Dirrrrty dancing

Junie 29, 2011 at 7:00 vm 15 Kommentaar

Ek het gister gehoor dat die jaar se evaluering van laer skool kinders se vordering ook maar betreuringswaardig is.  Beide letter en syfervaardigheid suig.  Dit het my so bly gemaak dat my kinders voor die katestrofe van uitkomsgebaseerde onderwys klaar met skool was.

Ek voel nog al die jare dat die werk of dan taalvaardigheid wat my kinders op skool gehad het, veel te wense oorgelaat het.  Hulle ken nie gedigte nie.  Hulle kan nie voordra nie.  Hulle kan nie diffirensieer tussen woorde wat dalk dieselfde klink maar anders gespel word nie. Geen wonder dat daar soveel kinders in hulle tyd “disleksies” was nie. Dan moet ek hier noem, my kinders het skool gegaan in die tyd dat ‘n onderwyser nog ‘n lat gehad en gebruik het.  Wat verwag ‘n mens dan nou eintlik van die kinders wat nou geweeg en te lig gevind is?

Ek is ‘n voorstander van ‘n redelike pakslae.  Van korrektiewe huiswerk.  In ons dae was jy gelooi en dan moes jy nog korrektiewe huiswerk ook gedoen het.  Woorde tot tien keer uitskryf.  Somme ook.  Vandag ken ons die verskil tussen ‘n mier en ‘n muur.  Keur en keer.  Tussen rys, reis en ruis.  Ek sê nie dat dit in kinders se koppe geslaan moet word nie.  Net dat die onderrig metodes wat nou toegepas word nie werk nie.  Nie eers amper nie.

Dit is tyd om terug te keer na wat gewerk het.  Al was die die witman se breinkind.  Ons kan nie vooroordele in die pad van ‘n kind se geleerdheid hou nie.

Gedagte van die dag:  Wees ‘n beter mens as jou vyand.

Entry filed under: Naarhede.

wee jy!!!! Skrik nie

15 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Junie 29, 2011 om 8:10 vm

    EERSTE

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Junie 29, 2011 om 8:11 vm

    Ek dink dat daar te veel onderwysers is wat nooit onderwysers moes wees nie.

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Junie 29, 2011 om 9:06 vm

    nou kyk, dis n feit soos n perd.

    Antwoord
  • 4. murphy  |  Junie 29, 2011 om 9:36 vm

    Ek dink ‘n groot deel van die skool se opvoedingstaak berus nou by ons as ouers. Gelukkig is my kinders in ‘n goeie kleuterskool, maar wat van die armes, wat oorgelaat is aan onderwysers wat onder bome sit of in die sonnetjie?

    Antwoord
  • 5. Olga  |  Junie 29, 2011 om 11:16 vm

    daar het jy dit murph. Wie gee om oor hul? Net die belastingbetaler wanneer hy/sy hoor sy/haar swaar verdiende geld was alweer bele in n kultuur van selfdiens.

    Antwoord
  • 6. Gerda. J  |  Junie 29, 2011 om 12:19 nm

    alweer een van daai dae. ek comment 10 keer en alles raak weg.

    Antwoord
  • 7. Gerda. J  |  Junie 29, 2011 om 12:21 nm

    of is anc, staat en regering nou ook ongewensde woorde?

    Antwoord
  • 8. Olga  |  Junie 29, 2011 om 1:14 nm

    ek het al opgehou herhaal. As dit eerste keer nie publiseer nie, is dit maar daarnatoe. Veral as ek ‘back’ druk en my txt is nie daar nie.

    Antwoord
  • 9. Sonlig  |  Junie 29, 2011 om 3:23 nm

    Ek verstaan hulle skakel weer volgende jaar terug na die “ou” manier van onderwys – soos wat ons dit geken het.

    Ek dink ons kindertjies (en dié van ons wat by ons kinders se skoolwerk betrokke is) gaan lááááng trane huil om weer aan die massas werk gewoond te raak.

    Sal maar solank opstock op die halfjêkkies!

    Antwoord
  • 10. Olga  |  Junie 29, 2011 om 3:29 nm

    ek kan steeds nie dink hoekom hul moes gaan krap en karring aan n stelsel wat goed gewerk het nie.

    Antwoord
  • 11. Klip  |  Junie 29, 2011 om 8:19 nm

    Ja nee , skool , dis nou vir jou n ding. Sjoe ek kan nie veel se nie , want ek was nie lank genoeg in enige klas om n mening te lig nie

    Antwoord
  • 12. Klip  |  Junie 29, 2011 om 8:21 nm

    Nuwe geskiedenis, anc rekeningkunde, sal die kinders dit ooit verstaan.?

    Antwoord
  • 13. Klip  |  Junie 29, 2011 om 8:22 nm

    “Google” gaan seker een van die hoof vakke op skool wees

    Antwoord
  • 14. Klip  |  Junie 29, 2011 om 8:24 nm

    Kinders moet net in die kleuterskool leer om te “copy and paste”, mamma kan dan so n bietjie photo shop doen om al die take mooi te laat lyk.

    Sal kinders darem nog die vooreg he om met n pen te kan skryf?

    Antwoord
  • 15. Olga  |  Junie 29, 2011 om 9:58 nm

    Ek dink penne is ook al ‘n gekiedkundige instrument. Ek het nog, die res is seker in museums. :lo: Anc rekeningkunde sal die hoofvak wees.

    Antwoord

Lewer kommentaar op Olga Kanselleer antwoord

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter