Toekatokkel 34 Televisie programme.

Augustus 19, 2015 at 8:38 vm 10 Kommentaar

Om uit te wei oor televisie programme, sal ek nou wragtig nie kan nie. Maar nou ja, oor die wat ek wel kyk, kan ek verseker ‘n emmer vol gal braak. Ek is seker dis nie wat Scrapy in gedagte gehad net nie, maar ek woon mos in Suid Afrika. Vergistings is aan die orde van die dag. Sedert meeste joernaalprogramme bbbee aanbieders gekry het, kyk ek dit nie meer nie. Al wat ek basies op SABC 2 kyk, is Pateetlaan, of te wel, 7de laan en die nuus. Daarom dat ek so ‘n ruk gelede hewig ontsteld was toe die nuus sommer net van die kassie af verdwyn het.

Hello????? Ek kyk basies tussen 18:30 en 19:30 tv. Alles wat nie in daardie tyd aangekondig word nie, sal ek nie van kennis dra nie. Ek verwag nie dat hulle spesiaal moet aankondigings in hierdie tyd doen oor een van die twee programme wat in die tyd aangebied word nie. Al vertel my sin vir logika my dat dit die dêm logieste tyd is, om ‘n aankondiging te maak. Be that as it may.

Wat kan ek sê oor pateet laan? Al wat maak dat ek dit nog kyk, is die feit dat dit Afrikaans is. Ek begin nou dink as die naam moet verander, kan hulle dit Gerofiel laan maak. Eers was dit net die vaakvissie, Altroos met sy liefde vir ou vleis. Toe het Bernard by die klub aangesluit met Gita. Wel, dit was nie honderd jaar nie, toe skraap hulle vir Marko ‘n soustannie nader. Die “dinamiese” Anna is so duidelik jare ouer as Marko, maar ek dink Altroos het begin eensaam raak. Lo and behold! Toe begin die ruggraatlose Willem van alle mense sy pa se vrou te jag. Gaaap. Nou het ou Felicity die skoot so hoog deur, dis blykbaar net Herman wat dit nie raaksien nie.

Wat my verder so afpis is die stoere ou boere omie. Die nimlike Oublaas. Ekskuus? O, jy seg Bloublaas. Ewentwel, as hy een naam verkeerd kry en jare lank daarmee geboer het, was dit een ding, maar al name wat hy reg het, is Maria, Netta en sy lelie, Hilda. Maar die stoere boere omie, het getrou en ‘n hartaanval oorleef sonder dat sy stoere boere ou moedertjie of sy seuns naby hom gekom het. Watwo! Nee wat oom Bloublaas, laat die skrywers jou dan “true to character” maak. Geen stoere ou boere omie sal kinders of moedertjie sal van sy hospitaalbed weggebly het nie. Om nie eers van die troue te praat nie.

Ter afsluiting, hulle kan Gerofiel laan ook maar net sowel Soustannie laan maak. Die een wil nou wragtig dikker as die ander wees. Good ole BBBEE. Dit slaan oral uit.

Dit was nou ‘n hele mond vol oor net een program. Dit begin nou regtig ewwww raak. Een van die dae gaan Afrikaans nie meer genoeg wees om my die tv te laat aansit vir stront nie. Ek het die ander Woensdag die tv vroeg aangesit vir die “Konings” episode, die ander Afrikaanse program op SABC 3 wat ek kyk en pleks van (naam Klip??????) Dallas, is “High rollers” op. For the fucking love of Thandi, wat ‘n pot stront is dit nou nie? Ek glo nie ek kon drie minute kyk nie. Maar nou ja. Ek weet darem hoe die tv afsit. (Ari gedori die as my kinders kleintyd ‘n mens so lelik soos die hoof vroulike karakter moes gesien het, sou ek die tv buitendien moes afsit.)

Gedagte van die dag: Hello harddrive. Cum 2 Olga.

Entry filed under: Huiswerk.

Toeka tokkel 33 Pantoffels Toeka tokkel turdy sumtieng. Wasdag.

10 Kommentaar Add your own

  • 1. scrapydo2.wordpress.com  |  Augustus 19, 2015 om 9:02 vm

    Kannie glo dat ….. Laan steeds aan die gang is nie. Dis 6 jaar laas wat ek dit gesien het en dit ook elke nou en dan omdat die krag altyd daardie tyd van die aand af was! (Dit was 2008) Jy het n goeie beskrywing gegee van hoe “boring” TV is. Dankie vir die deelname.

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Augustus 19, 2015 om 9:57 vm

    Pateetlaan het my verloor toe hulle Christel mal gemaak het. Vet alleen weet hoekom die sepie huwelike nooit kan hou nie. Hulle moet altyd agter iemand aanlus.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Augustus 19, 2015 om 6:10 nm

      Anna-Mart was bang hulle gee haar ook ‘n katelknaap. Sy verkies regtig om eerder Maryna (Ja, daar is sowaar nog mense wie haar Maryna noem) te wees as Sugamama. 😉

      Antwoord
  • 5. Kameel  |  Augustus 20, 2015 om 11:01 vm

    Jy het nou goed gal gebraak 🙂 Sou sowaar nie net vir Afrikaans aanhou kyk het nie…. of miskien is jy ‘n “……..” ag liewe nou is die woord weg. Een wat tot die laaste toe vasbyt wanneer almal anders al handdoek ingegooi het.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Augustus 20, 2015 om 9:05 nm

      Dan kan ek darem sê ek gebruik my tv.

      Antwoord
  • 7. Klip  |  Augustus 24, 2015 om 12:38 nm

    Moet my nie verkeerd verstaan nie , ek is afrikaans , ek praat twee dialekte daarvan , die normale een en die dronk een. Maar meeste van die afrikaans op tv klink vir my so kommen. Probeer ek ontbytsake kyk , en vir een of ander rede laaik ek daai Dawie karakter soos wat ek blomkool laaik, en ek laaik blomkool fokkol, ok wag ek dink ek moet net vroeer begin drink, dalk sal ek kan deur kyk ……… of tot ek in my broek skyt

    Antwoord
    • 8. Klip  |  Augustus 29, 2015 om 4:48 vm

      Sjoe hierdie komment wat ek gelewer het spook by my . Vergewe my asb ……….. hoe kan ek nou se ek laaik nie daai Dawie ou op ontbytsake nie, ek het hom nog nooit ontmoet nie . Mens mag mos nie so van jou medemens praat nie. Sal nou maar ITV kyk op n Saterdag oggend

      Antwoord
    • 9. Olga  |  Augustus 29, 2015 om 10:41 nm

      Hoekom sien ek die eerste 5c nou eers? Sal ernstig moet gesin oor die nuwe bril wat nou al sedert Des agterweë bly. Die bybetaling gun ek niemand nie. Ek moet dit immers betaal. Ek ken nie die Dawie kabouter nie en weet jy wat Klip? Ek laaik hom ook fokkol. Luister net na ons “kunstenaars.” Klink behoorlik of hulle die skool verlaat het in gr 4. Hulle kan nie vyf woorde Afrikaans praat sonder om ten minste een Engels te sê nie. Dink hulle dis koel? Ek dink dis vieslik.

      Antwoord
  • 10. Klip  |  Augustus 29, 2015 om 11:56 nm

    Dankie Olga nou voel ek beter. Ek het baie lanklaas met van die jong geslag gesels.Maar n klomp akteurs sangers en sangeresse doen dit nie vir my nie. Maar daar is uitsonderings. Vat nou maar byvoorbeeld vir Miley Cyrus……….oops sy is nie afrikaans nie, ok ok ek weet…………ek sien al hoe tree ek af in Brakpan……….

    Antwoord

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: