Kerk, ja. alweer.

September 19, 2012 at 9:56 nm 3 Kommentaar

‘n Mafia vriendin het my die anderdag ‘n paar ou eksemplare van “Southers cross,” soort van ‘n Mafia koerant gegee. Wat ek met belangstelling gelees het.

Daar was ‘n artikel oor ‘n “Eucaristic congress” wat gehou was. Hulle het ‘n baie goeie opkoms gehad. Daar was egter ‘n dame, van Shoshanguve, het egter opgemerk hoe geskok sy was oor die feit dat die blankes feitlik heeltemal afwesig was. Met ander woorde, daar was seker net wit predikante teenwoordig. Dit het nou volgens die joernalis vermeldigswaardig. ek het so gewens dat dit nie ‘n ou koerant was nie. Ek sou Betty Mphile graag wou antwoord.

Betty, ek weet nie hoekom dit jou verbaas nie. Ons was ons lewe lank aan waardige dienste gewoond. Toe het 1994 gekom en weet jy wat? Ewe skielik was die Katolieke kerk soos ek dit geken het, soos my ouers dit geken het, soos my kinders dit geken het, iets van die verlede. Vir elke baketel, Betty, word mamma Betty of Baba Sipho op ons afgedwing om ons te kom vertel hoe hulle dink dit gedoen moet word. Wat hulle dink ons aan die kerk verskuldig is. Hoekom kan die predikant nie self sy mond oopmaak en sê wat hy wil hê ons moet weet nie? Is dit omdat politieke korrektheid by hulle swaarder weeg as Christelike doktrine?

Dan staan mamma Betty daar ons christelikheid en bevraagteken terwyl sy, die ma van tien kinders van ses verskillende mans nog steeds nie een keer ‘n mevrou was nie. Met ander woorde, ‘n egbreker, maar sy wil ons Christelikheid kom bevraagteken omdat ons nie ‘n kongres bygewoon het nie. Betty, ek het ‘n vraag vir jou. Hoekom het ons kerk so Verafrika dat dit leeg loop?

Toe ons net in die laeveld gekom het, het ek en my Tumi menige Sondag oggende Witrivier toe gery en ‘n stampvol kerk aangetref. Dit was toe Publieke werke in Pelgrimsrus nog die kerkie vir hulself gehou het. Toe word die kerkie weer aan die Katoliek beskikbaar gestel. Om mee te begin, was die gemeente agt families sterk. Menige Sondae het ek en Homer met een ander gemeente lid die opkoms vir die mis gemaak. Wat het van die ander ses families geword?

Toe ek nou gelees het wat Betty so geskok opgemerk het, het dit my getref. Die Katoliekekerk met sy eens statige en waardige mis het lankal plek gemaak vir ‘n Geafrikaseerde geloof wat bra ongemaklik aan ons kom sit het. Daar is soveel rites wat nou vir ons vreemd is. Soms wonder ek as die kerk so leeg is en ons moet sing, of kollekte opneem, is dit die 48km se ry vir die padre die moeite werd? Ek het hom al gevra. Sy antwoord was dat die feit dat ons bereid is om na hom te luister, maak dit vir hom die moeite werd. In die ander gemeenskappe daag tien mense op vir mis en verlaat dan die kerk want hulle vind dis nie die moeite werd om te sit en luister nie. Wat my vertel dat dit nie net wit Katolieke is wie die Geafrikaseerde kerke druk nie. Is dit nie ‘n duidelike teken dat dit tyd is om terug te gaan na die ou manier nie? Nou, terwyl ons nog onthou waaroor dit gegaan het. Oor God. Nie oor eenheid en rekonsiliasie nie.

Olga is mos nie op haar bek geklap nie, ek noem met elke vergadering waarop die kwynende getalle kerkgangers ter sprake kom dat “Afrikanisme” die Katolieke uit die kerk verjaag. Ons predikante kom van oorsee af en hulle kom nie soseer om Christenskap te kom versterk nie, dit wil my al hoe meer voorkom dat hulle kom om eenheid en rekonsiliasie te kom bewerkstellig. Ons Suid Afrikaners vaar goed genoeg op ons eie manier, dankie.

Gedagte van die dag: Reik uit. Na God se gebod, dan sal eenheid en rekonsiliasie vanself volg.

Entry filed under: Bitch en Moan.

Drink a drink a drink Die lewe

3 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  September 21, 2012 om 8:03 vm

    Dalk moet jy vir die Southern Cross ‘n briefie skryf.

    Antwoord
    • 2. gerdajansen1  |  September 21, 2012 om 10:05 vm

      as olga so n brief skryf sal hulle te polities korrek wees om dit te lees.

      Antwoord
  • 3. silver price  |  September 23, 2012 om 7:48 vm

    Hauerwas heeft gezegd: de kerk heeft geen programma of strategie, maar is een programma, is een sociale strategie. [xiv] De kerk moet zich primair toeleggen op het kerk-zijn, er zijn voor God, elkaar en de naaste. De kerk als proefpolder en voorbeeldsamenleving.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter