wee jy!!!!

Junie 28, 2011 at 7:00 vm 11 Kommentaar

Ek moet regtig nou ophou om nuus te kyk of te luister.  Die nuusmakers is so slim dat dit my nie eers meer amuseer nie.  Homer was maande lank werkloos daarom verstaan ek waaroor dit gaan.  (Dis ook nie in alle gevalle regstellende aksie nie.  Al het hulle opkomende sy gat so gou gesien, hy herstel nou nog daarvan.)

Eers het onder andere Cosatu so tekere gegaan met hulle eise hiervoor en eise daarvoor en minimum salarisse dat mense soos die uwe, wie net so vir wat dit werd mag wees meer (30% meer) as die minimum salaris wat Cosatu en die Anc voor geskree het, die huishuur laat gaan het.  Ek het seker al twaalf jaar nie meer ‘n huis hulp nie.  Ek het toe wel nog ‘n tuinier (ok dan, deeltydse)  gehad.  Toe kom al die wetgewing en weer sê die uwe toe dat ek nie kan bekostig nie.  Al het ek ook meer as die minimum loon betaal.  Nou maak ek gebruik van tuindienste en die reëls en regulasies is nie my probleem nie.  Deesdae is huishulp en tuinwerker al amper bedreigde beroepe.

Ari gedorie.  Nou skree Cosatu weer vir mediese fonds en behuising vir die algemene werker.  Meeste plaasboere kan nie mediesefonds vir homself bekostig nie, maar daar gaan nou van hom verwag word om sy werkers met mediese fondse te voorsien.  Nie net die plaasboere nie, maar dit gaan seker van almal wie werkers in diens het verwag word.  Wat gaan die volgende logiese stap wees?  meer werkers en / of ambagslui gaan voel hulle kan in elk geval die werk gedoen kry sonder die helper.  Iemand het my reeds anderdag gesê dat hulle vyf en vygtig werkers by hulle firma is, waarvan net vyf nie swart is.  Soggens kom hulle by die werk en trek ten minste vyf en dertig van die werknemers ‘n laer en volg die son tot sowat 8.30 maar meer dikwels tot 9:00 voordat enige van hulle hulle draradio’s sal aansit.  Tot dan is hy en die ander wit ambagsman verantwoordelik vir alle “breakdowns.”

Nou ek is geen wetsgeleerde nie, dit is seker hoekom ek voel wat die werkers doen kom neer op diefstal.  Want 17:00  as die fluit blaas, stap hulle reeds deur die hek.  Ek wonder net hoeveel langer kan  die werkgewer (B-BBEE weliswaar) die 90 tot 120 onproduktiewe minute bekostig?  Maar wag, dit wil lyk asof Cosatu se eise vir medies en behuising en nog groter salarisse eerdags ook van die werkers ‘n bedreigde beroep gaan maak.

Gedagte van die dag:  Wanneer gaan Cosatu as ‘n politieke party registreer???

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Bedagsaamheid Dirrrrty dancing

11 Kommentaar Add your own

  • 1. toortsie  |  Junie 28, 2011 om 8:48 vm

    Het gister gehoor een of ander vakbond vra dat AL hulle werkers oor die HELE land staak vir beter lone. Nou ja, ek glo almal kry alreeds waarvoor ooreengekom is?
    Hulle verseker dat mense moedeloos raak en mense afdank en dan kan hulle lekker steel en dan vlug ons!

    Antwoord
  • 2. Selene Phoenix  |  Junie 28, 2011 om 8:50 vm

    Nee kyk dan word ek more ‘n huishulp!! My huidige werk gee nie eens medies nie, ook nie pensioen nie! My medies is amper R2000 ‘n maand!

    Ek sal maar iemand se huis gaan skoon maak, ek moet net leer om te stryk!

    Antwoord
  • 3. Xena Phoenix  |  Junie 28, 2011 om 9:02 vm

    Ek wonder of Cosatu al daaraan gedink het dat hulle die Piesang in Piesangregering sit?

    Ek kry ook nie medies nie.

    Antwoord
  • 4. Olga  |  Junie 28, 2011 om 9:19 vm

    selene, ek kry medies en pensioen en ek slp by die baas. Ek is al 12 jr di huishulp. He he, daarom kry ek voordele.
    Wat van jou toortsie?
    Grieters, cosatu het bymotiewe. Kom k wed jou die huishulp in mnr rooi baadjie se huis kry minder as minimum loon.

    Antwoord
  • 5. Selene Phoenix  |  Junie 28, 2011 om 10:21 vm

    Olga 😆

    Antwoord
  • 6. leonvonmoltke  |  Junie 28, 2011 om 11:21 vm

    Hulle kannie, hulle het te min steun.

    Antwoord
  • 7. Olga  |  Junie 28, 2011 om 12:09 nm

    ek hoop van harte so leon.

    Antwoord
  • 8. Gerda. J  |  Junie 28, 2011 om 12:29 nm

    ek dink as cosatu n politieke party was het hulle los hande gewen. dan was blankes in sa. in hulle moere of in hulle grafte.

    Antwoord
  • 9. Olga  |  Junie 28, 2011 om 12:58 nm

    dis nie n mooi prentjie nie gerda. Tog is ek geneig om saam te stem.

    Antwoord
  • 10. Sonlig  |  Junie 28, 2011 om 1:56 nm

    Mirrag, mirrag!

    Ai! ‘n Pakkie in die pos is darem maar woes lekker!!

    Olga, BAIE dankie vir my pakkie wat ek vandag ontvang het! Het so bietjie lanklaas pos uitgehaal, so dit was nou ‘n lekker verrassing om nie net gemorspos, verkeersboetes en lisensie-aanmanings vir alles wat beweeg te kry nie. En NET wat ek nodig het vir hierdie bitter koue winter.

    Vanaand spog ek met pikante voetjies in blou!

    Nogmaals dankie!

    Antwoord
    • 11. Olga  |  Junie 28, 2011 om 11:30 nm

      Bly jy het dit geniet. 😉

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: