Toeka tokkel 1 (vir 2016)

Januarie 11, 2016 at 10:19 vm 13 Kommentaar

Scrapy het weer met haar toeka tokkel geselsies begin. Die intrap slag handel sommer oor ‘n gunsteling by menige mense. Nuwejaarsvoornemens. Klug van epidermiese proporsies, maar tog so ‘n lekker speletjie.

Oor die algemeen hou ek daarvan om van mense se voornemens to hoor. Ek weet van geen mens wie aan die einde van daardie jaar kon se hulle het hulle nuwejaarsvoornemings bereik nie. Ek het al dikwels gehoor “Ek gaan ophou vloek / rook / drink / skinder ens.” Dan is dit asof hulle dit nog meer doen as voorheen. Ek luister na die voorneme maar het oor die algemeen nie voornemes om te deel nie.

As ek egter gedruk word, sal ek se dat ek wil meer wyn drink. Of ‘n jong skelmpie hê, een wie se baard nog sagter as myne is. Verbasend hoeveel mense glo die strooi, hoor. Hulle sal nooit weet hoe hulle reaksies my amuseer nie.

Be that as it may, ek verwonder my oor die algemeen aan die ywer waarmee mense beplan. Dan kan ek hulle uit die diepte van my hart voorspoed of sterkte toewens. Dis mos lekker om iets na te strewe nie waar nie? Ek doen wel nie die nuwejaarsvoorneme in die doodsnikke van die oujaar of terwyl die nuwejaar nog ‘n kuiken is nie. Maar ek doen die nuwedagsvoorneme. Ek probeer regtig elke dag ‘n beter mens wees as wat ek die vorige dag was. Let wel….. Ek se nie ek kry dit elke dag reg nie. (Maar dis apartheid se skuld, nie myne nie. Die wag voor my mond is bbbee. Dink ek.)

Gedagte van die dag: Wees elke dag die beste mens wat jy kan wees.

Entry filed under: Huiswerk.

Fb dilemma Toeka tokkel twee Vakansie

13 Kommentaar Add your own

  • 1. Spokie sny spoor  |  Januarie 11, 2016 om 11:22 vm

    Ag neeee … weetie of ek krag het vir ‘n jong skelmpie nie! (Grappie)
    Hou van jou nuwedagsvoorneme.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Januarie 11, 2016 om 11:36 nm

      😉 Sal nie weet tot ons probeer het nie. 😆

      Antwoord
  • 3. Daniël Bezuidenhout  |  Januarie 11, 2016 om 12:20 nm

    Jaaa, ek gaan beslis meer wyn drink. En ‘n laslappie-ding probeer, maar sonder die wyn gedeelte vooraf! Dink die lappies ding sal heel skeef uitkom met wyn in die lyf. Natuurlik gaan ek beter wees as die mens gister en nog boon-op gister. Ek word dan slimmer by die dag 🙂

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Januarie 11, 2016 om 11:40 nm

      Soos hulle se “Met die grysheid, kom die wysheid. (Waar is die grys?)

      Antwoord
      • 5. Daniël Bezuidenhout  |  Januarie 12, 2016 om 8:54 vm

        Oeh ek ken ban haarkleursel! 🙈 elke ses weke staan ek koponderstebo in die badkamer en bleik al daai grys uit😎

  • 6. vvuureoc  |  Januarie 11, 2016 om 1:32 nm

    My mondwag is al in die grensoorlog dood

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Januarie 11, 2016 om 11:42 nm

      Dan mag jy maar praat. Dari gesneuwelde wat het vir jou vryheid van spraak verdien.

      Antwoord
  • 8. Kameel  |  Januarie 11, 2016 om 1:46 nm

    Dit is apartheid se skuld 😆
    Jou elke dag se voorneme is ‘n goeie een om na te strewe Olga. ‘n Geseënde 2016 vir jou.

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Januarie 11, 2016 om 11:44 nm

      Dankie Sally. Goeie tye vir jou ook tydens 2016.

      Antwoord
  • 10. Klip  |  Januarie 11, 2016 om 6:17 nm

    My mond is ook gesnoer……….totdat ek so n bietjie waarheids water gedrink het , dan is ek stront praat se baas , waar of nie waar…..

    Antwoord
  • 11. scrapydo2.wordpress.com  |  Januarie 12, 2016 om 8:30 vm

    Ja wat alles het n oorsaak. Klink n goeie idee om daagliks te beplan. Die jaar vooruit werk tog nie rerig nie. Dankie vir jou deelneem!

    Antwoord
  • 12. ekmyselff  |  Januarie 12, 2016 om 2:51 nm

    Nee wat ek kan elke dag nuwe voornemens maak, ek het nie n nuwe jaar nodig nie.

    Antwoord

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: