Whats in a name? toekatokkel 14. Byname

Mei 5, 2016 at 9:03 nm 9 Kommentaar

bossy

Scrapy se nuutste uitdaging gaan oor byname, troetelname. Ek oorweeg huidiglik nog om nommer 13 by te werk. Maar ek sal maar aangaan met no 14. Byname? Spotname! As kind kon ek gerus n hoender doodskop elke keer as my broer my ‘n spotnaam genoem het. Daarom is ek ook nie lief om spotname te gee nie. Ek was ‘n vreeslike lang maer kind. Het ek vir jou name gehad? Ek het mos al gese ek wou ‘n toeval gekry het elke keer as iemand my ‘n naam genoem het.

In elk geval, elkeen van my kinders het ‘n naam wat sy of haar sibbe hom of haar gegee het. Noudat hulle almal volwasse is, noem hulle mekaar by die regte naam. Toe die kinders nog klein was, het ‘n vriendin eendag kom kuier. Sy het gehoor dat ek Ousus “Nonna” noem. Toe het sy my vertel dat sy haar dogter so graag ook Nonna wou noem. Haar man was nie daarvoor te vinde nie, hy het gevoel sy is net so wit soos haar kind, hoekom moes sy haar dus Nonna noem?

Ousus het eendag saam met die vroutjie wie vir my gewerk het gegaan om vir Homer ‘n toebroodjie vir sy tee te neem. Die ou swarte by die hek het haar “Nonna Ben” genoem. Hy het homself formeel aan haar voorgestel. Sy het die naam blykbaar aangenaam gevind en daarop begin aandring dat ons haar Nonna Bee moes noem. Sy was op die stadium twee jaar oud. Ek vind steeds as ek met haar praat, noem ek haar Nonna.

Gedagte van die dag: Whats in a name? ‘n Baas by enige ander naam, nou ja. Los dit daar Olga

Advertisements

Entry filed under: Hartsake, Uncategorized.

Toeka tokkel 12, My slaapkamer Moeders

9 Kommentaar Add your own

  • 1. vvuureoc  |  Mei 5, 2016 om 10:23 nm

    My pa was Esias Engelbertus hy het vir Union Lime Company gewerk. Die Switsers / Engelse kon glad hul tonge om die twee name kry nie en hy het dus Jan geword na aanleiding van ons van Jansen van Vuuren

    Ek het die byname Priester en Professor gehad en later met diensplig Fires agv my temprament en ook die van

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Mei 6, 2016 om 7:36 nm

      Het jy darem ‘n makliker naam gekry Okkie? Enige van jou kinders die name geerf? In vandag se tye, kan ek net die uitsprake voorstel.

      Antwoord
  • 3. scrapydo2.wordpress.com  |  Mei 6, 2016 om 9:57 vm

    Spotname is regtig seermaak name. Ek haat dit nog steeds as daar neerhalende name gebruik word. Nonna is n mooi naam, baie respekvol ook. Dankie vir jou bydrae, jy’s eerste in die ry. Roorts het net die inleiding gegee! Hoop jy het n heerlike moedersdag(het jul dit ook die 8ste Mei?)

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Mei 6, 2016 om 7:38 nm

      Ek is tans ‘n ouma met ‘n seer hart. My Poppedoortjie is amper 400km weg en glad nie lekker nie. Hulle het haar nou op blikmelk gesit, dink ek moet die Fordjie opsaal en haar gaan haal.

      Antwoord
      • 5. scrapydo2.wordpress.com  |  Mei 6, 2016 om 10:50 nm

        Dis gladnie lekker as dit so ver is nie. Een geluk is dat vandag se tegnologie dit moontlik maak om meer en gereeld in kontak te kan wees.

      • 6. Olga  |  Mei 8, 2016 om 9:23 nm

        Dis ‘n feit Scrapy en met Fordjies wat in motorhuise staan en stowwerig word, is mens sommer gou daar.

  • 7. ekmyselff  |  Mei 10, 2016 om 10:12 vm

    Lekker lag ek my dogter is ook Nonna of Nonnie

    Antwoord
  • 8. Olga  |  Mei 10, 2016 om 9:24 nm

    Great minds ne.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: