Toeka tokkel 33 Pantoffels

Augustus 12, 2015 at 10:56 nm 19 Kommentaar

Scrapy se huiswerk van die week is oor pantoffels. Ek is mal oor pantoffels. Ek het al eintlik verlede jaar pantoffels gesien wat ideaal vir die uwe sal wees. Sien, heeltemal plat skoeisel doen dit nie vir my nie. Eh, vyf minute en my rug is so seer, ek kan gerus papier-poppies kraam. Maar nou ja, kry ek die tipe die dag in ‘n winkel, dan is my grote uitverkoop. Dus moet ek maar maak doen met wat ek het. Sulke uitgetrap swart binneband goed wat my vooruit gegroei het, maar nou ja, ten minste is my rug dan nie seer nie.

Ek brei elke jaar bedsokkies, wat sommige mense ook bedslippers noem. Al brei ek al bedsokkies sedert die vroeë tagtigs, het ek nog nooit ‘n paar vir myself gebrei nie. Ek weet van een persoon wie altyd haar pantoffels groot koop sodat sy nie eers haar bedsokkies hoef uit te trek nie. Sy druk haar voete bedsokkies, skuus, slaap pantoffels en al binne in haar “buite pantoffels.”

Vroeer vanjaar het my Tumi my ‘n patroon vir bedsokkies wat soos stewels lyk gestuur. Solank ek onthou die eerste paar is hare.

toffels

Ek het afgesit winkel toe en wol gaan koop. Toe het ek die patroon uitgetoets en die eerste paar sou haar beslis nie gepas het nie. Maar ek brei elke jaar soveel dat dit nie saak gemaak het nie. Dit was toe al na toemaak tyd, maar ek het toe swart by gebruik, want sien, ek gebruik altyd twee drade breidraad. Mens se voete kry mos maar maklik koud en die tweede paar was net mooi reg vir haar. Sy is mal oor hulle.

pantoffels2

Hierdie is die variasie op die Tumitoffels. Hulle is gebrei, geboks en het nie teruggekom nie.

pantoffelsq

Hierdie het gebrei, inderhaas afgesit dorp toe, geskikte houer gevind,(moes een koop) dit verpak, met die winkelier se hulp. Toe poskantoor toe gehaas om dit gepos te kry. Helaas. ‘n Maand later washulle terug waar hulle vandaan gekom het. Hulle het egter gou nuwe base gekry.

pantoffels1

Hierdie wol het ek onweerstaanbaar gevind. Dit het egter ‘n onegalige telstuur wat maak dat sommige plekke dik en ander weer net omtrent “threadbare and shabby voorkom.

ousus

Hierdie is Ousus se gunsteling. Maar net soms is dit lekker om iets ander te maak. ‘n Brei of hekel patroon vir bedsokkies is altyd welkom by my.

ousus1

Ek het toe afgekom (heeltemal op my eie) op die variasie op die Ousus pantoffies. Sy hou egter nie daarvan nie. Sy verkies die oorspronklikes met hulle krae wat sy laat regop staan sodat dit soos kabouter ore oor haar enkels orent staan.

Gedagte van die dag: Geniet jou pantoffels, of dit slippers, stokies of besokkies is.

Advertisements

Entry filed under: Huiswerk.

Toe die regering nog geweet het ons kan. Toekatokkel 34 Televisie programme.

19 Kommentaar Add your own

  • 1. scrapydo2.wordpress.com  |  Augustus 13, 2015 om 1:11 vm

    Sjoe maar jy wikkel met die brei. Dis so lekker om te doen. Ook die kleure wol help om dit nog lekkerder te maak. Ek het op my tyd – dis nou seker 15 jaar laas- ook heerlik bedsokkies gebrei. Elke patroon wat uitkom is getoets en dan uitgedeel. Baie dankie vir jou pragtige pantoffel skryfsel.

    Antwoord
  • 3. Toortsie  |  Augustus 13, 2015 om 7:44 vm

    Ek het ook ‘n paar van jou gehekelde bedsokkies. 🙂
    Jy hekel en brei pragtig!
    Loer gou bietjie hier, dalk is hier ‘n patroon wat jy nog nie probeer het nie, wat jou oog vang:

    Antwoord
    • 4. Elsje Lubbe  |  Februarie 10, 2016 om 1:45 nm

      ek is opsoek na hekel patrone om hout hangers oor te trek groot asseblief

      Antwoord
      • 5. Toortsie  |  Februarie 11, 2016 om 4:02 vm

  • 6. Olga  |  Augustus 13, 2015 om 8:00 vm

    Die soccasins lyk heerlik. Allmal is pragtig. Hoe kry ek die patrone? Die Pinterest verstaan ek glad nie. Het onlangs speelgoed vir amigurumi hekelwerk gesoek. Vriendin vertel my toe van “Pinterest.” Nig Google het my gewys waar om dit te kry. Vriendin het vertel ek moenie vergeet om ‘n “board” te kweek nie. Ek het en die “board ywerig laat groei. Oh goodness gracious me! Ek het ‘ “board” vol prente gehad, met geen patrone by nie. Nou stuur hulle my elke week ‘n epos met nog skakels met die mooiste goed. Maar….. Ek wil dit brei om hekel nie net kyk nie.

    Antwoord
  • 7. Olga  |  Augustus 13, 2015 om 8:05 vm

    As die “free patterns” eers vir registrasie vra, dan hou ek maar links verby. Dit kan soms tot tien eposse per dag meebring.

    Antwoord
  • 8. Klip  |  Augustus 13, 2015 om 8:13 vm

    Hau miesies dis mos nie net die voete wat koud kry nie………………..

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Augustus 13, 2015 om 5:39 nm

      As die kop en voete warm is, is die lyf al half warm. Ek het ook al ‘n trui gebrei. 😉 😉 😉 het oor agt jaar gebrei. ‘n Kombersie ook. (Wat is daar nog?) Serpies en vingerlose handskoene ook.

      Antwoord
      • 10. Klip  |  Augustus 14, 2015 om 7:47 vm

        Ek het al gesien daar word vir die dames bikinis gebrei. Nou ja daar gaan my verbeelding al weer…. . Dink ek aan n tolletjiebrei g-string. Vir n dame kan jy hom deurtrek en vir n man kan jy hom oortrek. Gelukkig is daar verskillende grootte tolletjies. ( Minder is beslis meer )!

    • 11. Klip  |  Augustus 14, 2015 om 7:48 vm

      Ok die brei werk waaraan ek dink is nie om warm te maak nie , dis net om die uitsig te belemmer…………

      Antwoord
  • 12. Xena Phoenix  |  Augustus 13, 2015 om 8:41 vm

    Wat is die verste wat jou bedsokkies al getoer het?

    Antwoord
    • 13. Olga  |  Augustus 13, 2015 om 5:42 nm

      Ek weet van twee paar wat in Australië gaan kuier het. Toe raak die begunstigde siek, land op in die hospitaal en toe kry ek ‘n epos van ‘n verpleegster wie die patroon afgesmeek het vir haarself en haar kollegas wie dit wou hekel. Dan natuurlik Namibia.

      Antwoord
      • 14. Klip  |  Augustus 14, 2015 om 7:50 vm

        Dink nou net as jy n g-string bikini brei, kan jy dit uitvoer van Holland tot in Paraguay…….

  • 15. ekmyselff  |  Augustus 13, 2015 om 9:43 vm

    Ek hou van warm voete en kan nie sonder kouse in die winter slaap nie.
    Jy is oulik met al die brei.

    Antwoord
  • 16. Kameel  |  Augustus 13, 2015 om 12:35 nm

    Jy bedoel sowaar besigheid wanneer dit by brei kom. Ek sou in my skik wees kon ek net een paar vir die winter brei. Mooi so Olga!!!

    Antwoord
  • 17. Klip  |  Augustus 14, 2015 om 2:07 nm

    Nip one……….. slip one. One plain two pearls………..ok ek het nie n idee wat dit beteken nie, ek sukkel nog steeds om my skoene se veters vas te maak( bo-oor of onderdeur)

    Antwoord
    • 18. Olga  |  Augustus 14, 2015 om 5:00 nm

      Ek neem aan dis hoe jy tolletjie brei ne? Mens kry deesdae die mooitste tolletjies. Ai. Waar is die dae? Ons het sommer die leë (hout) naaldwerk gare tolletjies vier spykertjies in gekap en dan het ons gebrei. Deesdae is die ou “tolletjie” gare op ‘n karton silendertjie opgewen. Mens kan seker net thabo daarmee.

      Antwoord
  • 19. Klip  |  Augustus 14, 2015 om 2:13 nm

    Mev Klip se ma sit heeldag en brei oortreksels vir hout hangers. Nou hang ons klere lekker warm in die kas

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: