Toeka tokkel 31 Opwinding
September 11, 2016 at 4:03 nm Olga 3 Kommentaar
Scrapy se uitdaging verlede week het my so bietjie ingehaal. Maar nou ja, nou het ek weer ‘n koppie vol tyd dus sal ek nou probeer.
Onthou julle die opwinding wat ons kindertyd gevoel het? Maar nou ja, dalk was dit net ek. Ek onthou die dag voordat die skole gesluit het, hoe opgewonde ek was. Gelukkig het ons daardie tyd mos nie meer die paar dae voor die skool gesluit het eintlik klas gehad nie. Ek sou nie kon konsentreer nie. Jare later het my kinders se stemmetjies wat gesing het, “More sluit die skole, Juffrou is gebore, in ‘n blikkie bone, onder ou Mieta se tone.” my altyd herinner hoe hulle moes voel. Daardie vlinders in die magies, die ligheid in die koppies. Ai, hoekom gaan kindertyd en daardie stuitige onskuld ooit verby?
Kerstyd was ‘n ander tyd van groot opwinding. Die wonder en afwagting vir wat Kersvader gaan bring. Ons kon nie wag vir Kersoggend nie. Dan was daar die opwinding en ongeduld dat kerkdiens klaar maak dat ons kon tuiskom en daardie geskenke benut. Ek is nou sommer so opgewonde soos ek in dekades nie eers was nie. Ek wens elke kind daardie opwinding toe. Die blye verwagting en die uiteindelike geluk soos die jaar toe ons onder andere die sonsambrele “Parasols” gekry het en heeldag soos vername dames met ons parasols gestap het.
Ai, dit was lekker tye. Alle kinders verdien dit.
Entry filed under: Uncategorized.
3 Kommentaar Add your own
Laat 'n boodskap
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed
1.
vvuureoc | September 12, 2016 om 7:28 vm
Ek onthou weer die vakansie rit. Nagdonker is ons in die Zephyr geprop ek die rit na die vakansieplek het begin. Teen die tyd dat die son opkom is ons al byna daar en planne word gemaak of vakansie liedjies word gesing om die laaste entjie korter of om te kry
2.
scrapydo2.wordpress.com | September 15, 2016 om 1:24 vm
Dis heerlike opwinding. Die geskenke is so belangrik. Ek stem ook saam met vorige skrywer dat daardie middernagtelike vertrek na vakansie oord het my ook opgewinde laat voel.
3.
Toeka-Tokkel no 33: n Eienaardige ondervinding/ervaring – I scrap 2 | September 15, 2016 om 2:14 vm
[…] https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2016/09/11/toeka-tokkel-31-opwinding/ […]