Toeka tokkel 12, My slaapkamer

Mei 2, 2016 at 10:32 nm 12 Kommentaar

bedroom

Scrapy se uitdaging, die vet weet hoe lank terug, was oor slaapkamers Nou ja, al weet sy nie waar ek woon nie, wou ek dit graag gedoen het. Maar omstandighede buite my beheer, het my sover weerhou. As daar die dag lus en tyd was, het die internet nie saamgespeel nie. Daarom probeer ek nou weer.

Lank terug en ver weg, toe my kinders nog klein was, was my slaapkamer baie meer as bloot net ‘n plek om te slaap. Op reendae, het ons daar gelewe. Dan sou ons op die vloer saamgetrek het, die vyf van ons. Ousus, BB, Nolie, Tumi en ek. Soms het ons net eenvoudig almal op die bed gele en gesels. Ander kere sou ons stories gelees het, nog ander kere het ons gespeel. Hetsy bordspeletjies of kaarte.

Soms het daardie kamer behoorlik gelyk asof ‘n orkaan of vyf daardeur was. Op tye het die gewone speletjies vervelig geraak en sou almal ‘n kans gekry het om ‘n speletjie te kies. Een reenerige middag was dit Ousus se beurt om ‘n speletjie te kies. Haar gunsteling speletjie op daardie stadium was Noot vir Noot. Ons is almal gangaf, sitkamer toe. Dit was voordat Noot vir noot ‘n speletjie te koop op die rakke gehad het. Hoe dit dan gewerk het, was dat sy of die persoon wie se beurt dit was, ‘n cd sou speel op die “Introscan” stelling wat my hoEtroustel gehad het. Dan het tien sekondes van die liedjie gespeel waarop die “speletjie-baas” sou “pause” sodat die res van ons kon raai.

Een middag was dit wees Ousus se beurt en sy het
n cd op “shuffle Introscan” gespeel. Sommer met die tweede noot het Nolie geskeeu. Ag, ekskuus, sy klokkie gedruk. Hy het binne drie sekondes “gedruk.” Tot vandag lag ek nog as ek die liedjie hoor. Sy antwoord het vinnig gekom nadat Ousus die pause” knoppie gedruk het. “Ou Kallie hangbal” het hy geskree. “WAT????” wou ons almal weet en sy antwoord het weer vinnig gekom ‘Ou Kallie hangbal.” Dit natuurlik die liedjie wat meeste van ons ken as Day – O of dan The Banana Boat Song.

Deesdae, natuurlik, is my slaapkamer letterlik net die plek waar ek slaap.

Gedagte van die dag: Memories dont leave like people do.

Advertisements

Entry filed under: Huiswerk.

Toeka tokkel 11 Whats in a name? toekatokkel 14. Byname

12 Kommentaar Add your own

  • 1. vvuureoc  |  Mei 3, 2016 om 6:34 vm

    Op die wysie van Clementine

    Aan de oewer van de skelftsee
    Tussen Delft en Rotterdam
    Staat ‘n skone jonge moeder
    met een zuigling aan het pram
    Zeg de moeder aan de zuigling
    siet je dat een ooievaar
    hy’s die stuurman van je vader
    wat je dat een donderaar

    Toe ek klein was was die gunsteling speletjie Monopoly of Rummy
    Wens ek het vandag die derduisende ponde gehad

    Antwoord
    • 2. HesterLeyNel  |  Mei 3, 2016 om 10:58 vm

      En daar onthou ek sowaar die wysie van Clementine en sing toe heerlik saam. My gesin dink ek is nie reg in my kop nie. Ons gesin was ook gesoute Monopoly spelers en almal het gekroek dat dit bars.

      Antwoord
      • 3. Olga  |  Mei 3, 2016 om 2:59 nm

        Kan mens Monopoly speel sonder om te kroek? 😉 Ek moes ook eers sing.

      • 4. HesterLeyNel  |  Mei 3, 2016 om 3:16 nm

        Dis ‘n geldige vraag. Ek en my oudste broer het so goed leer kroek dat ons later jare uitmuntende brugmaats (bridge partners) geword het.

    • 5. Olga  |  Mei 3, 2016 om 3:03 nm

      Dankie vir die liedjie. Met die kinders het ek later ook Scooprummy, Rummikab en (vergeet ek nou die naam ) Die Col. Mustard speletjiie gespeel. Onder andere.

      Antwoord
  • 6. HesterLeyNel  |  Mei 3, 2016 om 10:59 vm

    Soms wens ‘n mens dat van die herinneringe saam met die aaklige mense wil weggaan, maar dan onthou jy weer die goeie dinge.

    Antwoord
  • 7. Tannie Frannie  |  Mei 3, 2016 om 5:34 nm

    Baie bly die omstandighede was nou reg! Het self ook lekker aan Clementine gesing met die anderste woorde.

    Antwoord
  • 8. Olga  |  Mei 3, 2016 om 11:07 nm

    Dis altyd lekker om te toets of ons die woorde by die wysie kan kry.

    Antwoord
  • 9. scrapydo2.wordpress.com  |  Mei 4, 2016 om 9:42 vm

    Lekker het ek nou hier gelag. Die geluide wat party “mense”(kinders) hoor is te kostelik as hul dit uitspreek. Dankie vir jou lekker gesels slaapkamer. Ons nuwe tema gaan juis byname wees vir komende week.

    Antwoord
  • 11. ekmyselff  |  Mei 10, 2016 om 1:00 nm

    Ag dit is mos nou lekker kuiers, waar anders is dit snoesiger op n reendag as in jou ma se kamer met haar teenswoordigheid.

    Antwoord
    • 12. Olga  |  Mei 10, 2016 om 9:27 nm

      Dit was. 🙂

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: