Toeka tokkel 30 Come my sisters praise the Lord

Augustus 30, 2016 at 10:32 nm 13 Kommentaar

Scrapy nooi ons om te gesels oor ons sibbe. Ek sal heeldag kan praat, ek het tog so baie. Daar was vier voor my en nog vier na my. So sien, ek is Olga in die middel.

Die suster net voor my het nie oorleef nie. Ek weet nie so seker wat was fout nie, dink amper dit was komplikasies met masels. Ewentwel, ek wonder dikwels oor haar. Sy is oorlede voordat ek gebore is. Sy, my jonger sussie en ek is aldrie in Januarie gebore. Ons het ‘n tannie gehad wie darem ouer as sy geword het voordat sy ook oorlede is. Toevallig was sy Tannie) die 9de Jan gebore, my jonger sussie, die 10se Jan en ek die 8ste. Suster was 16de. Natuurlik was my ma en ouma ook ook Januarie babas. Vandat ek maar kon onthou, het my jonger sussie altyd op 9de Jan gedroom van die dogtertie wie op die bedkassie tussen ons beddens kom sit het. Dit was ons tante wie nooit grootgeword het, nie ons sussie nie.

As ek vandag aan haar dink, dan wonder ek altyd of dit normaal is dat my ouers so min van haar gepraat het. My wyse Moedertjie was altyd vreeslik stil op die dag wat haar verjaardag sou gewees het. Sy het ons eenkeer vertel dat ons raas, Ons maak haar kop seer. Toe het sy gese dit sou die dag ons sussie se tiende verjaardag gewees het. Dit was die eerste keer dat ek gehoor het ek het nog ‘n sussie gehad. Sy het ons die dag vertel dat Sussie tien maande oud was toe sy oorlede is. Daarna het ons altyd geweet dit was haar dag. Ons het haar haar ruimte gegee om daardie dag te treur oor die kind wat sy nie kon grootmaak nie.

Gedagte van die dag: Rus sag Sussie.

Advertisements

Entry filed under: Huiswerk.

Toeka – tokkel 29 Swinging Safari Toeka tokkel 31 Opwinding

13 Kommentaar Add your own

  • 1. vreemdeling  |  Augustus 30, 2016 om 11:33 nm

    die ouer mense was vreemd. ons het eers onlangs uitgevind ons het n suster gehad. sy was een jaar jonger as my broer en twee jaar ouer as ek. hy was drie toe sy dood is maar kan haar glad nie onthou nie. ons het haar geboorte en sterwe sertifikaat in ons ma se prv goed gekry ses maande na haar dood. ek is amper 50. ek sal altyd wonder 1.het haar kort bestaan nie sak gemaak nie. 2. het hulle haar vergeet. 3. het haar dood soveel trauma veroorsaak dat dit te seer was om oor haar te praat. 4. was dit net dat hulle gedink het ek hoef nie te weet nie. ek het tog die reg gehad om te weer? ek dink as sy nie saak gemaak het nie sou my ma mos nie haar geboorte en sterwe sertifikaat gehou het nie. wat het dan gemaak dat hulle nooit van haar gepraat het nie?

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Augustus 31, 2016 om 9:44 nm

      Sal ons ooit weet? Was dit nie maar bloot ‘n geval dat hulle geleer was om nooit emosies te wys nie? Btw, gaan jy ‘n vreemdeling bly?

      Antwoord
  • 3. vvuureoc  |  Augustus 31, 2016 om 7:32 vm

    My ma het ook so ‘n boetie gehad wat omtrent 26 maande voor haar gebore is. Toe die familie haar ma en pa se graf laat opmaak het het my pa hulle sleg genoeg laat voel sodat die graffie ook ‘n steen kon kry. Nie een kom onthou wanner hy dood is nie maar dat hy rondom ‘n jaar oud geword het so die steentjie sê ‘een jaar op reis’

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Augustus 31, 2016 om 9:45 nm

      Dankie vir die deel Okkie.

      Antwoord
  • 5. HesterLeyNel  |  Augustus 31, 2016 om 7:37 vm

    Selfde hier. Ek het op ‘n redelike hoë ouderdom deur toedoen van ‘n buitestaander uitgevind van die sussie wat voor my geboorte oorlede is. My ma wou nooit oor haar praat nie en as ek probeer het om uit te vra, het haar gesig stil geword, asof daar ‘n deur toegemaak is. Ek dink, soms loop verdriet so diep, dat dit nie moontlik is om dit op te diep en daaroor te praat nie.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Augustus 31, 2016 om 9:47 nm

      ‘n Ouer is nie veronderstel om ‘n kind te begrawe nie, dit hoort anders om. Ons kan bespiegel, maar sal nie weet nie omdat die ouer mense mos nie gepraat het nie.

      Antwoord
  • 7. Kameel  |  Augustus 31, 2016 om 2:59 nm

    Ek het al oor my man se broer Johnny geskryf wat op 34 jarige ouderdom selfmoord gepleeg het (hy het sy tweejarige seuntjie saam met hom laat verdrink.) Johnny was my skoonma se oogappel maar na sy dood het sy nooit weer sy of sy seuntjie se naam genoem nie. Ek het altyd gewonder hoekom praat sy nie oor hom nie. Ek dink nie die oumense het oor hulle gevoelens gepraat nie… hartseer.

    Antwoord
    • 8. Olga  |  Augustus 31, 2016 om 9:48 nm

      Gelukkig het ons geslag al geleer “gedeelde smart is halwe smart.” Of so iets.

      Antwoord
      • 9. Kameel  |  September 1, 2016 om 7:12 vm

        Ek is bly die kors is af en ons kan ons gevoelens blootlê. Mooi dag vir jou.

  • 10. Xena Phoenix  |  Augustus 31, 2016 om 5:00 nm

    Daar was seker maar een of ander bygeloof gekoppel daaraan.

    Antwoord
  • 11. Olga  |  Augustus 31, 2016 om 9:48 nm

    Sal ons ooit weet?

    Antwoord
  • 12. scrapydo2.wordpress.com  |  September 1, 2016 om 10:59 vm

    Mens sal nie weet nie, nê? Ek weet dat daar n sussie net voor my was wat nie oorleef het nie- dit was naby die einde van 2de wêreld oorlog. Dit is maar hartseer wat die ouer mense nie mag gewys het nie.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: