Fb dilemma

Januarie 6, 2016 at 12:33 vm 19 Kommentaar

index

Ek dink al meer dat Facebook ‘n euwel is. Kyk nou weer die nuutste rassisme dilemma. Penny Sparrow, ‘n Durbanse eiendomsagent is haar werk en haar plek in die DA kwyt oor ‘n mening wat sy op FB gelig het. Dieselfde het met Chris Hart, ‘n ekonoom gebeur. Goeiste gifbol. Wat ‘n groot bohaai oor niks.

Ek glo in albei gevalle was die kommentaar oor ‘n spesifieke voorval en nie op die hele, ganse swart volk van toepassing nie. Be that as it may. Skuldiger as hulle is FB wat nie sy gebruikers kan beskerm nie. Rassisme is een ding, maar kinderagtige stront soos die maak ‘n bespotting van alles. Hoeveel mense was al uit hulle poste ontslaan oor op en aanmerkings of FB? Vir een mens om ‘n ander se pos te neem en dit te lees, was vroeer ‘n oortreding van die reg op privaatheidwet. Behoort dieselfde nie op FB van toepassing te wees nie? Ek weet, ek weet, as jy jou vir ‘n toffie uitgee, kan jy verwag om gekou te word. Aan die anderkant, behoort werkgewers, politieke partye, prokureurs ens mense op FB te stalk en wat hulle daar plaas en kwytraak teen hulle te gebruik?

index1

Ek wens eintlik ek was ‘n Standardbank klient. Hulle voel mos Chris Hart moet sy werk verloor oor wat hy kwytgeraak het. Ek sou my rekening met hulle gaan toemaak het, net uit beginsel. Waar was ou Helen toe die DA segsman Maandag aand op SABC nuus ewe vernaam aangekondig het dat “Rassism against the BLACK MAJORITY moet stop, maar fok die rassisme teen Nie Swart mense. Dit kan mos nie bestaan nie, want APARTHEID waar ALLE SUID AFRIKANERS slagoffers van was, het mos die swart nasie se vryheid uit elke situasie gewaarborg.

Gedagte van die dag: Ek doen alreeds nie FB nie. Omdat ek toe al gevoel het dat FB is soos wanneer ‘n vrou geval het. Almal weet dan dat wat onder haar rok aangaan, haar heiligdom is. Ook baie privaat. Tog gaan almal so ver as wat hulle kan onder haar rok inkyk. Dis nie reg nie, dis nie eties nie. Tog is dit ook nie onwettig nie. Bly weg.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

2016 Toeka tokkel 1 (vir 2016)

19 Kommentaar Add your own

  • 1. scrapydo2.wordpress.com  |  Januarie 6, 2016 om 4:07 vm

    So baie kan nie sonder FB lewe nie- dis wat hul beweer. My mening is dat dit net n skindernes en swartsmeer plek is. (Sorry vir die swart woord, nie bedoel as rassisme nie) Eintlik is daar maar min wat rerig leesbaar is.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Januarie 8, 2016 om 9:32 nm

      Asof fb een of ander dwelm is.

      Antwoord
      • 3. scrapydo2.wordpress.com  |  Januarie 8, 2016 om 10:46 nm

        Dit is so, kannie indink dat mens so verslaaf kan wees aan n “dooie” ding wat jy self opbou!

  • 4. HesterLeyNel  |  Januarie 6, 2016 om 1:55 nm

    ‘n Mens moet dalk ook maar matigheid voor oë hou wanneer jy jou mond oopmaak, sy dit op facebook of ander sosiale media, by ‘n publieke aangeleentheid of in die ry voor die outomatiese tellermasjien. Daar is sekere soort uitlatings wat die norme van beskaafdheid oorskry – dis hoekom die oumense altyd gesê het jy praat nie oor politiek, seks of godsdiens as jy die vrede wil behou nie! Ek voel jammer vir die persoon wat my facebook monitor; hy of sy is seker al vrek verveeld, maar ek geniet dit om saam met my vriende en familie daar te kuier.

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Januarie 8, 2016 om 9:48 nm

      Deesdae moet mens al mooi let op wat jy in die privaatheid van jou eie huis se. Verbasend hoeveel mense nes ek, ons liederlik vererg en goed se wat ons in die jem laat beland.

      Antwoord
      • 6. HesterLeyNel  |  Januarie 9, 2016 om 6:50 vm

        Ek sê mos, daai wag wat voor my mond behoort te wees, is altyd af op lunch

  • 7. Spokie sny spoor  |  Januarie 6, 2016 om 10:07 nm

    Ja wel, hoe sê my vriendin altyd: as jy ‘n toffie wil wees, moet jy bereid wees om gekou te word .
    Ekself is maar versigtig vir FB. Sien dit as ‘n spogplek, skinderplek en moeilikheidmakingsplek.

    Antwoord
    • 8. Olga  |  Januarie 8, 2016 om 9:50 nm

      Van verveelde mense wat iets soek om hulle besig te hou.

      Antwoord
  • 9. peta  |  Januarie 7, 2016 om 7:17 nm

    Ek stem. Daar behoort beskerming vir Fb gebruikers te wees. Ek dink nie die Sparow vrou wat in durbs woon het contacks in sowetho nie. Maar hulle het klagtes teen haar gemaak. Met ander woorde hulle gaan op hoor se of hulle het haar gestalk. Ek weet mense se dis openbaar. Maar as mense werk maak daarvan om fb mense by naam te gaan beloer het hulle die mense se reg op privaatheid oortree. As werkgewers gebruikers se fb statusse teen huule gebruik, dan oortree hulle die mense se reg tot vrye spraak. Dis mos n wet wat twee kante toe werk. Fokkit, al wat n mense hoor is hoe mense vervolg word oor spur of the moment galbraak op fb. Almal het mos n reg om te se wat hulle dink. Hulle het mos nie gese bv. Mandla nikosi is n aap nie.

    Antwoord
    • 10. Olga  |  Januarie 8, 2016 om 9:53 nm

      Vir jou en my maak dit sin, maar dis seker ook waar dit eindig. Meer mense het al hulle werk op fb uitlatings verloor as wat ons ooit sal glo.

      Antwoord
  • 11. Klip  |  Januarie 7, 2016 om 10:24 nm

    IT DOES NOT GET ANY PLAINER THAN THIS.
    VERY SIMPLY SAID AND UNDERSTANDABLE.

    One of the best lines heard lately was from Izzy Kapp, a now retired shop foreman from the old Republic Steel Plant in Cleveland. At 17 Izzy immigrated to the USA from England after his family escaped from Poland when he was 12. A more proud American can not be imagined. He often said, “I am overwhelmed by the opportunities my country offers me!”

    All five of his children graduated from college. One got an MS, another got a JD, and the third an MD degree. It took Izzy 13 years of night school to get a college degree.

    When a young Black kid was being laid off at the end of his 90 day evaluation period he confronted Izzy in the huge Republic Steel Plant break room at lunch and tried to intimidate him with all sorts of NAACP / ACLU / etc. threats.
    “I want this on-the-record in front of everybody.” the young man said. “You’ firin’ me ‘cause I’m Black!”
    Without even looking up from his sandwich the foreman said, “No. We hired you because you’re Black. We’re firing you because you’re useless.”

    Antwoord
    • 12. Olga  |  Januarie 8, 2016 om 9:54 nm

      Ek hoop hy het ‘n Bells gekry.

      Antwoord
  • 13. Klip  |  Januarie 7, 2016 om 10:29 nm

    Voorspoedige nuwejaar vir jou en jou familie Olga. Hoop die nuwe jaar bring vir julle almal net geluk en vrede.

    Antwoord
    • 14. Olga  |  Januarie 8, 2016 om 9:55 nm

      Dankie Klip. Mag voorspoed jou eh die gesin Klip ook vergesel deur 2016.

      Antwoord
  • 15. Klip  |  Januarie 7, 2016 om 10:35 nm

    Ek hou van facebook, Het al by n paar interessante groepe aangesluit

    Antwoord
  • 16. Pixie  |  Januarie 9, 2016 om 2:00 nm

    Ek hou baie van facebook, ek pos en lees en mis nie sommer uit op wat in my vriende ver weg se lewens aangaan nie. Sosiale media het ‘n lys van probleme ontketten alhoewel en ek dink ons vergeet hoeveel mense daar buite wel ons tweets en kommentare kan lees, en dit boonop “forward”. Dis ons elkeen se verantwoordelikheid om nie sommer net summier ons denke op sosiale media te versprei nie. Die hele rassisme kwessie is ‘n taai tammeletjie. Dis wit teen swart, Indier teen swart, swart teen chinees, en solank as wat ons een van die mees multi-kulturele lande is, gaan rassisme ongelukkig altyd deel wees van ons land se woordeskat.

    Antwoord
    • 17. Olga  |  Januarie 9, 2016 om 4:50 nm

      dit het nie gewerk vir my nie. Die wag voor my mond was ook altyd (is nog steeds) awol. Maar solank as wat mense wat iemand anders se gaan verdraai om hulle te pas, sal daar altyd moeilikheid wees. Pleks van lees en vloek soos die res maak. Dankie vir jou inloer Pixie. Geniet Fb. Dis net die mense soos ek wie geneig is om te praat voordat ons dink wie altyd in die pekel sal kom. Geniet die dag.

      Antwoord
  • 18. ekmyselff  |  Januarie 12, 2016 om 3:34 nm

    Elkeen besluit maar self hoe jy dit wil gebruik, party mense se nooit niks, post nooit iets – hulle is net roofkykers, wat ander mense dophou en soms agteraf bespreek.

    Antwoord
    • 19. Olga  |  Januarie 12, 2016 om 10:03 nm

      En dan kry jy ander. Wie se wag awol is. Of dink dat fb net vir jou vriende en familie is.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: