Posts filed under ‘Sucker’

99 red wat?

 

 

Ek vir een, onthou ‘n tydperk toe aankope sonder belasting plaasgevind het.  Watse belasting?  Belasting was destyds iets wat net op inkomste verdien geroof was.  Toe kom algemene verkoopsbelasting (AVB), in Afrikaans sommer seils têks en word vasgestel op 4% met uitsluitsels.  Destyds was die uitsluitsels dinge soos brood, melk, rou vleis, rou vrugte en groente, mieliemeel en rys. Heelwaarskynlik ander items ook, maar dis wat ek nou onthou.

Toe het die anc gekom en belasting het geklim.  Sommer ‘n lanie affêre geword.  tipies anc met hulle liefde vir naamsverandering, het seils têks nou vat of dan btw (Belasting op Toegevoegde Waarde) geword.  Toe word ons geskroef en ons betaal dit op baie van die voorheen uitgesluite artikels ook.  Maar nou ja, vir so lank terug soos wat ek kan onthou, het ons pryse op 9 sent gestop.  29, 49 maar die populêrste was maar 99c.  Toe belasting bygekom het, sela! meeste pryse het nog op 9c gedraai.

Onlangs het btw met 1% opgegaan en weet julle wat?  Pryse endig nog steeds met 99c.  Tog word 1c, 2c en 5c stukke nie meer as geld erken nie.  Nie eers die banke wil dit hê nie. Ek wil egter graag weet hoe die Suid Afrikaanse ekonomie se rekenkunde vaardigheid dit bewerkstellig het dat pryse steeds met 99c eindig.  Ek is seker om by die getal uit te kom, was allermins tot Jan Publiek wat nou seker Jabo Pabliek geword het, se voordeel nie.

Gedagte van die dag: Transvaal bestaan nie meer nie, maar kak en betaal bly steeds die wet van almal.

September 2, 2018 at 10:55 nm 5 Kommentaar

parkrun

Almal weet seker wat Parkrun is.  Ek is mos altyd die laaste om uit te vind.  Maar nou ja, vandag het die uwe mos haar eerste parkrun geloop in die buurdorp.  Dit was nogal lekker.  Dit het gebeur by die Sabie River Lodge.

Ons het almal op ‘n drafstap weggetrek.  Maar van meet af het ek en my stapmaat besluit ons gaan stap.  Maak nie saak as ons laaste kom nie.  Gou slaan die drafstap oor na loop.  toe kla sy en sê “Jy draf nou steeds.”  Maar my tred by hare aangepas en daar gaan ons.  Gou gou is ons ook laaste.  Voor ons stap ‘n lywige dame.  By die rivier oewer sien ons toe die krokkedille en seekoeie wat  op die oewer lê en in die water baai.  Sy is toe dadelik spyt sy het haar foon in die kar gelos.  Maar Olga saved the day. staan nog om ‘n goeie hoek te kry toe die skor gekras hier langs ons opklink.

Kyk daar kry sy die uwe aan die arm beet en sê sien jy nou, hulle gaan ons opvreet.  Ek kon haar darem gerusstel dat geen platte of ronde op ons toesak nie.  Dis net die kolganse wat geroep het.  Toe hoor ons ‘n ander geblaas.  Ek weet nie waar ons die lywige dame verbygesteel het nie, maar dis sy wat ons in gehaal het.  Steun en blaas.  Kla ook en wonder hoe ver ons al gekom het, toe loer die 1km bordjie vir ons.  Maar toe was ons verlore.  Ons kon nie vir haar wegloop nie.

Die volgende vier kilometers het ons dikwels gestop om vir haar te wag om ons op te vang.  ‘n Golfkarretjie met die skoonmaker stop en vertel ons daar is nog sowat vyf mense agter ons.  Toe ons in die pylvak kom, staan van die deelnemers wie al klaar gemaak het ons en aanmoedig.  Onder andere mense van haar groep ook.  Hulle praat met haar en sy sê so ewe “Thank you for staying with me ladies.  I’ll see you at the finish line en trek sy soos ‘n kolos op ‘n drafstap weg.  😆  😆 The motion of the ocean and awl. Ek en my vriendin het eers klaar gelag toe maar aangestap en onderskeidelik 54 ste en 55 ste uit 61 runners ingeklok.  Feit is, ons kon ‘n goeie tien minute vroeer klaar gemaak het.  Maar soos sy sê volgende keer laat ons ons nie weer sucker nie.  Dan gaan ons tyd soveel beter lyk.  🙄  Sederdien al epos gekry wat gesê het ek het vierde in my ouderdoms klas gemaak.  Twee van my ouderdomsklas was die dame en my stapmaat.

Bly warm.

Augustus 5, 2017 at 6:21 nm 13 Kommentaar

Aai Olga aai.

Wee jy. Sit ek toe mos nou vanaand en Pateet laan kyk. Die dwase Altus met sy lus vir ‘n vrou oud genoeg om sy ouma te wees. Pleks het hy maar saam met Kirsten verkas. Hy verdien ‘n vrou van sy jare. Maar dis nie waaroor ek wil gorrel nie. Sit die Olga mos met ‘n yslike knop in die keel Emma se vonnis en aanhoor. Mensig, as ek daar naby was, het die regter beslis ‘n ordentlike kopklap gekry.

Arrie gedorie. Die mal Rick het nie twaalf jaar gekry nadat hy sy eerste vrou en hulle kind vermoor het nie. Hy het nie twaalf jaar gekry toe hy Emma en haar Thinus aan die brand wou steek nie. Kry sy wragtig twaalf jaar omdat haar gat alweer dik geword het. Ek hoop die verdomde vaakvis Zander gaan appelleer anders doen ek dit wragtig. Mense kinders ek kon myself nie weerhou om die “staatsaanklaer” ‘n hele paar slegte name te noem nie. Goeiste! kon die verdomde Zander nie aanvoer dat die mal Rick die loop getrek het met haar vinger op die sneller nie? Dit sou mos die skoot laat afgaan het.

Tjk. Ek wag nou al maande lank om te sien hoe hulle van “Emma” ontslae gaan raak omdat sy (of dan die aktrise agter haar) weer soveel bodybuilding gedoen het. Pleks van skryf hulle die slinkse ou Netta Nortje ook uit. Sy en die skelme Maria se gatte is net so dik dan is hulle ouer ook.

Nie eers Oscar Pistorius het twaalf jaar gekry nie. Sterkte Marko.

GEdagte van die dag: Ai wat ek nie sal doen vir ‘n fietspomp hart nie.

Desember 10, 2014 at 8:12 nm 9 Kommentaar

Hoe treurig tog.

Ek het ‘n ruk gelede ‘n “prentjie” gehekel vir ‘n vriendin se kleinkind. Die idee was om dit te “monteer” op ‘n A4 grote vel velt en dit dan in ‘n gepaste grote raam te sit.

Ek kon plaaslik nêrens die gepaste grote kry nie. Niks eers wat ek kon kleiner sny nie. Ek wou iemand anders toe vra om daarvoor te soek waar sy woon. Ai, daar weet ek nie of die naam “vult” of “fult” is nie en besluit om dit in die woorde boek na te slaan. Geen geluk nie. Toe onthou ek die “eHAT” op ou Sally. Kan jy nou glo? Toe ek vir my kon kry, het ek stokkie ingedruk, diensverskaffer oopgemaak en SELA. Maar toe ek besef hoe pateties ek is, of hoe verslaaf ek al aan die internet is, het ek darem die eHAT oopgemaak en ontdek die woord is inderwaarheid VELT.

Geniet die langnaweek en bly asseblief veilig.

Gedagte van die dag: This little light of mine, …

Maart 20, 2014 at 9:50 vm 14 Kommentaar

Alweer…. sukke tyd

Paasfees is alweer oppad. Ek weet nou nie van ander kerkverbande nie, maar ons mafia mense doen “lent” ter herdenking aan die 40 dae en 40 nagte wat Jesus Christus in die woestyn deurgebring het en deurentyd deur die duiwel versoek was.

Kom ek ek ander dag in die winkel en “what do you know?” My gunsteling wyn is op special en ek moes verby stap. My neus het op aandag gespring, die katjie in my maag het “mewwwwwwww” geskree, die tuimeldroër het aangegaan en ek moes sulke lang slukke gesluk het. Kaneel. “Allspice.” Nee, defnitief kaneel. Nee, dem, dis spoeg. Stap Olga, stap. PAASBOLLETJIES!!!!! My hande reik uit en ek trek hulle vinnig terug. Stap doelgerig na die toonbanke en gaan staan in die ry.

Ari, gedorie. Die rakke om die tille kreun van die paaseiers. Nie enige paaseiers nie, dis piepklein, dem cute en verleidelik. Ek dink ek is nou eindelik aan die groot word. Ek kan ‘n tjoklit sien en uitlos. Wat my wel opgeval het aan die verleidelike hasies wat sy aan sy staan in hulle snoesige opvallende boks daar by die til, was die pryse. Een hasie is sweerlik hoogstens 3 cm hoog. Regtig, ek het vanaand weer besef dat ek op niemand se rug groot geword het nie, ek moes 3cm riffelsteek gebrei het oor 84 steke en wragtig toe ek dit kom meet, was dit net mooi 3cm. So die ou hasie is 3cm hoog. Vir ‘n onbetaamlike R34, 99. Ek het nader geleun, dit kan mos nie, ek sou gedink het ten duurste R15. Maar helaas. R34, 99. Die Lindt hasies langsaan, in net sulke opvallende boks nessies, is sowat 5 cm hoog vir R29, 99.

Mense, ek het gegril tot in my skoene. Hoeveel kindertjies gaan daarvoor skrou? Wie gaan dit koop? Vir R29 tot R35 kan ek ‘n behoorlike bek vol biltong kry. Self in die laeveld. Ek was eintlik spyt dat dit op die toonbank staan gemaak was en nie op die rakke weerskante van die tou nie. Dink net hoe lekker kon die bbbee kopers se kinders daaraan weggelê het terwyl hulle toustaan. Dit sou PnP se verdiende loon gewees het om sulke goed daar by die tille aan te hou. Donners. My arme Frikkedil gaan meer as eendag baie teleurgesteld huis toe gaan. Hou goeie moed, Frikkedil. Een van die dae is paasfees verby.

Ongelukkig vir my gaan paasbolletjies dan ook weg wees.
Ek is dol oor paasbolletjies. Maaar aangesien dit lent is, mag ek nie as op my kop gooi en my klere skeer om te wys dat ek vas nie. (Ek moes kos ook opgegee het.) Daarom sal ek nooit weet of paasbolletjies en Rosè goeie pasmaats is nie.

Februarie 29, 2012 at 11:46 nm 10 Kommentaar

Speletjies

Ek dood absoluut oor blokraaisels. Dalk is dit net woordspeletjies waaroor ek dood. ek speel graag woordspeletjies. Dit moet wees hoekom ek ook so graag Grieters se speletjies speel. Dis net woorde. Met ‘n twist hiervan en ‘n skeet daarvan.

Wiskunde speletjies vind ek egter mindbogling. Dit smokkel my kop soos in heeltemal. Tog was ek glad nie vrot met wiskunde op skool nie. Dit was nou bo en behalwe Meetkunde. Dit was nog regtig die een bobbejaan puzzle wat my altyd ‘n bubble laat hap het.

Ek hou nie van bord speletjies nie, ek verloor dan altyd. Tog vrek ek oor kaart-speletjies wat ek ook altyd verloor. Ek gee ook glad nie om om te verloor nie. Die een speletjie wat ek geheel en al nie van hou nie, is monopoly. Dit is nou wragtig so blerrie “rivier sonder end” speletjie. Ek kan nie eers ‘n woordeboek daarvoor gebruik nie. Dis ook seker hoekom ek nie van wasgoed stryk, hou nie. Dit is net so ‘n nimmereindigende takie.

Ai, ek moet my bure van die afgelope jare leer om scooprummy te speel.

Gedagte van die dag: Geloof gee ons die versekering dat dit wat ookal voor ons lê, aan God bekend is en dus onder sy beheer is.

Aan almal wie môre weer na die kerstyd begin werk, mag julle ‘n voorspoedige, belonende en gelukkige werksjaar beleef. Versig ry, altyd.

Januarie 9, 2012 at 12:06 vm 3 Kommentaar


Ek het gisteraand ‘n nuwe held gekry.  Ek het natuurlik weer nuus gekyk en daar vaar emititus Desmond Tutu uit teen die regering van die dag.  Soos wat ek na hom geluister het, het ek hope respek vir die ou orrelapie gekry.  Teen die einde van sy tirade het ek gesit en hande klap vir hom.

Goedso.  Welgedaan!  Ek het veral gehou van die deel waar hy gesê het hy gaan die regering weg bid.  Ons pressie het reeds gisteraand op tv nuus gereken dat die nationalisering van die myne glad nie ‘n uitgemaakte saak is nie.  Dit is net op die stadium debateerbaar.  Ek wonder net wie het hom daarop gewys dat nationalisering sonder betaling ook maar net diefstal is.

          

Hoekom kruuip ons regering so by die chinese dat hulle die dalai Lama nie ‘n besoek wil toelaat nie?  Ari, die man kan tog nie vanuit Suid Afrika ‘n aanval op China loods nie.  Dis ook nie asof die man nog nooit in ons land was nie.  Hoekom is Desmond Tutu so haarloos?

In elk geval, WHOOP WHOOP vir Desmond Tutu.

Gedagte van die dag:  Fok “made in China.”

Oktober 5, 2011 at 7:14 vm 5 Kommentaar

Dom tv.

Almal ken mos maar die goue handdruk, die goue pen, die goue horlosie.  Die toekennings vir lang diens.  Vir uitsonderlike diens ens.  Ewentwel, toe dit tyd word dat my oom Doep op pensioen moes gaan, was dit ook terselfde tyd tyd vir die tuinier, ou Israel om op pensioen te gaan.

Hulle was een middag ingeroep en ‘n pamflet in die hand gestop met die opdrag dat hulle hulle geskenk moes uitkies en die nommer op die vorm moes invul, want behalwe die horlosie, (4k) kry hulle ’n bonus geskenk ook.  So gesê, so gedaan.  Die Maandag is die vorms teruggebring kantoor toe en ingehandig.

Die dag met die toekennigngs, kry Israel toe sy geskenk en sy horlosie want sien, hy ook, het toe dertig jaar getroue diens gelewer.  Maar, dis darem nog ‘n rukkie voordat hulle klaar maak.  Maandag oggend is Israel terug, boks en al.  Sy bonus geskenk werk nie.  Die mikrogolf oond word toe teruggestuur, Vrydag word dit weer by Israel se huis afgelaai en Maandag was hy terug.  Dit werk steeds nie.  Weer word dit teruggestuur en weer teruggestuur dat dit in perfekte werkende toestand was.  Oom Doep koppel die mikrogolf oond toe in sy kantoor en toets dit, dit werk perfek. Dit word weer verpak en met Israel huis toe gestuur.  Volgende dag is dit terug.

Die ou is sommer baie opstropperis vir die ding wat nie werk nie.  Oom Doep koppel dit weer in sy kantoor, toets dit en roep Israel om te demostreer.  Maar beker vol water en sit dit in die mikie.  Daar is Israel toe so opgewonde.  Dis mos darem ‘n slim tv wat kan water kook ook.  Maar, wanneer kom die storie dan op?

Uiteinde van die saak was toe dat hulle vir hom ‘n tv moes gaan koop het en hy is huis toe met die dom tv wat nie kan prente wys nie, maar wel kan water kook.

Gedagte van die dag:  Dis nooit die verkeerde tyd om die regte ding te doen nie.

Geniet die naweek en bly veilig.

September 23, 2011 at 7:17 vm 5 Kommentaar

Down with the clown

Ek het gister lekker geloop en giggel.  Man, ek het vantevore dieselfde oorgekom van deur ‘n sekere huisgenoot kyk.  Uiteindelik was ek verplig om te gaan sit en voorraadopname te neem.  Nee,, nee!  My bont varkie was darem nog daar.  Net, net.  Maar darem daar.  Ja swaer.  Wat het my so geamuseer?

Die hofnar*  (Of hoofnar soos Grieters hom noem) is alweer in kakstraat.  Whats new vra jy?  Dis mos sy plek.  Ek wil net gou opklaar hoekom ek van Grieters verskil oor sy noemnaam.  Hoofnar, sal hom die induna van die narre maak.  Ek sien baie ander wie meer amusant as hy is.  Sy vermoeë om te amuseer strek nie baie ver nie.  Hofnar aan die anderkant, was die koning se eie nar.  Hy moes die koning en sy gevolg geamuseerd hou.  Die doen ou Oepsie mos baie beslis.

Hoe ookal, NATIONALISERING is nou ‘n voldwonge feit.  Dit moet volgens ander ANC narre nog net in werking gestel word.  Maar juis daarom, is ou Oepsie nou oorbodig.  Nou moet hy onder ‘n klip ingejaag word.  Diep, diep onder ‘n klip sodat hy nie sy neus sal uitsteek nie.  Indien hy aan sy eie belange oorgelaat word, kan hy die koning net skade berokken.  So vir die volgende paar jaar gaan hy ook in die howe en prokureurs kamers vasgemaak word.  Hier kom alweer GROOT geld vir die gelukkige prokureurs.  Dis nou tot die volgende keer dat iemand dalk die banke wil inpalm, ekskuus,  nationaliseer.  Ons sien mos nou hoe stroom die oorsese belegger Suid Afrika toe om in myne te belê.

Tog moet ek toegee, hy en sy familie het ‘n ver pad gekom sedert hy as negejarige in ‘n taxi met ‘n groot 9mil Chris Hani se begrafnis bygewoon het.  Het hy regtig gedink dat sy magte geen einde het nie?  Hy moes maar by padboutenders gebly het.  Toe raak hy verwaand.  Hy gaan saal toe die warrelwind op.

Gedagte van die dag:  Geloof gee ons die moed om die huidige met vertroue en die toekoms met verwagting te bejeen.

Augustus 15, 2011 at 7:01 vm 5 Kommentaar

Sing along

Man, kyk, ‘n mens kan sing, of jy kan nie.  Ek is baie lief om te sing.  Ek sê nie dat ek goed kan sing nie.  Ek kan al die note in die middel bykom, die hoë en lae note, is egter bokant my vuurmaakplek.

Ons gemeente is maar klein.  Om die waarheid te vertel, ons is net sewe gesinne.  Soms is die ander se verpligtinge van so ‘n aard dat daar net een familie vir die mis opdaag.  Man, as dit die slag net die Oksel familie is,  dan is daar ‘n probleem.  Ons is baie muslieklik, maar niemand van ons is musikaal nie.  Die padré het gn saak nie, sing moet daar gesing word.  Want sien, as jy sing, het jy twee keer gebid.  As die ander gemeentelede daar is, dan is dit ok.  Dan pas my stem in.  As daar die slag toeriste is wie die mis bywoon, soveel beter.  Bid julle aan as ek dan nou alleen moet sing.  Dan is daar geen ander stemme om te kamoefleer nie.  Eisj, ek is seker die Padré is moedswillig.

As daar vyf liedjies op die bord is, (almal meestal deur die uwe uitgesoek en liturgies korrek)  dan moet al vyf gesing word.  Ek is seker sy leiding is groter as myne.  So as ek twee keer gebid het of dan ses keer na al vyf liedere, dan het hy seker ses boete gedoen.  Dus doen ek hom dan seker ‘n murse guns.

Aan die enetjie wie vandag verjaar, baie geluk.  Gods seën en genade altyd en oral.

Gedagte van die dag:  In tye van uiterse stormagtige seë, roep God aan.  Hy kan jou deur die storm kry of die see stil maak om jou deur te kry.

Augustus 3, 2011 at 7:00 vm 5 Kommentaar

Older Posts


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter