Elke onskuldige woord….

April 24, 2014 at 9:01 nm 7 Kommentaar

Almal wie my ken, weet teen die tyd dat ek ‘n sameswering in omtrent alles sien. So het ons onlangs op ‘n uitstappie gegaan en kuier kuier van Komatiepoort af ons pad huis toe gekry. Op ‘n kol moes die uwe toe die roep van die natuur gehoorsaam. Ons was op die tydstip al op die derde liter bottel water.

So stop Homer toe by ‘n vultstasie sodat ek aan Moeder Natuur my gehoorsaamheid kan betuig. Ek is vinnig die dames badkamer in. Daar staan twee dames toe klip hard en gesels. Nou kyk, hulle het ook net Moeder Natuur se roepstem gehoorsaam. Dis maar in hulle aard om hard te praat. Elk geval, van die gebabbel, verstaan ek mos toe net die Ingelse woorde. Wat ek gehoor het, was “Siekrat weppon, 7 May, Elektjan. mewnisipal strike (toe staan my hare regop)spesjil wout, invalied en old eitch.” Vir my was dit heeltemal genoeg.

Sê nou net my sameswerings alarm het nie verniet geskree nie? Sê nou net wat ek gehoor het was wel dat die anc ‘n wen resep gekry het om die verkiesing mee te wen? Want sien al het die een dame ‘n rooi baret gedra met ‘n groot bruin baadjie wat enige embleme aan haar boklere verberg het en die ander ene net die vultstasie se uniform, het hulle heel gewigtig geklink. Daar was niks skertsend aan hulle stemtone nie.

Terug in die Fordjie, sê ek vir Homer “Die ANC het ‘n geheime wapen om die verkiesing mee te wen.” Hy het na my gekyk, gelag en gesê: “So, hoe gaan hulle dit doen?” Toe het ek hom vertel: “Op 7 Mei, gaan hulle die verkiesing ontwrig met munisipale betogings. Dink net, meeste stem lokale is by die een of ander munisipale gebou. Sal jy te midde van ‘n staking gaan parkeer, en tussen die singende, dreigende, rommelstrooiende gepeupel deur loop om te gaan stem?” Hy het steeds na my gekyk, maar nie meer gelag nie en gesê: “Nie vir ‘n vy nie. Maar as daar betogings gaan wees, gaan hulle ook nie stemme kry nie.” Ek het gesê: “Hulle gaan die verkiesing wen met die spesiale stemme wat hulle van die Suid Afrikaanse emmigrante, die gestremdes en oues van dae by hulle huise geneem, gaan kry.”

Hy is altyd baie skepties oor al my Sameswerings teorieë. Maar moes toegee: “Wragtig, dit kan werk.”

Gedagte van die dag: 😆

Entry filed under: Volgens my.

Advertensies Toortsie, Toortsie

7 Kommentaar Add your own

  • 1. mal hans  |  April 24, 2014 om 11:13 nm

    lag my blerie gat af. self n dom ou soos ek kan in sien dit sal n briljante siekrit weppon wees.

    Antwoord
  • 2. Toortsie  |  April 29, 2014 om 7:49 vm

    Sjoe sjoe sjoe sjoe sjoe….
    Ek gaan nie bang wees nie ek gaan nie bang wees nie ek gaan nie bang wees nie ek gaan nie bang wees nie
    Toorts! Luister!

    Antwoord
  • 3. Kom ons speel! | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie  |  April 29, 2014 om 7:55 vm

    […] tag vir Olga en vir Seegogga om met die speletjie aan te gaan, en onthou, julle moet ook weer iemand tag. […]

    Antwoord
  • 4. swakhede | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie  |  April 29, 2014 om 10:41 vm

    […] van die grootste swak plekke wat ‘n nommer 7 kan hê, is aandagafleibaarheid. Die probleem daarvan is dat jy begin met ‘n ding, en […]

    Antwoord
  • 5. Kameel  |  April 29, 2014 om 12:47 nm

    Ons het ook ‘n siekret weapon…. GEBED!!!

    Antwoord
  • 6. seegogga  |  April 30, 2014 om 5:16 nm

    ag ek hoop maar op ons ou dorpie sal daar nie te veel siekret weaons aan enige kant wees nie – ek wilo toggie in ‘n siekret oorlog wees nie

    Antwoord
    • 7. Olga  |  April 30, 2014 om 9:22 nm

      ag, jy weet mos nou al Krappie, ek hou van stooi praat. Ek sal my tog nie laat keer deur ‘n magdom stakers in elk geval nie. My Fordjie sal vir my ‘n pad tussen hulle deur baan.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter