Music was my first love… Toeka tokkel 21

Mei 19, 2015 at 2:33 nm 14 Kommentaar

music

Die week het Scrapy weer ‘n lekker uitdaging. Soms wonder ek of dit musiek moet wees of sang? Moet die twee gekombineer nie dalk ‘n ander naam hê nie? Be that as it may, maar nie een van die twee op sy eie doen dit vir my nie. In ons kerk sing ons sonder enige musikale begeleiding, dis heeltemal genoeg vir my.

Ek is lief vir musiek. Ek was as kind baie sieklik, die oorsaak vir die siekte sal ook ‘n hele pos op sy eie verg. Maar nou ja, ek het basies die eerste paar jaar van my lewe binnenshuis deurgebring. Ek was meestal toegelaat om voor die venster te sit en te kyk hoe die ander kinders, my sibbe ingesluit buite gespeel het.

Ek was seker sowat vier jaar oud toe ek eenkeer weer uit ‘n koorsslaap ontwaak het en daar het die geskenk op die bedkassie gewag. Klein soos ek was, het ek onthou dat dit nie my verjaardag was nie, so dalk was die geskenk nie vir my nie. Maar dit was. Toe ek die geskenk oopgemaak. Ek onthou dat dit soos ‘n blou skooltassie gelyk het. Ek het gehoop daar daar verf en ‘n nuwe inkleurboek in was. Was my verbasing groot toe ek die tas oopgemaak het! Dit was ‘n platespeler. Ook blou. Met ‘n plaat met kinder liedjies, Cliff Richard en ‘n Jim Reeves langspeelplaat ook. Dit was dalk waar my verliefdheid begin het, maar ek dink dit was voor dit al daar. Daar moes tog ‘n rede gewees het hoekom my ouers eerder ‘n platespeler as verf en ‘n inkleur boek besluit het.

Tot vandag is liedjies soos That silverhaired daddy of mine, Distant drums, Traveling light, When the girl in your arms is the girl in your dreamz, Gee whiz its you en Swinging on a star vir my net so so spesiaal. As almal buite gejil en gespeel het, het of my pa of my wyse Moedertjie saam met die liedjies op die draaitafel vir my gesing. Gou het ek omtrent al Clif Richard and the Shadows se plate gehad. Want natuurlik vir elke geleentheid het ek plate geskenk gekry.

Ek is lief vir musiek oor die algemeen, maar soos ek al tevore gesê het, net ‘n gesingery of instrumentaal doen dit nie vir my nie. Vir my is dit soos handewas sonder seep. Soms kom dit skoon en te dikwels nie. Maar kombineer die twee en ek stel baie belang. Ek kan myself nie tot een en net een kunstenaar beperk nie. Glo my, jy sal van enige genre musiek in my cd kassies en op my rekenaar kry, maar ek geniet beslis Rock and Roll die meeste. Daar is heelwat Elvis Presley liedjies wat ook groot byval vind, maar ek is nie deur en deur ‘n Elvis freak nie. Ek verkies enige dag Cliff Richard (met of sonder die Shadows) EN Mungo Jerry bo Elvis.

Musiek is tydloos. Kyk hoe dikwels “cover” ‘n jong mens ‘n “Golden Oldie?” Ek dink dis omdat hulle weet dat die musiek wat hulle maak aanklank mag vind, maar dat die ou werke beslis beter is. 😉 Doe zo voort.

Gedagte van die dag: Sjym, hoekom kry ek nou skielik vir Homer baie jammer?

Entry filed under: Huiswerk.

So sklielik. E tol. Dracula extraordinaire

14 Kommentaar Add your own

  • 1. Klip  |  Mei 19, 2015 om 3:26 nm

    Sit ek en kyk en luister na die groep se liedjie…………

    Home Free – Ring of Fire (featuring Avi Kaplan of Pentatonix) [Johnny Cash Cover]

    Gee dit my nou weer nuwe betekenis van oom Johnny se liedjie.

    Youtube dit gerus

    Antwoord
  • 2. Klip  |  Mei 19, 2015 om 3:33 nm

    Congregation se Softly whispering I love you.
    Tom Paxton se Ramblin’ boy en nog sommer vele meer …………..

    Ek het al my gunsteling musiek se videos van youtube ge-download. Ek sal seker eendag klaar wees, met almal.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Mei 19, 2015 om 5:20 nm

      Hoe kry jy dit reg? Ek kan nie vir ‘n vy van joetjoep (; download nie.

      Antwoord
  • 4. Kameel  |  Mei 19, 2015 om 4:04 nm

    Ek stem, daar is net iets rondom daardie ou musiek wat jy nie nou meer kry nie. Hoekom voel jy jammer vir Homer?

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Mei 19, 2015 om 5:21 nm

      Hy het sterk kompetisie. 😀

      Antwoord
  • 6. HesterLeyNel  |  Mei 19, 2015 om 7:12 nm

    Ek het nog steeds ‘n voorkeur vir die musiek van die sestigs, miskien omdat dit goeie herinneringe van my jeug inhou, maar ook omdat daar nog verstaanbare (ordentlike) woorde was, ‘n lekker melodie en ritme – en geen politieke ondertoon nie. Ook nie DVDs van halfkaal sangeressies nie.

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Mei 19, 2015 om 8:52 nm

      As hulle nie half kaal optree of halfkaal juffies wat met bene wyd oop dans nie sal hulle seker nie juis verkoop nie. Meriete alleen is driekwart van die tyd nie goed genoeg nie. 😉

      Antwoord
  • 8. scrapydotwo  |  Mei 19, 2015 om 10:18 nm

    Nou praat jy van musiek waarvan ek ook hou. Cliff Richardt se Bachelor boy Het ons vir ons Engelse onderwyser gespeel omdat hy n alleenloper was! Kliphard terwyl ons kermis gehou het. Dankie dat jy lekker gemusiek het.

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Mei 20, 2015 om 8:02 nm

      Man, ook ‘n regte egte goue oue.

      Antwoord
  • 10. seegogga  |  Mei 21, 2015 om 12:15 vm

    ek het giteraan op my el vertel hoe baie ek van Cliff Richard hou. Maar waar het my kommentaar dan nou heen verdwyn?

    Antwoord
  • 11. seegogga  |  Mei 21, 2015 om 12:16 vm

    ek het gisteraand op my sel vertel hoe baie ek van Cliff Richard hou. Maar waar het my kommentaar dan nou heen verdwyn?

    Antwoord
  • 13. Klip  |  Mei 24, 2015 om 9:10 nm

    Probeer hierdie skakel (Google Chrome)

    Antwoord
  • 14. Olga  |  Mei 25, 2015 om 9:31 vm

    Absoluut briljant en sonder wydoop bene. Dankie Klip.

    Antwoord

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: