ons so in ongeloof. Meteens
brul n leeu so ent weg van ons af kees se kind
skrik erg, en val uit die boom uit bo op die tante.
Die vlieg op sonder enige moeite en begin hol sy
struikel en val binne in n Checkers trollie wat
daar naby staan, met die bobbejaan nog steeds
op haar skouers en daar gaat hulle die afdraande
af. Die tante gil erg die bobbejaan kyk my so
benoud aan met trane in sy oe smekend vir hulp.
Wat n gesig die twee in volle vaart in trollie ek
en drie veldwagers wat skrouend agterna ho.l Die
voorwiel van trollie tref n stomp en da trek
altwee deur die lug. Die tante se gesig
hemelwaarts in gebed gerig want reken sy is nou
oppad poorte toe. Die bobbejaan begin sommer so
in die lig al hol. Toe hy land is hy weg. Haar vals
tande vlieg deur die lig in die rigting van een van
die veldwagters hy skrou net jo jo joo en hy is
die veld in. Die tante se boude tref n miershoop,
dit lyk soos n padskraper wat walle stoot in die
Langkloof en gelukkig land sy darm op gras. Na
suikerwater is sy ok. Volgens die veldwagters is
die bobbejaan tot vandag toe nog weg. Dit wys
jou nou net, wat is n wildtuin nou sonder n
bobbejaan

Junie 17, 2014 at 1:28 nm 7 Kommentaar

Older Posts


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter