Toeka – tokkel 29 Swinging Safari

Augustus 19, 2016 at 9:05 nm 10 Kommentaar

coastal

Eers moet ek klaar lag. Ons word alweer so gesnoep met die internet, ek kan soms kommentare lees en moet dan maar magteloos die aftog blaas. Want dan kan ek nie antwoord of die besoek eer nie. Maar ek lag omdat ek die opskrif van my stuk getik het en toe het ek gou gaan lees wat Scraps oor Safaries te se het. En stroes bob, daar het sy die liedjie opgesit wat ek so sit en fluit.

Nou ja, ek is nie die safari soort nie. Alhoewel, ek glo ek sou dit nogal geniet het. Was nog altyd my begeerte om van Kozibaai tot kuslangs te stap tot in Walvisbaai. Sal seker nie gebeur nie, maar ek sou dit so graag wou doen. Almal vra altyd wie sal my water dra? Mens kry blykbaar so kontrepsie wat die sout uit die seewater haal en nie te swaar is om te dra nie. (Ek kan al vir Tumi hoor se dat ek die hele see sal opdrink voordat ek sal kom waar ek wil wees.) Verder sal ‘n visstok ook seker nie te swaar wees nie, maar die pot vol spinasieblare sal by die huis moet bly. Dit sal beslis te swaar wees om saam te piekel.

Gedagte van die dag: in vandag se lewe is sulke avonture ons nie beskore in Suid Afrika nie.

Geniet die naweek, dis amper lente.

Advertisements

Entry filed under: Huiswerk.

Is dit net ek???? Toeka tokkel 30 Come my sisters praise the Lord

10 Kommentaar Add your own

  • 1. Toortsie  |  Augustus 19, 2016 om 9:40 nm

    Dit sal nogals ‘n tydjie vat, die roete wat jy wil stap. Maar dis seker moontlik, treetjie vir treetjie.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Augustus 20, 2016 om 11:16 nm

      Oeee, kyk, ek geniet steeds die gestappery terdee.

      Antwoord
  • 3. scrapydo2.wordpress.com  |  Augustus 21, 2016 om 10:13 vm

    Rustig stap is baie lekker. Om egter saam met jongmense te stap is soos om n maraton in n rekord tyd af te lê. Jy kan mos maar gedroogde spnasie saamvat! Dis hartseer om te weet dat SA nie meer stapbaar is nie. Dankie vir jou harde werk om n skryfie te kan skryf met jou beperkte internet.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Augustus 21, 2016 om 11:07 nm

      Die jong mense in my lewe wil altyd weet hoekom ek hardloop pleks van stap.

      Antwoord
      • 5. scrapydo2.wordpress.com  |  Augustus 22, 2016 om 1:51 vm

        Ja jong, vroeër jare het ek ook met spoed geloop. Ek kon bv ook nooit sit en skoolhou nie. Dis steeds n gedurige beweging en geen sittery vir my nie. Die lopery is stadiger omdat my spiere verouder en nie meer so lekker bybly nie

      • 6. Olga  |  Augustus 24, 2016 om 9:39 nm

        So jou jong mense kyk met respek na hulle lopende dosent. Ek is seker hulle gedra hulle in jou klas.

  • 8. Lewies Mymer  |  Augustus 27, 2016 om 1:31 nm

    Deesdae is dit ‘n avontuur om tot by die keffie op die hoek te stap.

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Augustus 30, 2016 om 9:31 nm

      Dis /n feit. Struikel jy nie oor ‘n hond in die straat nie, val jy oor ‘n straatsmous of word deur ‘n bedelaar geswets.

      Antwoord
      • 10. Olga  |  Augustus 30, 2016 om 9:54 nm

        Dankie vir die inloer Lewies. Gedink jy sit op ‘n eiland sonder internet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: