Posts filed under ‘Askies????’
Wat de…..
Ek kom by niemand. Veral nie in die afsonderingstydperk nie. Daarom het ek nie veel te sê nie. Wil sommige dae lyk of ek op dinge wat my nie eintlik raak nie fikseer.
Ek het die afgelope paar weke gesukkel met ‘n verdomde gom oor. Toe dit wragtig aanhou “produseer” het ek geweet, al wil ek nie, is dit nou tyd om dr toe te gaan. In die tyd, dink ek, plekke soos dokterspreekkamers, klinieke, hospitale en selfs apteke is goeie plekke om soos die pes te vermy. Jy kry buitendien net diek mense daar. Ek het begin agterkom dat my gehoor beslis versleg. Die ou nat oor was sedert kinderdae my “goeie” oor. Ek sou regtig moet optree as ek nog op my eie wou hoor.
Kom by die dr. Aarde mense in sy voortuin by die spreekkamer is ‘n gazebo opgerig, met ‘n paar stoele daaronder. Ek lui dus die klokkie en wag soos die bord aanbeveel totdat iemand my kom help. Hoor ‘n geluid en die kind wat ek oppas vertel my daar is iemand agter my. Die ontvangsdame wat wil bevestig dat ek daar is om ‘n afspraak na te kom.
Word aangesê om te sit. teen die tyd vertel innerlike Olga al vir my ons moet eerder huis toe gaan. Maar die nat gevoel en dik stadige stroompie toe uit my oor oortuig my om te bly. Die kind en ek staan en bekyk die ou baba akkedissie wat ‘n ewe baba sprinkaan bekruip. Maar hy was regtig nie opgewasse nie.
Toe hoor ek iemand praat. Moet wragtig omkyk sodat ek kan hoor wat gesê word. Die Dr. Hy sê “Skuus man, maar ek moes nou eers gaan seker maak. Weet jy, die afgelope dekade kom sien jy my elke tweede jaar.” Ewentwel, hy probeer nes die meeste volwasse mense die kind tot ‘n gesprek uitlok. Ook sonder sukses. Maar sy weet, ek neem nie meer haar onbeskofheid vir lief nie. So sy staan en tel. Gou besef sy sy sal sewe bladsye met 25 lyne elk moet uitskryf as ons tuis kom en sy antwoord hom baie bot.
Tuis gekom met antibiotika en antie alles oordruppels, ( touch wood, wat beslis werk) stop my jare lange vriendinne omtrent agter my. “Wat de … het jy by die dr gaan maak?” Goeie genade! Het ek hulle toestemming nodig om dr toe te gaan? Die ander een sê egter op verskonende wyse “Jy weet mos, dr weetalles sou jou beter kon help.” Maar ek word al jare lank al nie meer kwaad vir die vrou se beterweterigheid nie.”
Laat my egter wonder, is ons regtig so afgestomp dat ‘n vriendin se dokters besoek jou besigheid word? Dink sy regtig dat sy beter as die dokter weet hoe om ‘n mediese probleem op te los?
Sy is tot datum ‘n beter bakker, kok, verwer, bouer, kleremaakster, breier, hekelaar, (laat ek gou noem ek het nog nooit iets gesien wat sy gebrei of gehekel het nie.) boekhouer, ontvangsdame of huis skoonmaker as enige iemand anders ooit kan hoop om te wees. Nou is sy ‘n beter dokter, al is dit sonder opleiding ook.
Wat meer kan ‘n mens in ‘n vriendin nodig hê?
Gedagte van die dag: Seker net my reg tot vrye keuse.
Skooltyd!
Daar is ‘n goeie rede hoekom kinders skool gaan en teen volwassenheid klaar maak. In die tyd dat ek in Pretoria was, het my noolste Nolie, Mina en my Amy kom kuier. Toe ons besig raak om ete op te dien, wil Juffie niks weet van eetkamer nie, dis nou sit kamer toe.
Sy het in elk geval daar vir ons “gedek.” Pappa en Mamma kan maar soos barbare met skinkborde op hulle skote eet. Vir Ouma en Ousus het sy so ewe kussings op die vloer by die koffietafel gepak en sy sit op haar pienk stoeltjie. So eet ons en toe is dit skottelgoed tyd. Kort kom loer sy om die kosyn of alles nog op dreef is. Toe sy dus die ketel hoor, besef sy alles is gewas, gedroog en gebêre in die kombuis.
Amy is mos nou al ‘n rukkie in die kleuterskool en ons gaan nou dus skool speel. Daar sit Juffie op haar pienk stoel, ek en Ousus moet maar weer ons plekke op die kussings op die vloer inneem. Ons kleur in. Een inkleur boek, twaalf vet vetkryte en drie inkleurders. Daar gaan ons. Pappa en Mamma is later vort bed toe, ons drie kleur nog in.
Nou ja, ek en Ousus se “vere”is al deur gesit daar op die vloer en ons kriewel. Mens! ek kan sweer ek voel die kruis in die teëls dwarsdeur daardie kussing. As ons so kriewel, dan kom die kwaai stemmetjie “Sit op julle boure.”Dan sit ons. Dan oorval die kriewels ons weer en ons sit op ons knieë langs daardie koffietafel. Dan kom die kwaai stemmetjie weer “Julle, sit op julle boure.” Dan sit ons weer en ons kleur in. Eet dan en wan ‘n lekkerdingetjie dan het ons mos geleentheid om te kriewel. Dan se juffie weer “Sit op julle boure.” Kyk, sy is net drie jaar oud maar sê daardie R. Toegegee, dis so ‘n Engelse Franse R maar onmiskenbaar ‘n R. Teen elf uur is ons “boure”opgesit man maar al wat ons hoor is “Sit op julle boure.” Ons was nogal optimisties dat ons dalk so twee of hoogstens drie prente gaan inkleur dan gaan sy belangstelling verloor. Maar ai, moenie glo nie.
Van die een na die ander. Dan soek Juffie die volgende projek uit. As dit op albei kante interessant lyk, dan is dit die volgende prentjie. So dis rond en bont in daardie inkleurboek. Gelukkig is die boek omtrent 2cm dik, anders het ons dit sommer die Vrydag aand klaar gemaak. Ons, dis nou Ousus en ek het weer die kriewels terwyl sy die soveelste prent soek. Toe sit en kyk sy vir ons en snou oor die breedte van die ou tafeltjie “Nou sit julle stil op julle gatte.”
Ek wil nou nie hoes, poep of skinder nie, maar as ek Pappa en Mamma was, het ek sommer so enige tyd by daardie skool opgedaag hoor.
Gedagte van die dag: As jy bietjie ouer is, is skoolgaan defnislis nie vir sissies nie.
Snoep goed
Word mens ooit te oud vir lekkergoed? Ek hoop van harte nie so nie. Ek was nog maar altyd lief vir ‘n ou soetigheidjie.
Ek het ‘n groot vet bottel waar ek ons lekkergoed insit. My gunsteling is natuurlik Licorice all sorts. Of is sit Cream caramels? Nee, wag, ek dink dis Jelly beans. Nee, eerder Peanut Brittle. Wag, dis eerder Milky Toffees. Dis fudge. Nee wag, voordat ek vuis slaan met myself. Ek hou van sweeties. Sommer baie. nou ja. As ons lekkergoed gekoop het, gooi ek alles in die bottel. Die bottel staan sommer op die kombuis kas. Kom die kwien se direkte familie kuier, dan help sy haarself aan ‘n paar. Stap Homer soggens die kombuis binne, dan verdryf hy maar die eensaamheid van vroeg more alleen wakker wees met ‘n handvol. Vererg ek my vir Homer, vind ek troos in die bottel. Dis ‘n lekkerder bottel as die een uit die bottelstoor. My opinie natuurlik.
So is ons ook lief vir grondboontjies. Daar staan ook altyd ‘n bottel met grondboontjies langs die lekkergoed. soms met rosyne, maar meestal daarsonder. Om een of ander rede sal mense nogal hulle self nie so geredelik uit daardie bottel help nie. Toe het ek opgemerk dat Homer die bottel gou laat leegloop totdat daar so ‘n enkel lagie op die bodem lê. Dan sal hy kamma verbaas vra “Wat het hiervan geword?” Toe het ek slim geraak. Ek gooi dit in twee bottels. So twee derdes van die pak in die groot bottel en die res in ‘n kleiner bottel. Dis dan nou die groter een vir Homer en die kleiner een is myne. Wonder bo wonder toon hy respek vir myne maar syne hou nou baie langer.
Die ander dag het ons tuis gekom en ek het die pakkies lekkergoed in die bottel leeggemaak. Die “Gum snakes” heel onder en so gaan ek aan. toe die “All sorts”heel bo in die bottel land, het hy al terug gekom in sy oorpak geklee. Ek het toe nog nie eers kans gehad om die bottel te skud om die sweeties te meng nie. “Dink jy nie ‘ons’ moet dit in verskillende bottels bêre nie?” Vra hy. “Goeie idee” antwoord ek. Dis mos duidelik as elke lekkergoed soort in ‘n aparte bottel is, maak dit mos die saak soveel makliker vir hom. Nou ja, toe hy ‘n paar uur later weer in gekom het, was die lekker goed geskei. Syne in een bottel, myne in ‘n ander.
Gedagte van die dag: Nou bly altwee bottels langer vol.
U hoogheid
Ek het lanklaas die twee vriendinne van my gesien. Ons is nie gewoond hulle bly so lank weg nie en Homer kerm toe al ‘n paar dae ek moet gaan kyk wat gaan aan met die “ou fossiele” Kon toe nou nie hoër of laer nie en ek val in die pad. Met Homer se bakkie, dan het ek ‘n verskoning om nie heeldag te kuier nie.
Daar gekom moes ek nou alles hoor wie hoe siek was, wie die seerste gehad het, die kwaaiste hartaanval {I kid you not} gehad het, wie die hardste geval het en so voort.Die uwe sit en luister, sy het mos al baie ondervinding om ‘n reguit gesig in hulle geselskap te hou. Toe kom die nuwe toevoegsel tot die Britse koningshuis aan die beurt. Nee, ek het nog nie foto’s van die kind gesien nie. Die een begin vroetel om haar foon te kry, toe onthou sy die foon lê in haar kar en die garage is al gesluit en sy gaan nie nou uit nie, maar sy het ‘n foto van die baba op haar foon. Nou kyk, ek is nie ‘n aanhanger of bewonderaar van die koninklikes nie.
Ek het al dikwels gehoor die een is ‘n “Scottish lassie” van Jeppe Johannesburg, no less. Toe op ‘n dag vertel sy my ‘n familie geheim. Sy en haar suster is albei Scottish countesses. “Ooh, so I am in famous company.” Ek dink sy het al vergeet dat ek en sy al baie ure met my of haar skootrekenaar gesit het om haar familie se grafte te soek. Bizar maar waar. Daar is meer tipies Afrikaanse vanne as in my voorsate. Maar nou ja, dis mos haar, uhm, geheim. Mum’s the word. Ja, raait.
Nou met die foto soekery, kom ek agter sy sit nou kiertsregop. Met haar kop so skuins gedraai, weg van beide haar huismaat en my. Skielik word die koffiebeker dan ook vasgehou soos dogtertjies doen wanneer hulle “tannie tannie” speel. Nou begin my lagspiere al saam trek. Nou moet ek noem dat ‘n afgetrede joernalis van ‘n Sondag koerant hom so ‘n paar jaar gelede in ons dorp kom tuis maak het. Hy tel onder die vriende wat ons nie gemeen het nie. In die kontessa se boekie tel hy baie hoog.
Haar huismaat vra waar het sy die foto gekry. “From Billie” sê sy. Met die kop nog so skeef gedraai. Haar gesig amper parallel met die plafon. Nou weet ek en die huismaat reeds, hier kom ‘n ding. “He sent it when he came to tell me about Elizabeth.” Ons kyk na mekaar en ek moet al anker gooi dat ek nie kraai van die lag vir die prentjie wat sy daar op die rusbank maak nie. “Elizabeth?” Vra haar huismaat. “Yes you know he knows the royals intimately. He came to tell me Elizabeth’s maiden name was Parkinson like my mother’s. She” (dis nou die koningin) “is indeed my mother’s first cousin.”
So ek moet seker leer om te curtsy as die belangrike vrou, wie weet, Charles se bloed eie niggie, naby my kom.
Gedagte van die dag: Polony bly blerrie polony
Wil jy nou meer
Miskien moet ek tien jaar gelede begin. Ek het die dag buite die haarkappersalon op die dorp parkeer. Kom die rooi karretjie oor die brug en ek sien dis my Bad Boy. Ek waai toe vir hom want as hy huis toe ry, gaan hy voor dooiemans deur kom. Sou hy stop, kan ek hom darem die sleutel gee. Ewentwel, ons staan nog en gesels toe kom die stem, “Tannie, moenie ‘n woord glo wat hy sê nie. Uit die veld geslaan kyk ek om. Daar staan die vrou toe. Ari gedorie. Ek wil nie lelik wees nie, maar sy herinner my toe sterk aan ‘n “sunburst” tekening.
“Hoekom nie?” Vra ek. Wie de f.. is buitendien haar tannie? Sy lyk maklik tien jaar ouer as ek. “Hy is van lieg aanmekaar gesit.”Antwoord sy. Nou kyk, groot soos my BB is, is sy lontjie maar kort. Hy word maklik kwaad. Ek hou sy hand van toe hy omdraai en sê “Ag nê.” Nou nie dat hy haar sal klap nie, maar die mens lyk bietjie ongebalanseerd. “Askies Tannie, Askies Oom, ek het gedink dis my verloofde.” Oom gaan dit deur my kop? Sy lyk oud genoeg om sy ouma te kon gewees het. Ons staan net en kyk. toe kom dit weer, “Het Tannie nie vir my R10 vir brood nie. Ons het gisteraand aangekom en my verloofde is weg om geld te gaan trek maar is nog nie terug nie. Ek wag al heeldag.” Sy het ‘n Jack Russel aan ln leiband. Hy is skoon en lyk goed versorg. “My hondjie is ook honger.”
Omdat ek weet ek het net genoeg geld om die haarkapper te betaal, (sy doen nie kaart nie) kyk ek na BB en hy kyk in sy beursie en haal R50 uit. Hy vertel haar toe dat sy vir die hondjie ook iets moet koop. Sowat twee jaar later staan ek die dag in Pep toe hoor ek hier agter my “Middag Tannie.” Ek het nie omgekyk nie, toe word die groet herhaal. Ek kyk toe om om te sien wie die “tannie” is. Was blykbaar ek. Weer die sunburst gesiggie. (O, kriek. Ek het nie gesê hoekom sy my aan ‘n sunburst herinner nie.) Die vrou is blykbaar ‘n reisiger. (Sal haar nie ‘n boemelaar noem nie. Sy was nes die vorige keer skool na liggaam en klere. Die hondjie is weer saam, pragtig en skoon.) “Het Tannie nie vir my R10 nie? Ons gaan nou weer op die pad en ek wil net vir my hondjie iets koop om te eet.”
Dadelik herken ek haar, Dis Sunburst. Met haar hondjie en haar “verloofde”neem ek aan. Ari gedorie. Hoe op die gesig van die aarde kon sy my BB met haar “verloofde”misgis?” BB is 1.95m lank, breedgeslouerd, oë donkerder as sy hare en so strepie ken baard wat jy die ding ookal noem. Die “verloofde”is korter as ek. Oud verniel maar darem skoon. Al wat hy gemeen het met my BB is die blasserige vel. “Verkoop die ou hondjie aan my seg ek, dan sal hy altyd versorg en gevoed wees.” Haar antwoord was “Haai nee tannie ek is te lief vir hom.” Ek het vir die hondjie by Spar twee blikkies kos gekoop en vir hulle gegee.
Verbeel julle my verbasing toe ek nou op die heilige Sondag in Hazyview hoor “Hello Tannie” en daar sit Sunburst op ‘n bankie voor die Wimpy. Minus haar verloofde en haar hondjie. Ek sien sy praat maar hoor nie ‘n woord wat sy sê nie. Ek loop nader en sy herhaal wat sy gesê het. Skone verbasing laat my wragtig weer vra ” Ekskuus?” Toe herhaal sy ” Het Tannie nie vir my ‘n paar rand om ” hier beduie sy die derde keer na die Wimpy ” ‘n bietjie tee en ‘n paar snytjies brood hier te gaan eet nie?” Nou kyk, vermetel sien jy baie. Maar dit was vir my die toppunt. Moet ek ook bylas, sy sit met die beursie groot oopgetrek om my te wys sy het nie geld daarin nie, maar sy het ‘n pakkie sigarette styf in die ander hand vasgeklem.
Nagedagte: Sy het nie tande nie, maar soos ek genoem het, vandag nes die vorige ontmoetings is sy skoon en gegrimeer. Maar omdat sy nie tande het nie (neem ek aan) is daar soos fyn krake reg om haar mond en die lipstiffie maak sulke rolletjies in die krake wat my vanaf die eerste keer aan ‘n sunburst herinner.
Verleentheid bo verleentheid
Ek mag dalk al genoem het, dat ek maar bra winderig is. Dit is met tye so erg, dat ek my kop nie by die deur uitsit nie. Dit maak ‘n kluisenaar van my. Vriendin kom my eendag in Spar teë en dit kan nie hoër of laer nie, of ek moet nou saam met haar by haar huis gaan tee drink. Wel, uitkom kans is daar nie en ek gaan drink tee. Ek was so lanklaas daar, dat hulle my deur die tuin neem om die opslag plant en daardie daardie grassie en nog ‘n ander voëlnes gaan wys. Ari gedorie.
My uhm wange, bo en onder kompeteer met mekaar in die styfste afdeling. Ek weet later nie meer water stel die styfste is nie. Ek knyp net. Ewentwel, daar tuimel die tuinslang wiel van die boom af en die uwe nes hulle, spring terug.Ek vertel hulle altyd om nie agter my te stap nie. die een doen wat ek vra, die ander sê prontuit sy sal stap waar sy wil. Maar nou ja, die terugspring het tot gevolg gehad dat my knyp verswak het en daar gebeur die ergste toe. Die slag is so fel dat die dikvellige hadidas al skrouend uit die boom opvlieg en al skellend die hasepad kies.
Asof my verleentheid nie al erg genoeg is nie, kom die stem van agter my. “F….. onbeskofte ding. Was dit nodig om in my gesig te k@k?” Haastig voel ek, maar dis nog droog. toe kom ek agter die voorste een skud soos sy lag. “Jy wil mos loop waar jy wil.” Sê sy terwyl sy trane afvee.
Ek het daarna vir lank draaie om hulle gestap. Maar nou ja, nou het sy geleer om voor my te stap. In haar eie woorde, voordat ek weer in haar gesig k@k.
Gedagte van die dag. A Vogel se Alkaline powder is ook magteloos om ‘n wind te keer.
My lewe flits voor my oë verby
Wee jy, ek sou die eerste gewees het om daaroor te giggel en glo my, onlangs was ek. Daar loop ek toe gister so ewe stofsuier onder die arm die twee trappe af om gou te gaan stofsuig. Haak my voet toe mos vas op die strippie ding wat die teëls wat ek self gelê het, in plek te hou en daar gaat ek kop oor gat van die twee trappies af.
Maar kyk, ek slet daar neer nê, bo oor die ou Hoovertjie gevou en lê en wag vir die beelde van my lewe om voor my oë verby te flits. Maar al wat gebeur is dat my enkel so seer is ek besef dadelik, “dis darem nie gebreek nie.” Dìè pyn vang mos ent verder eers met jou op. Toe besef ek ook, ek haal nie asem nie, want my ou asempie is in die Hoovertjie in. Lig myself so entjie en drukk die Hoovertjie uit die pad en kyk na die pyn. Dêmmit, my voetsool kyk skoon op dak toe. Toe smyt die Hoovertjie my asem terug. Ek hyg en lag ter dieselfde tyd. Dan die een dan die ander.
Toe kom Homer gillend ingehardloop “Wats fout? Het jy seer gekry?”Probeer my sommer net daar optel. Dit ‘n man wat meer noodhulp kursusse gedoen het as wat ek koeksisters gebak het. “Wat het gebeur?” vra hy. “Het jy geval?” Terwyl ek woes klap dat hy my op my voete help en nog asem probeer reguleer terwyl ek lag en hyg sê ek baie eerlik “Ek wag vir die movie om te begin.”
Gedagte van die dag: Gn movie het begin nie, maar vandag is my enkel en groottoon ewe blou. So ek neem aan geen parkruns vir ‘n week og twee nie.
Nie weer nie.
Ja, raait, ek hoor jou. Hoeveel kere het ek net nie gesê “4k die k@k, ek lê nie weer een enkele bottel goed in nie. Mens, ek het sover gegaan en sakke vol bottels, vlesse, wat jy hulle ookal noem net Vrydag vir oom Ridder gegee. Sedert Oktober bymekaar gemaak vir hom.
Sien dit was sy verjaardag in Oktober en sy verjaardag geskenk was in een van die sakke. As hy hier gekom het. het ek toet en taal vergeet om dit vir hom te gee en elke keer het daar net nog ‘n bottel ingegaan. Ewentwel, kom ek vanmore uit die kerk met geen intensie om enige iets in te lê nie. Gaan net gou by die winkel in om melk te kry en kom op die mooi vars beet af. Ag, aarde tog, daar spring twee bossies beet in my mandjie en verseg om terug op die rak te gaan.
Al stoeiend kom ons by die til aan en pleks dat die kassiere en sekuriteitswag my help om die goed te gaan bêre, lui sy dit alles gou op en die wag help my so ewe om die goed in die Fordjie se kattebak te laai. Tuis onthou ek ek het ses botteltjies gebêre om Maart wanneer die rissies reg is, my voorraad “Sweet chili’ in te lê. Voor ek mooi weet wat gaan aan, kook daardie beet in die pot op die stoof. Goed so, hulle wou mos in my mandjie spring.
Toe lê en glimlag die uie ook nog vir my. Nou ja. Ousus is besonder lief vir kerriebeet. Mina ook. Maar Ousus kom meer gereeld kuier. Dan maar die glimlaggende uie opkap en kerriebeet maak. Nou glimlag hulle nie meer nie, maar Ousus gaan. Dis nou as sy die bottel kan oopkry. Gou vir Ouma ‘n botteltjie oor die pad neem, met dien verstande ek soek tog net my botteltjie terug vir die pepperdews oor twee maande. Nee wat seg sy, sy sal sommer ‘n ekstra leë botteltjie gee vir haar “rissietjies”ook. Mens moet mos darem ‘n plannetjie maak.
Gedagte van die dag: Ek het mos nie nooit gesê nie.
Nuwe skooljaar.
Skool het skaars begin toe kom my vriendin aan en sê “Jy sal nie glo nie, my kleinkind moet ‘n praatjie lewer oor vrees.” Goeie vy! Kinders behoort nie eers te weet wat bang is nie.
Dan is dit sommer vrees. Arie gedori. Daar probeer ons die kind help om die praatjie vir hom te skryf. Maar glo vir my al waarmee ons vorendag kon kom is politiekery wat vrees inboesem. Hoe verwag hulle moet ‘n elfjarige kind oor so ‘n onderwerp kan praat.
Moet egter erken, ek sou graag ‘n vlieg teen daardie klaskamer se muur wou wees om te hoor oor watse vrese die graad ses leerlinge vorendag gaan kom.
Gedagte van die dag: Praatjies lewer is nie vir sussies nie.
Barones van Facebook.
My vriendin het die ander dag verjaar. Ek het eers laterig onthou sy verjaar en wou nie bel nie, dalk slaap haar huismaat al. toe sms ek haar maar om geluk te sê. Ek weet dis lam, maar seker beter as niks.
In elk geval, toe ek my bybelversies wou lees, bly sê dit 11 November. Toe ek die derde keer uitlog, toe besef ek dit is inderdaad die 11de, een dag na haar verjaardag.
ek het die volgende dag maar na haar gery en verskoning gaan vra. Ai, raai, sy vra “But didnt you see the big “woo hah”facebook made about my birthday?” Ag ne, dink ek maar herinner haar dat ek nie fb nie.”Didnt Homer tell you?” Toe ek kop skud gaan sy voort “Facebook really went to town for my birthday. I’m sure Homer told you.” Ek vra toe of sy dan Homer se fb friend is. Want as sy nie is nie, sal hy nie haar “notofications sien nie.” Waarop sy antwoord “I’ve got such a lot of fb friends I simply cant keep track of all. But people from around the world congratulated me. I still havent finished reading all the wishes.” Great stuff. Sy is ‘n aandag vraat, ek is seker sy moes dit so geniet het.
Ewentwel, die aand sien ek Homer is besig op sy skoot rekenaar en die wifi se liggies flits vrolik. Ek het gevra of hy op FB is waarop hy affiematief geantwoord het. Ek het haar opgesoek, raai net? Sy het presies 23 FB vriende en op haar verjaardag het sy presies sewe boodskappe gekry.
Gedagte van die dag: Dreams are good friends. Ek moet meer uitkom.
Snuffels