Posts filed under ‘Bitch en Moan’

Praat van….

Ag, nou ja.  Vandag doen ‘n whats app boodskappie die rondte dan vanaf môre, 1 November 2017, sal ons geen meer sosiale media vryheid of dan privaatheid hê nie.  Hoe waar dit is, sal ek nou nie wil ma staan voor nie.  In hierdie ou landjie van ons is niks mos onmoontlik nie.  Maar blykbaar gaan Facebook, Twitter, Whats app en so voort alles gemonitor word.

Dus, seker nou kommunisme in wording.  Alhoewel, ek het nog altyd gedink dit gaan gebeur. Maar, ek moet nou nie afdwaal nie.  Sedert ek maar onthou, het ons 15kilgram aartappels gekoop.  Toe het dit 10 kilogram geword, deesdae is dit al 7kg.  Toe het ‘n sak hondekos wat nog altyd 10kg was, skielik 8kg geword en deesdae is dit natuurlik meer dikwels 7kg.  Tog, by die Petshops is die spesialis tipe hondekos nog steeds in 10kg beskikbaar.  Dis nie asof ons minder betaal het vir die kleiner maat nie. Inteendeel, ons moet seker nou die verstellings aan die masjiene om die gewig aan te pas en die regstelling op die sakke met elke aankoop borg.

Tamatiesous was al die jare 750ml, toe tel ek eendag ‘n bottel tamatiesous van die rak af en dit voel ligter as wat dit moes wees.  Homer het toe gesê “Pure verbeelding.” Tuis, merk ek altyd eers die kruideniersware met die datum.  Toe ek die tamatiesous merk, merk ek sommer op dis net 700ml.  Maar die bottel tamatiesous was ongeveer R2 duurder as die vorige maand.  Ek moes natuurlik toe gaan seker maak, die bottel in die yskas was nog 750ml.  Ons gebruik natuurlik bitter selde tamatiesous oor die kos, eerder in die kos soos kerrie noedelslaai waarvoor almal in die gesin besonders lief voor is.

So het ek eendag twee pakke van 2.5kg suiker van die rak afgehaal.  Toe het ek gesien ‘n ander soort is goedkoper.  Toe het ek Homer gevra om te gaan omruil.  Ons was al besig om ons inkopies uit te laai om opgelui te word, toe het ek gesien die pakke suiker was net 2 kg, nie 2.5kg nie.  Nodeloos om te sê het ek nie gedink dat die R1 wat die kleiner maar goedkoper was, was enigsins special nie.  Ek het die dame gevra om te wag en weer gaan omruil.

Maar alles is mos so anti kolonialisme.  Ek kan met sekerheid sê ek het meer van die pond en onse stelsel vergeet as wat ek ooit geleer het.  So die vraag waaroor ek nou wonder, is waarheen is ons oppad met die nuwe gewigsmate? Watse veranderings in gewigsmate het julle al opgelet?

Gedagte van die dag:  Wil ek byhou?

Advertisements

Oktober 31, 2017 at 8:57 nm 10 Kommentaar

Waar is die vertroue?

Homer probeer nou al ‘n geruime tyd sy mtn kontrak kanselleer.  Wat? Net mtn?  Waar ons voorheen gewoon het, kon mens nie eintlik net een selfoonmaatskappy ondersteun nie. Meestal het ons ‘n paar dae per week nie die een of ander se sein gehad nie.  Ewentwel, toe ons dorp toe getrek het, het ons besef al is daar meestal maar probleme met internet toegang, is daar nogal volhoubare sein.  Dus het ons nie meer twee selfoon nommers van die twee selfoon reuse in Suid Afrika nodig nie.

Toe ek die eerste keer my kontrak met mtm wou kanselleer, het hulle hierdie goeie aanbieding gehad wat net te goed was om te los.  Daar kom ek toe weg met ‘n nuwe selfoon en steeds goedkoper lugtyd as wat ek sou kon koop en nog boonop gratis data ook.  Verlede jaar laat weet Simon op die buurdorp by Mtn dat hy ‘n simpel foon het (stroes bob, dis die woorde wat hy gebruik het) wat hom aan my laat dink het en toe het hy gaan seker maak en ek kan al opgradeer.  Wel, daar gekom, moes ek toe nou hoor ek moes nou minute neem om gratis data te kry want hulle is besig om die lugtyd kontrakte uit te faseer.  Maar soos almal weet, het Mtn mos die goedkoper oproep en sms tariewe gehad wat op “Pay as you go en lugtyd gebruikers werk maar nie met minute nie. Hulle het dit steeds. Maar hy het nie op die stadium die foon beskikbaar nie.  Maar met Homer se vorige authorization op sy stelsel, is dit geen probleem nie.  Ek kon maar kom teken wanneer hy die foon ontvang.

Teen die tyd dat ons weer tuis gekom het, het my grysstof al begin werk.  Hoe kan die nuwe kontrak met die duur oproepe tot my voordeel wees?  Toe hy my sowat twee weke later bel om te sê hy wag nog vir die “simpel” foon om te kom, maar hy het ‘n “beter”foon wat hy my kan gee vir net so effens meer.  Toe het ek gesê ek stel nie in die minute belang nie. Ek soek lugtyd en gratis data of ek stel nie belang nie.  Ai tog.  Simon het uit sy pad gegaan en kon my uiteindelik ‘n baie beter foon gee vir dieselfde prys.  Maar die ding is mos, dis die lugtyd en gratis data wat ek wil hê, nie die beter foon nie.  Uiteindelik het ek hom gesê aangesien die “authorization”nie die doel spesifiseer nie, kom ons gebruik dit en skakel my nommer om na pay as you go.  Sjym man, toe Simon agterkom “he’s been had” het ek dit amper weer gekanseleer so jammer was ek dat sy hulpvaardigheid hom ‘n fout laat maak het wat hy nie trots op is nie.

Die jaar was dit mos nou Homer se beurt om te “upgrade”. Dieselfde storie. Maar hy het soveel lugtyd dat hy nie kan omskakel nie.  Want as hy nou pay as you go gaan, gaan hy die lugtyd (net onder R1 000) verloor. So dit gaan nou al om en om sedert Januarie.  Hy kry nie lugtyd klaar gebruik nie.  Want wanneer hy nie afslag kry nie, dan kry hy wragtig lugtyd as ‘n oproep ‘n sekere tydsduur oorskrei.  Anderdag bel hy hulle want sedert die einde van die kontraktyd, was sy rekening nie aangepas nie.  Hy het twee kontrakte, een vir sy tablet en een vir die foon.  Dadelik maak hulle hom ‘n goeie aanbod met sy ou toestelle.  Regtig, jy sal nie eers by Pep goedkoper lugtud (nie minute nie) kry nie.  Hy aanvaar.  Maar hulle sal nou vir hom nuwe simkaarte moet stuur. Hoekom?  Nee dis maar hoe dit werk.

Vandag kom die koerier hier aan met die twee koeverte.  Hulle het gister gebel om te sê hulle kom.  Hy moet proof of (FUCKING) residence en ‘n kopie van sy id reghou.  (“N KOPIE IS MOS EEN?) Vandag is hy uithuisig om ‘n werk te doen en die meneertjie dring aan Homer moet teken.  Hy het die mens wie gister gebel het, uitdruklik gesê hy sal nie tuis wees nie.  Die koerier bel toe sy “Manager”en die sê toe hy kan die PROOF OF (FUKING) RESIDENCE waive, maar daar moet TWEE id kopieë wees en Homer moet persoonlik teken.

Wel, toe staan Olga regop in Olga.  Toe vertel ek hom om die ou koevertjies vir sy manager terug te gee en die manager te vertel hy kan Mtn laat weet hulle stuur die ou simkaartjies met ‘n ander koerier of hulle druk hulle kontakte waar die son nie skyn nie. Arme man kon eenvoudig nie sy kop om sulke kak kry nie.  Staan hy voor my en bel vir Homer om te kla wat sy “spouse” doen.  om toe net te hoor “Well, in that case you can personally in person, tell you manager te do as my spouse said.” Fok DST couriers en Mtn met lof.  Ek kan ander diens leweraars kry.

Gedagte van die dag:  Fok hulle weer.

Oktober 12, 2017 at 11:42 vm 5 Kommentaar

Wie gaan my help?

Kyk as Willetjend nog in die omtrek was, sou ek beslis ‘n kans gewaag het.  Dan sou ek 90% seker gewees het van ten minste ontsnapping.  Beter nog sy sou kom help het, ons sou so getantrum het, SAPD sou ons uitgesmyt het net om ‘n mate van vrede te hê. Maar toe krap sy ‘n man uit en sabander uit blogland en sederdien was ek verplig om in my spoor te trap.

😆  😆 Hoekom kla ek nou weer?  Elke keer dat &^%$#%^&^ Telkom hulle leer komoprig hier buite teen die paal, het ons dae lank geen internet toegang nie.  Nie eers laat in die aand nie.  Julle sal nie weet hoe ek begeer om by die hek uit te storm en daardie verbrande leer te gaan omskop as die tegnikus daar bo teen die leer staan om in daardie kassie te karring nie.  Maar ek wil gn niks my hakke gaan skop in ‘n aanhoudingsel nie.

Ek sal ‘n moord begaan.  Nee, ek sal tien teen een vermoor word.  As ek nou van binne kon tantrum en Willetjend van buite sou hulle ons altwee uitgesmyt het.  Die mannetjie stry blou moord, hulle “werk”kan geheel en al nie ons sein beïnvloed nie.  Maar ek belowe julle hy praat snert.  Want elke keer as een van hulle teen die paal opgaan, is ons sein moerland toe.

Gedagte van die dag:  Vasbyt Olga.

Oktober 9, 2017 at 10:28 nm 11 Kommentaar

tol se hol

 

 

Ek was onlangs vir ‘n ruk in Gauteng.  Om daar te kom, moet ek deur drie tolhekke gaan.  Eerste is Machado plaza wat ‘n allermintige R83 kos.  Hoe nader aan GP, hoe goedkoper raak dit darem.  Middelburg plaza is R56 en natuurli, die laaste een, Diamond hill plaza is maar net R34.  Ai, ek is so gewoond aan net’n kaart aanbied dat ek gewonder het of ek tolgeld kon afwerk deur die pad te was.  Nooit besef mens kan net met ‘n kredietkaart wat ek nie besit nie, betaal.  Maar dikwels lê wonders ook maar in die pennybox waar die munte vir die karnar gebêre word.

Nou hoekom ag ek dit gerade om dit te noem?  Die liewe padwerke.  Goeie geeftag.  Dis seker ‘n hele dekade, (tien jaar) laas dat daar nie padwerke was nie.  Dat ek by die huis in my Fordjie kon klim en regdeur ry Pretoria toe sonder om een Stop/Go te kry.  Dis nou, as ek reg onthou.  Ek het met die gaan vyf gekry.  Met die terug kom ook vyf.  Vier van hulle tussen die Machado en Sudwala afdraai.  Moet egter nie dink dat hulle jou ‘n rand afslag sal gee vir die ongerief wat die bog jou op die hals haal nie.

Toegegee, die padwerke is tot voordeel van die gebruikers.  Maar en dis die deel wat ek nie kan klein kry nie.  Hoekom word 1okm pad toegemaak sodat hulle op 150m kan werk?  Dan staan daar ‘n paar mense by die “Stop” Dan is daar vir kilometers niks en niemand te bespeur nie.  Nie eers pad wat stukkend gekap is nie.  Dan kry jy ‘n trok staan.  Werker wat voet op die buffer, hande in die sye die verte instaar.  Die vier wat saam met hom ry, staan aan die agterkant van die trok en gesels. Volgende kom ‘n roller aangery.  Op ‘n stuk pad waar geen rolwerk nodig is nie.  Tensy natuurlik die roller die teer nou moet sagmaak vir die opkap.  Dan kry jy ‘n stootskraper verlate staan.  Dan weer tien werkers op ‘n vroee/laat teebreek. Of hulle wag vir vervoer om hulle die 500m na die eintlike padwerke te neem.

Volgende kom jy op die stuk af wat nou eindelik aan gewerk word.  ‘n Hele knoop mense wat die pad toestaan.  Dan verstaan ek nou hoekom daar twee bane weerskante toe toegemaak word. Twee mense loop en vee vee met groot besems.  Twee het grawe met ses teerklippies op waarmee hulle die kant toe en daardie kant toe steier.  ‘n Volgende een staan gebukkend seker om te tel hoeveel klippies uit die grawe gelaat is.  Tussen in staan daar minstens twintig mense en niks doen nie.  Kilometer verder kom jy op die teertrok af.  Dit staan net daar met nog ‘n roller langs aan en ‘n trok met klip wat seker met bietjie teer geverf gaan word voordat die twee voertuie die kilometer terug gaan ry om die twaalf geverfde klippies op die grawe te gaan aflaai.

Dan vir die volgende twee kilometers is daar weer niks en niemand nie voordat jy nou op die lang ry voertuie afkom wat in die volgende baan wag om deur die “Go”bordjie en groenliggie teen ‘n lang paal die goedkeuring te kry om verder te ry na die volgende tyd, geld en humeur mors punt dalk so agt kilometers verder.

Amper vergeet ek om die entrepreneurs te noem.  Een het daar gestaan met ‘n pnp trollie met ‘n bak gekookte eiers, sakkies cheesenaks, blikke koeldrank ens in.  ‘n Ander het geloop met ‘n karton dosie wat seker maar min of meer dieselfde produkte in gehad het.  ‘n Ander met ‘n skottel mielies, een met toebies en vetkoeke.  Maar kyk die hel was los toe ‘n smous aan die Fordjie se venster kom klop het.  ‘n Hondesnotstreep teen die agtervenster wys waar Sussietjie die smous probeer beetkry het en een op die voorvenster wys Lapman se dapper poging.  Gelukkig was dit die smous met die trollie anders sou ek seker skadevergoeding moes betaal omdat die vindingryke entrepreneurs nie my en my honde ons spasie gegun het nie.

 

Gedagte van die dag: ons het darem veilig tuis gekom.  Snotstrepe en al.

Julie 12, 2017 at 10:26 nm 11 Kommentaar

Wat ‘n irritasie.

 

Voorheen het ons in die bos gewoon.  In een van net nege huise.  Ons het elf jaar daar gewoon.  Dikwels was die waterdruk so swak dat dit tot tien minute kon neem om sowat tien cm water in die bad te tap.  Van tuin natlei was daar op sulke dae natuurlik geen sprake nie.  Maar….. ons het water gehad.

In alle eerlikheid kan ek dalk sê dat ons agt dae uit die elf jaar nie water gehad het nie.  Soos in niks.  Jy draai vroegoggend die kraan oop en daar kom net ‘n druppel of twee water uit.  Dan was dit ‘n geval van, “wel, ou girl, jy woon in die bos, wat verwag jy?  Dan moes ‘n tegnikus van die buurdorp of van “hoofkantoor” af kom en teen vanaand het ons water gehad.

Nou woon ons in die dorp, daar is dan twee tegnikuste in die dorp en elke tegnikus het ‘n assistent.  So probleme behoort spoedig opgelos te wees.  Reg? VERKEERD!!!!  Nou het ons agt dae per maand nie water nie en dan hou dit meestal ‘n week of twee voordat die probleem opgelos is.  Huidiglik is ons sedert Sondag aand sonder water.  Vanmore twee uur was daar water.  Kom my afspraak met die stort, toe is die kraan droog.  Kyk die hooftegnikus ken Homer se nommer al so goed, as Homer bel en hy kan nie antwoord nie, sal hy terug bel en “Mr Oksle, I see you phoned me earlier…

Gedagte van die dag:  Ek hoop julle het ‘n menseregte dag vol genade en menseregte gehad.  😉  Soos die basiese regte wat julle elke maand voor betaal.

Maart 21, 2017 at 3:23 nm 11 Kommentaar

Hoe ry die verkoue my….

…. nies nies so, nies nies so, atjoe.

 

skouer

 

Toe ek gisteroggens nou wakker word, sopnat gesweet, nes elke vier ure sedert Sondagaand, toe weet ek, kyk, maak nie saak hoe allergies ek vir die dr is, nie, diè, is nie sommer net verkoue nie.

Kort kort het Homer gevra “het jy al afspraak gemaak by die dr.”  Julle weet wat die antwoord was.  Ek het mos net mooi beginne gewoond raak aan die dr op die buurdorp, die een wat wyd veroordeel was oor sewe operasies waarvan meestal die nasorg volgens nig Google, verkeerd gegaan het, toe peg die man.  Hy was nie bang om die verskil tussen aas en bollie aan jou uit te lig nie hoor.  In elk geval, ek loop weer wye draai.  Toe onthou ek die swart dame.  Gou eers telefoongids uitgepluk, geen nommer vir haar nie.  Sy werk dan seker nie meer hier nie.  Toe kom oom Ridder hier aan om te kom seker maak die wit bakkie het nie kom oplaai in my str nie.  Hy sê toe nee, sy kom nog gereeld dorp toe.

Ewentwel, Homer bel toe die apteker, ja nee, sy kom nog en hy kry die nommer.  Ek het gebel en was vertel sy is nou daar, as ek nou kan kom, sal sy my sien.  Ai, al die geswetery het my Donnie Osborn kappie verinnerweer.  Maar dis of sy (met kappie wat lyk of dit vban ‘n verkeerde veer hoendertjie geerf het, of ek en die medies gaan weer ‘n stewige betaling vir slegs ‘n ondersoek en ‘n pakkie R10 pille maak.  Daar gekom, kom haal die ontvangsdametjie my omtrent net uit die bakkie.  “Are you the aunty 👿 who called?”  Nou ja, Olga voel helemal te goor om te sê “Aunty se moer!”

So “aunty” loop maar saam in. Kry vreeslike vuil kyke van die ander dames en geamuseerde kyke van die  twee here, elk met ‘n koffiebeker in die hand, wat al daar sit.  Toe word ek versoek om te gaan sit.  Moes maar langs die ou baliepens gaan sit en net gehoop ek beland nie met my kop op sy skouer nie.  Toe begin die dames praat met die ontvangsdame, kwaai.  Sy gorra gorra gorra en hulle gorra gorra gorra en al wat ek verstaan is phonilê.  Be that as it may.  Dan kyk die mans na die kwaai dames, dan  na die ontvangsdame wie blykbaar nie ‘n aks toegee aan hulle kwaaipraatjies nie, dan lag hulle en kyk na my.  4kof gerus dink ek maar sê dit nie en sluit my af.

Eh.  Toe kom roep die verpleër my.  Maar kyk toe gorra gorra hulle eers. Hy het my bloeddruk, gewig, temp en suikertoets gedoen.  Toe ons uitkom gorra gorra dit vir een vaal hel.  Toe sê die gatvol ontvangsdame in Engels “She phoned for an appointment, you walk in.  So you can walk out too.” Ook maak goed ek het die teistering wat in elk geval oor my kop heen is, geïgnoreer.  Blyk toe saam met die verkoue, het ek nog ‘n infeksie in die opper-brochi  ook opgetel.  Dis nou van Homer se “boy” wees en help met die spuitverwery op die werkies wat sy kant toe kom.

Gedagte van die dag:  Daardie antibiotika en BB se uie, het die trick gedoen.  Ek het ‘n volle ses ure geslaap laasnag.  Lekker dag.

Februarie 15, 2017 at 12:37 nm 4 Kommentaar

Verkoue

                                                  verkoue

O, ellende.  Verlede jaar het ek verkoue vrygespring.  Die jaar gryp dit my met ‘n vengeance.  So vroeg ook nog.  Dis te warm om  in die bed te klim of om warm aan te trek en goed uit te sweet.

Ek het al geskinder oor mense wie nooit verkoue kry nie, maar sommer griep.  (Wat my herinner, ons moet uitvind oor die griep inspuitings.)  Maar in elk geval, ek raak lekker jaloers op daardie mense.  Hulle klim in die bed en laat die ou verkoue maar sy gang gaan.  Ek raak mos paniekerig wanneer my neus toe is.  Ek sit al behoorlik van laasnag af kierts regoop.  Ek is mos ‘n regte sissie wanneer ek verkoue kry.

Wat maak julle wanneer julle verkoue het?  Die spreekwoord sê mos “Feed a cold and starve a fever.” Maar hoe gemaak as jou mishoring te toe is om te kan eet?

Gedagte van die dag: Ek het nou ook breinleegte.

Februarie 13, 2017 at 8:22 nm 14 Kommentaar

Older Posts


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter