Mr Muscle

Maart 6, 2015 at 9:49 nm 13 Kommentaar

Bolle man! Ek is ‘n Bostick gal. Rêrig. I stick to the name I know.” In die vorige huis waar ons meer as ‘n dekade gewoon het, was daar nie veel teëls nie, dus het ek maar skoongemaak met Handige Andy. Dit het goed gewerk en ek het nog nooit Mr Muscle produkte gekoop nie. Die goed wat ek geken het, het mos goed gewerk.

Toe een dag het ek ‘n blik Mr Muscle oond skoonmaker gekoop. Aangesien Betti dit gebruik het, was ek tevrede met die resultate alhoewel sy die hele blik opgebruik het, waar ons gewoonlik twee keer oond skoongemaak het met ‘n blik Zeb. (het julle gesien dat Zeb van die rakke af verdwyn het? Was seker te wit.” Ewentwel, sy het my gesê ek moet liewer Zeb koop, sy hou nie van die goed nie. So genoteer. Ek kom toe een dag in PnP en daar is Mr Moffie Multi Surface Furniture Cleaner 4 in 1 op ‘n special. Wat gaan vanaand met ou Sally aan? Maar nou ja, dis so ‘n goeie een dat ek twee blikke inpak, terwyl Mr Min my vreeslik verwytend aangluur. Ek was nogal lus om vir die klein wimp tong uit te steek, maar gelukkig het ek net weggeloop.

Heigent hert! Was ek nou teleurgesteld in die goed? Ek glo as dit net eenvoudig ‘n een in een was, sou dit beter gewerk het en die meubels laat blink het. Toe nadat die teëls gelê was, moes ek ‘n reiniger kry om hulle skoon te maak. Sien, ander mense se volwasse kinders bring Pienkvoetjies huis toe, myne bring mos Vuilvoetjies so ek moes iets kry wat goed werk. Ek glo daarin om ‘n ding een keer te doen en dan verwag ek dit moes skoon wees. Ieder geval, daar pryk Mr Muscle Tile Cleaner 5 in 1. Dit doen dit, dat en nog drie ander goed. Daar gryp Olga weer. OOk sommer twee bottels. Wat ‘n blerrie terleurstelling! Ruik lekker, toegegee. Maar dis ook al.

Teels is dof en streperig. Nou ja, wat om te gebruik? Ek het voorheen houtvloere gehad wat ek met Domestos en Pinegel skoon gehou het. Vandag was Mr Muscle weer op ‘n special. My vriendin gryp toe ook twee bottels en wag vir my om dieselfde te doen. Toe seg ek nee dankie. Mr Muscle se spiere is verlep. Hy is net bek met geen binnegoed. Toe het sy eers haar trollie verder gestoot maar toe omgedraai en die goed kom bêre. Toe gesê dat ek reg is. Mr Muscle se spiere is van pampiere. Ek het omgedraai om die toilet papier se prys te gaan kyk. Toe sien ek hoe twee ander dames ook vinnig vir Mr Pampiere uit hulle trollies haal en op die rak terug sit.

Ek moet erken, Mr Min het darem steeds vir my geglimlag toe ek hom met sy dassie, geel onderbaadjie en al weer in die trollie gelaai het.

Geniet die naweek en bly veilig.

Gedagte van die dag: Stick to the name you know Olga.

Entry filed under: Askies????.

Weer mymering Die vet weet

13 Kommentaar Add your own

  • 1. Laviga Heks  |  Maart 6, 2015 om 10:27 nm

    Eenste

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Maart 6, 2015 om 11:09 nm

      Whoop whoop!
      Touch Viga Heks.
      Jy is aan.

      Antwoord
  • 3. scrapydotwo  |  Maart 7, 2015 om 12:06 vm

    Ek kan ook nie verstaan hoekom hul altyd aan die inhoud moet peuter nie. As dit werk werk dit. Nee daar moet nog weer iets ekstra ingesit word om tog net nie dieslfde te bly nie.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Maart 7, 2015 om 8:04 vm

      Ek dink die swernote voeg daardie iets by om die goed goedkoper te kan vervaardig. Dan maak dit terselfde tyd die produk minderwaardig.

      Antwoord
  • 5. HesterLeyNel  |  Maart 7, 2015 om 6:53 vm

    Sunlight Liquid (lemon)
    OMO
    Domestos
    Brasso

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Maart 7, 2015 om 8:06 vm

      As mens die dag Brasso kan kry. Soms is dit maande lank net nie beskikbaar nie. Nes Disprins. Ek dink soms Spar vergeet net om te bestel. Kom ek die slag by PnP of Checkers, vergeet ek van Disprins.

      Antwoord
  • 7. Xena Phoenix  |  Maart 7, 2015 om 11:19 vm

    Dink nie ek het al ooit Mr. Muscle gebruik nie. Ek weet wel dat Pledge nie naby Mr Min kom nie. Wens net Mr Min wil saam met die blikkie kom. Nadat hy met sy geel lap deur gedraf het, kan hy weer skoert ook (ek stem vir ‘n weeklikse date).

    Ek het al geleer om eerder wyd te kyk waar dit “No Name” goed aangaan.

    Antwoord
    • 8. Olga  |  Maart 7, 2015 om 11:57 vm

      Man, die Mr Muscle blyk baie gewild te wees. Maar hy kan gerus maar sy spiere in sy bodysuit hou. Mr Min is baie in vergelyking met hom.

      Antwoord
  • 9. Lewies Mymer  |  Maart 7, 2015 om 1:23 nm

    Sedert ek my emeritaat aanvaar het is ek nou mos oa kitchenboy, dankie vir die wenke, dit sal my help in die uitvoering van my domestieke pligte!

    Antwoord
  • 10. Sparkle  |  Maart 8, 2015 om 10:00 vm

    Handy Andy en Mr Min

    Btw daar is mense wat beweer dat mens wit asyn kan gebruik om oppervlaktes soos kombuistoonbanke skoon te maak?

    Antwoord
    • 11. Olga  |  Maart 8, 2015 om 12:38 nm

      Wit asyn kan seler werk, maar dit ruik nie juis aangenaam nie, ne. Handy Andy ruik mos die afgelope jare lekker ook.

      Antwoord
      • 12. Sparkle  |  Maart 9, 2015 om 6:29 vm

        Net jy daar se. 🙂

  • 13. Spokie sny spoor  |  Maart 9, 2015 om 10:21 vm

    Hiehie – oulik geskryf.

    Antwoord

Lewer kommentaar op Laviga Heks Kanselleer antwoord

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter