Toeka tokkel twee Vakansie

Januarie 17, 2016 at 10:47 nm 6 Kommentaar

Scrapy se opdrag handel oor vakansie. Almal se idee van vakansie verskil. Homer se idee van vakansie en myne verskil soos dag en nag. Hy wat in landelike omstandighede grootgeword het, wil tot hede nog net stadsliggies, hordes mense en geraas he.

My idee van vakansie is weer stilte, geen mense wie soos vliee saamdrom of rondmaal nie en les bes, stilte. Vir my is dit vakansie om net eenvoudig my honde te neem en die vlaktes in te stap. Ewentwel, rondom kerstyd was al die kinders & Kie tuis. Al het ons nie eers eenkeer God’s window of Sabie valle se wandelpaadjie gaan stap nie. het dit beslis soos vakansie gevoel.

Mnr Apie was ook saam en ek het hom vreeslik geniet. Glo my, met die sesjarige, was ek ‘n spioen, ‘n jagter, ‘n atleet, ‘n soldaat, ‘n bokser, krieket speler, ‘m dief en ook ‘n vlindervanger. (Al het ons net motte gevang.) Soms was die avontuur wat ek en hy op gegaan het, so opwindend dat ek my Tumi of sy pa moes sms om my te kom red sodat ek ‘n blaaskans kon kry.

Na die opwindende week met die meneertjie, het ek nou beslis ‘n vakansie nodig. O, nee, gedori. Dit sal ‘n Homer vakansie moet wees en vir die blink liggies, mense en gedruis sien ek nog nie kans nie.

Gedagte van die dag: ‘n Sesjarige se verbeelding is ‘n ryk bron van avontuur.

Advertisements

Entry filed under: Huiswerk.

Toeka tokkel 1 (vir 2016) Mier versus Sprinkaan

6 Kommentaar Add your own

  • 1. scrapydo2.wordpress.com  |  Januarie 18, 2016 om 12:59 vm

    Vakansie idees verskil dag en nag as mens met ander rekening moet hou. Die Stilte en rustigheid is ook my beste idee vir vakansie. 6 jaregis is baie vindingryk en tog so oop vir allerhande dinge. Mens kan hul darem met die minste vermaak. Dankie vir jou vakansie deel op Toeka-Tokkel

    Antwoord
  • 2. scrapydo2.wordpress.com  |  Januarie 18, 2016 om 1:00 vm

    Ek wonder of Herriemerrie die arde verlaat het met ou hekskind saam? Weet jy dalk waar sy haar bevind?

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Januarie 18, 2016 om 9:41 nm

      Ons sal ‘n soekgeselskap moet uitstuur om hulle te gaan soek. Seker weer op die maan gaan vakansie hou en daar vasgeval.

      Antwoord
      • 4. scrapydo2.wordpress.com  |  Januarie 18, 2016 om 10:42 nm

        Dis darem n laaaaaang stilte wat daar is. Sal bietjie moet kyk as die maan vol is of mens hul kan sien!:)

  • 6. Kameel  |  Januarie 21, 2016 om 4:19 nm

    Jy is een van daardie lekkerspeel oumas….. goed vir jou Olga. Kan ook nie dink ‘n blinkliggie vakansie sal dit vir my doen nie.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: