Posts filed under ‘Rooi gesiggies’

As mens ouer word.

Die afgelope skool vakansie het die kwien se familie lid en haar huisgenoot skool kinders opgepas.  Ek kan nie meer onthou hoekom nie.

Een more kom die huisgenoot hoogs ontsteld hier aan.  Sy sê die kwien se familie het gesê sy moet eerder hier kom afkoel voordat sy moord begaan.  Terwyl ek dus tee maak vra ek uit oor wat haar so omgekrap hrt.  Dis toe die dogtertjies.  Een het iets van haar sussie geneem en die sussie het omgekrap gaan kla haar sussie het haar boek gesteel. Amper het die arme “klein dief”pakslae gekry.  Die huisgenoot is bitter omgekrap want hoe de f kan die kind in haar huis steel?  Ent van die prent is toe dat die arme kind, net nege jaar oud 100 keer moes uitskryf I may not steal and lie about it.”

Toe begin die kwien se familie kla, iemand lê haar lekkergoed vas,  Dadelik sê huisgenootjie toe “It must be that little missey.” Hoe meer ons verduidelik dis maar wat kinders doen.  In alle waarskynlikheid het die dogtertjie in elk geval haar boek self verlê en beskuldig haar sussie valslik.  Maar kom wat wil, eens ‘n dief, altyd  ‘n dief.  Toe is die kinders huis toe maar steeds word haar hoogheid se lekkergoed vasgelê.  Sommer rye van haar sjokolade.  Dan sê Huisgenootjie “Its that f dog you brought home.” Nou ja, hier stem ek met haar hoogheid saam, maak nie saak hoe slim die hond is nie, sy kan nie rye sjokolade afbreek en verorber sonder om ‘n spoor of tandmerk te laat nie.

Toe kom hulle weer eendag hier aan en Huisgenootjie vra “Did I leave my rosary here?” Ek sien die twyfel of eerder ongeloof op haar gesig toe ek “nee” sê.  Met die gevolg dat ek my rekenaarsak oopmaak en my krale wys, dis spierwit en nie hare nie.  Gaan haal my handsak en keer uit.  Die glaskrale is ook nie hare nie.  Toe maak ek my laai voor haar oop en haal die rooshout gebedskrale uit, dis nie hare nie. Weer kla haar hoogheid en weer word die hond beskuldig.

Die ander dag kuier ek daar toe Homer my bel.  Iemand gaan dit en dat kom oplaai, dis klaar betaal sal ek hulle net ontvang en toesien dat hulle die regte voorwerp oplaai.  Huisgenootjie bestel toe dadelik dat Homer vir hulle “Double story”tjoklits (maw Top deck ) moet saambring.  Sondag kom hulle nie tee drink nie en die tjoklits bly lê.  Maandag maak Homer vroeg klaar en sê ons moet maar gaan aflewer.  Daar gekom, gaan maak haar hoogheid tee en ons sit en gesels op die stoep.  Sy vra toe “Did you tell Olga I caught Daisy stealing my chocolate?” Kyk, dadelik weet ek so min of meer wat moes gebeur het en ek begin al giggel.  Huisgenootjie se ore is bloedrooi en sy staar net teen die vloer vas.  Toe begin haar hoogheid vertel.  Sy het haar tjoklit doelbewus op haar bedkassie gelos en gaan tv kyk.  Toe hoor sy, die dowe met gehoortoestelle wat op daardie oomblik in ‘die houertjie onder haar kussing was, die papiere ritsel en sy sluip toe soos blits in die gang af.

Sê sy staan en loer letterlik net om die kosyn.  Daar word die eerste rytjie afgebreek, rond geloer en in die mond gedruk.  Toe blitsvinnig breek die vingertjies die tweede rytjie af en druk dit ook in haar mond.  Nou kan ek my dit net voorstel, twee rye se sjololade nog in die ry steek mos knoppe uit man.  Haar hoogheid sê sy klap toe teen die kas en vra “Whacha doing?” Sy sê die mond het eers oopgegaan daardie sjokolade rye het soos slang met twee tonge in en uit gesplits en weer amper uitgeskiet en toe weer met ‘n knop in die wang geeindig.  Toe was Huisgenootjie mooi netjies uitgevang vir die tjoklit dief wat sy is.  Maar toe rol ek al van die lag.  Toe Huisgenootjie agterkom dat daar nie verwyte kom nie, het sy haar oë verleë van die grond afgelig en gesê “Ek weet nie wat gaan met my aan nie, hoe ouer ek word, hoe meer steel ek.” Ek het haar toe gevra of sy ‘n stash het.  Ons kon sien sy wou eers “Nee” sê, maar haar toe bedink en opgestaan om ons haar wegsteekplek te gaan wys.  Toe sy die ou verblykte sakkie op haar bed omkeer, het die gebedskrale ook daar uitgeval.  Sy was soos ‘n arend op daardie krale hoor. Sy het dit teen haar bors vasgedruk en toe uitgeskarrel.

Maar die boekie wat die dogtertjie durf waag het om in haar huis te steel was darem nie daarin nie.

 

Gedagte van die dag: Ouderdom is ‘n bliksem.

 

 

 

November 8, 2019 at 4:10 nm 2 Kommentaar

Olga se blapsie

toilet

Eisj man, as daar iemand is wie haar naam met ‘n plank kan slaan, is dit die uwe. Donderdag vertel homer my dat ons Vrydag more Nelspruit toe gaan. Hy moet net eers in Sabie stop aangesien hy daar ‘n afspraak het.

Oom Ridder het gou ingeval vir ‘n vinnige koffietjie en sit en kla hy moet alweer Sabie toe ry want die plaaslike Standerdbank OTM is te gebruikers vriendelik vir sy doel. ek het aangebied om die ou takie te verrig. Vrydag oggend, terwyl Homer toe sy afspraak nakom, van ek in by die bank. Ari gedorie, daar is net twee mense voor my en voordat jy mes kan sE, staan ek buite met die nodige bewyse.

Eers wil ek gou by die skryfbehoeftes winkel inval, maar kon Homer toe al hoor brom “Ek moes geweet het, alweer wol of iets vir die blerrie honde.” Ek besluit toe om my gewone antwoord hierop te spaar vir volgende keer en loop toe maar net bietjie om die tyd om te kry. Uiteindelik kom hy toe aangestap. Skoon honger. Hy dink ons moet eers iets gaan eet. Ek is al gatvol vir Wimpy brekkie en stel voor ons gaan by Chesa Njama, aangesien ons reg voor hulle bymekaar gekom het. Gaan in. Twee wit dames waarvan een dalk die bestuurder kan wees, se bolywe troon oor die afskorting waaragter hulle sit uit. Man is besig om sakke hoender in die vrieskas uit te skud. Die twee dames agter die toonbank sit een in haar neus en grou en die ander besig om haar naels skoon te maak. Ek en Homer het na mekaar gekyk en maar die wyk geneem, Wimpy toe.

Daar gekom was Pinky gou by. Vriendelik nes altyd onder ‘n nuwe pruik. Heerlik geeet. Toe ons opgestaan het om te loop, loer ek af en sien ‘n vet mostert blerts op my bloes. Toe Homer dus sE hy moet eers ‘n draai gaan stap, sE ek dis ‘n goeie idee, ek moet ook. Die paar tree agtertoe gestap en ek hoor Homer praat, maar ek is haastig voordat die mostert droog word en ek stap toe maar in. ‘n Oom kom uitgestap en ek is sommer wrewelrig. Ek hou gn niks van die nuwewetse toeilette nie waar mans en vroue dieselfde geriewe deel nie. Wonder ook wanneer het dit verander! Ons was regtig nie som lank laas daar nie. Tjk. Ek raak toe maar besig met die bondel toilet papier wat ek uit een van die hokkies gaan haal het.

Blertsie seep op en druppel water en ek skrop verbete. Die merk sit pik. Nuwe bondel papier, seep, druppel water en ek skrop weer. Hoor vir Homer praat en vererg my weer bloedig. Kyk in die spieEl en sien hom en die oom, wie oppad uit was toe ons ingekom het, staan en kyk vir my. Ek skrop maar verder met nuwe ywer. Sien hier kom ewe ‘n jong oom ingestap en ook steek vas en staan hom aan my handewerk en verkyk. Dit was so op die punt van my tong om te sE gaan kak gerus, daar is toilette oop, toe die enigste toe deur oopgaan en nog ‘n verdomde mansmens om my saamdrom. Toe hou ek op skrop en kyk by die eerste oom verby en sien die troee teen die muur gemonteer. Terwyl Homer weer sE “Verkeerde kant Pop.”

Ek besluit net daar “Kop vreet Olga. Kop vreet soos ‘n luis.” Maak die papier krummels bymekaar en gooi dit in die drommetjie. Toe seg ek maar, “Dankie vir die seep menere, anderkant is nie seep nie. Stap toe kop omhoog daar uit. Verby die mannetjie teen die muur buite en kyk in die ruit hoe drie uit die vier here in die deur agter my saamdrom.

Gedagte van die dag: Gelukkig kan ek nie gedagtes lees nie.

November 8, 2015 at 11:55 nm 26 Kommentaar

Moenie my weeg nie.

Ons wissel deesdae die aerobiese oefeninge af met ses en soms sewe kilometer staptogte. Gisteraand het ons van so ‘n staptog teruggekeer tot dit net so wil wil skemer word.

Ons het ver en vinnig gestap en so met die strekkery het ek my lojale ou Sally aangesit. Daar was nog so een en ander op die werf wat ek wou afhandel voordat ek toesluit vir die aand. Dus het ek maar in en uitgehol. Natuurlik het ek nie die deur gesluit nie, ek meen, ELO? ek was nog besig. Sally vat omtrent verewig om aan die gang te kom, dan druk ek die rooi stokkie in en dit neem nog ‘n dag. so na elke aksie het ek gou weer uitgehol. Lapman se kombers opgevou en in sy hok gesit. Die sproeier vir die laaste lafenissie geskuif en dan weer gou agter Sally ingeskuif. Toe hoor ek dit. “Olgaaaa” hees fluistering. Ek het opgespring en “Ja” geantwoord. omgekyk, deur toe geloop en niks of niemand gesien of gehoor nie. Terug na ou Sally terwyl ek vies gemompel het, “Pure blerrie verbeelding.”

Weer my sit gekry en net begin knoppies druk toe ek dit weer gehoor het. Blikkerig. Het my laat rillings kry. “Olgaaaa.” Vrekkin fokken vret. Ek het geloer sonder om te antwoord. Dit het behoorlik gevoel of my naam nog met sulke trillings in die lug gehang het. Kyk, tot die kwyl het met ‘n koue lyn teen my ken af gehang. Ek is seker my hare het ieder en elke een pennetjies orent gestaan. Op aandag. Reg vir wat kom. Ek het die deur oopgemaak en uitgekyk sonder om uit te gaan. Vader Tyd was beslis besig om sy skemer kombers uit te skud. Oppad om Sally vir eers te gaan afsit, het ek dit eers oorweeg om die lig aan te sit, maar dit sou beteken het, ek moet kombuis toe en dan weer terug studeerkamer toe. Toe het ek maar sommer so staan staan die bal aan die rol gesit. Toe myself amper geklap. ONNOSEL!!! Hoekom het ek nie die deur gesluit nie.

Lieven loven. Die vel oor my kop het styf gespan en ek is seker soos ‘n stywe snaar oor my kop gelê. Ek sal my niks verbaas as die hare aan weerskante regop gestaan het nie. “Olgaaaa” weergalm dit eintlik in my kop. Ek het oor my skouer geloer en sommer op die stoel neergesak. Daar was beweging agter my. Iets wits wat so wit was, dit het gegloei. Ek belowe. My hand het agter my gevoel voel na die byl. Om ‘n steel gevou. Die gloeiing het vorm aangeneem. Geraamte agtig. Nee! Wat die hel gaan aan? Die hond het begin ie ie ie, die kat het opgespring. Ek het opgespring. Sonder om uit mekaar te skiet. My maag was aan die brand, my keel toegetrek, bene het soos stokke gevoel.

Daar was so waar ‘n geraamte met ‘n gloeiende kopbeen oppad van die agterdeur af na die middeldeur waaragter ek nou gestaan het. Die deur was te groot oop om toe te klap. Toe ek besef dat ek geskroef is, het ek die ding bespring. Dit was nie die byl wat ek raak gevat het nie, maar wel ‘n lengte besemstok wat Homer sowat vyftien jaar gelede vir my en elke dogter een met rooi insulasie band toe gedraai het. Ek het die breinaalde in die kamer, die stok en byl in my studeerkamer, ‘n hamer tussen my breiwerk in die sitkamer en almal wie my ken lag daaroor. In elk geval, voordat die “geraamte” die trap met albei voete kon bestyg, het ek al gespring. Die rooi stokkie het meer oefening gekry as in die aerobiese klas wanneer ons een keer per maand selfverdedigings tegnieke oefen.

Toe skree en praat die geraamte baie mooi. My buurvrou wie minute tevore saam met my gestap het, het ingekom en ook mooigepraat en gekeer. Sien, hulle het al dikwels hier aangekom en my agterdeur toegetrek maar ongesluit gevind. Hulle het besluit om my ‘n les te kom leer en toe uitgevind Olga is ‘n katjie wat jy nie met of sonder handskoene pak nie. Ek het al die Xena Warrior Princess dvd’s gekyk. Wel, nadat Homer se witperd ‘n dubbelle ry dubbelspore deur Olga se gemoed gestap het, het vodadom se mense darem nie teveel “abuse” verduur nie.

Gedagte van die dag: Hy is vanmore met ‘n diklip, bloukolle op plekke wat hy nie ken nie en twee steke in sy oogbank werk toe.

Mei 21, 2014 at 8:00 vm 10 Kommentaar

Die groot bose stad.

Op die platteland sal mense altyd hulle tande kners as hulle hoor van iemand wie in die stad woon. Of hulle hoor van iets lelik wat gebeur het, soos ‘n jong mens wie verongeluk het terwyl onder die invloed van drank. Dan sal jy maar altyd hoor hulle vra of dit in die stad gebeur het, asof die plattelanders nooit so iets sal doen nie.

Ai tog. Ek dink ek het al genoem dat ons, PLATTELANDERS net een keer per maand kerkdiens het. Ons kan meer kerk inkry as ons elke week na ‘n ander dorp se kerk of na ‘n ander geloof se kerk gaan. Wat weer beteken dat daar ander dorpe ook is waar die Katolieke net een keer per maand kerk het. Tog, dis dan die platteland. Om ‘n lang storie kort te maak, ons was die afgelope naweek in die stad. In die groot bose stad. Waar jong mense bestuur onder die invloed van dwelms, drank en wat nog. Waar jong mense van alles wat verkeerd is verdink word, ook ouer mense. Ook ou mense. Want lelik gebeur mos nie in die platteland nie. Of as dit in die plattelang gebeur, is dit stedelinge wie dit laat gebeur.

Ons het Sondag oggend kerkdiens bygewoon. Gewoonlik gaan ons Saterdagaand. Ons het ook na ‘n ander kerk as die gewone een gegaan. In een blok, het ons by die derde plek waar motorvoertuie aan albei kante van die pad ingeryg gestaan het, parkering gesoek en darem ‘n gaatjie gekry om ons Fordjie in te los. Op die sypaadjie, tussen twee ander karre wat ook onwettig op die sypaadjie geparkeer was. Dit vir kerk mis in die bose stad. Ek lig graag my hoed vir die (tong in die kies) bose stedelinge. As sulke bywoning die bose verteenwoordig, dan sal die Anc hulle omset beslis kan verdubbel as hulle pleks van konsessies vir padtol uitdeel asof dit Chappies is, kerktol instel. Ousus het ons ingelig dat die mis die tweede kerkdiens van die oggend by die spesifieke kerk was. ‘n Derde en ‘n aand diens sou nog volg.

Ek, as plattelander, kan met skaamte vertel dat ons een kerkdiens per maand, glad nie aftrek kry as daar iets anders aangaan nie. Dikwels is dit maar net baie bedompig of baie koud, dan sal net ek en Homer opdaag om die diens by te woon. Dikwels sal die verskonings wees dat van die ander KNP toe was vir die dag. KNP is altyd oop. 28/30/31 dae per maand. Ons het diens net EEN KEER PER MAAND. Is die onwilligheid om kerk toe te gaan dan ‘n plattelandse ding? Ek meen, ELO? Vier dienste per naweek in die bose stad teenoor een kerkdiens per vier (soms vyf) Sondae per maand. Waar lê die boosheid wat die najaag van eie belange insluit dan?

Gedagte van die dag: Nee wat, ek is nie l;us vir anonieme beledigings nie.

Maart 31, 2014 at 10:40 vm 11 Kommentaar

Ma, alles in een.

Lol, dit was nou die een epos wat my lekker laat lag het hoe verder ek gelees het. Hoeveel hiervan het ek net nie self kwyt geraak of was aan my gesê nie? Lees en oordeel maar self.

1) Ma het my geleer hoe om te bid: “Jy moet bid dat daardie kol op die
mat uit is as ek vanaand by die huis kom”

2) Sy het my geleer van “time travel”: “Ek sal jou tot in volgende
week in klap!”

3) Sy het my geleer pa’s is slimmer en ryker as ma’s: “Gaan vra jou pa!”

4) Sy het my geleer oor plantkunde: “Lyk dit vir jou of geld op my rug groei?”

5) Sy het my geleer om altyd nederig en klein te wees: “Juffroutjie !!!”

6) Sy het my van die weer geleer: “Dit lyk of ‘n dekselse orkaan jou
kamer getref het!”

7) Sy het my geleer van fauna en flora: “Moenie vir my vertel
perredrolle is vye nie!”

8) Sy het my geleer om myself te ontdek: “Hou op om jou soos jou pa te gedra!”

9) Sy het my die wetenskap van osmose geleer: “Hou jou mond en eet jou kos!”

10) Sy het my geleer van uithouvermoë: “Jy sal by daardie tafel sit
totdat jy jou spinasie opgeëet het!”

11) Sy het my geleer van sintuie: “Kinners word gesien en nie gehoor nie!”

12) Sy het my geleer van humor: “Hou aan lag, dan gee ek jou iets om
oor te huil ook!”

13) Sy het my van jaloesie geleer: “Daar is duisende arm kinnertjies
wat ouers soos joune begeer!”

14) Sy het geleer dat daar ‘n plek en ‘n tyd vir alles is:

“As julle mekaar wil vermoor, gaan doen dit buite! Ek’t nou net hier
skoongemaak!”

15) Sy het my wiskunde geleer: “Sit jy alweer en tanne tel!”

16) Sy het my logika geleer: “Want ek sê so, dis hoekom!”

17) Sy het my geleer dat wonderwerke nog kan gebeur:

“Ek sal jou klap dat jy jou antie vir ‘n eendvoël aansien as jy my
weer terug antwoord!”

Ai, Ma’s is darm maar slim..

Julie 19, 2012 at 7:40 vm 3 Kommentaar

Die een ou spook kan hol

                                             

Man, kyk, julle weet mos nou al dat ek ‘n baie ywerige verbeelding het.  Nou ja, Maandag aand toe ons van die aerobiese oefensessie terug gekom het, het ek die buurvroue gaan aflaai by hulle huis.  Ons neem beurte om te ry.  Julle weet mos, mens oefen dat die sweet jou aftap dan is daar “afkoel” oefeninge maar jou liggaam is warm en die koue aandluggie is nie goed op ‘n warm geoefende lyf nie.  Daarom laai ons mekaar af.

Terug by my hek, het ek uitgeklim om gou die hek oop te maak.  Die volgende moment storm Bessie en ou Blaffer by my verby en ek het in die Fordjie gespring en amper die hek van sy skarniere afgehaal in my haas om in te kom.  Gisteraan oppad klas toe, vertel ek hulle daarvan.  Kyk, oorkant my huis is net die donker dennebos.  Ewentwel, ek het besluit om my honde in die binnehof toe te maak en die hek oop te laat toe ek gery het, dan sou ek mos net kon inry en stop wanneer ek eers in die erf is.  Nadat ek die buurvroue gaan aflaai het, ry ek toe sommer oor die oop grond langs ons huis en ry in die erf in, nes ek beplan het.

Die honde sit toe ‘n keel op, hulle is die toemakery nie gewoond nie.   Ek het utgeklim en die hek toegemaak.  Toe ek omdraai, was dit vas,  soos in kaboems teen hierdie koue, swart gedaante vas.  Mensekinders!  Waar was julle?  Ek het dit eers oorweeg om in die fordjie te spring.  MAAR DIE HEK WAS TOE!!!!  Toe hardloop ek.  Mens!  Vinniger as wat ek gedink het ek kan hardloop.  Ek het gesien die honde blaf.  Maar ek het niks gehoor nie.  Behalwe natuurlik dat die “gedaante” agter my is.  Om die huis sleep ek.  Dit het gevoel of die gedaante se hand my so rakelings aan die skouer beet gekry het,  toe het ek my innerlike turbo ontdek.  Toe hol ek dat die kak spat.

Intussen het die bure besluit dat hulle gou oor die pad gaan hol om net seker te maak dat ek ok is.  Man, kyk,  hulle moes net die klein hek toegemaak en het nader gestap gekom deur toe ek nou om die hoek gesnol kom.  Die “ding” agterna.  Hulle het die toneel ingeneem en tot die gevolgtrekking gekom dat dit nie gewens sal wees om op hulle  spoor terug te gaan nie.  Hulle het rieme neergelê, ek agter hulle, die “ding” agter my.  Die Fordjie in die oprit, luierend, ligte aan, deur oop, was nie eers ‘n opsie nie.  Dis ‘n fris hek.  Daar gaan ons, tweede keer om die huis.  Die bure voor, ek agter hulle aan, die honde histeries in die binnehof en die buurhuise te ver om ons te hoor.  Ek weet in elk geval dat ek nie geskree het nie.  Maar tussen die bure en die honde, was dit ‘n rumoer.

Toe ons die donkerkant van die huis  met die tweede omkom haal,  het die bure al hulle voorsprong vergroot.  Ewentwel, die volgende oomblik spring hulle kortom.  Hol my onderstebo.  Daar lê ek toe.  Winduit geval met die buurvrou ‘n kortkop agter my besig om holderstebolder op haar voet te kom toe die stem sê:  “Daai eroubies was nie goed as julle nog so kan hardloop nie.  Ek moet julle gaan oefen.”  Ou Bettie buk vooroor om na elkeen van ons ‘n hand te reik.

Sy het weer op haar beurt besluit om my in te wag en die hek toe te maak nadat ek in gery het, maar ek was ‘n bietjie te vinnig vir haar.  Wel, gelukkig was daar ‘n vol bottel White Horse in die spens.  Ons alvier het dit nodig gehad.  Dit is nie meer vol nie.

Gedagte van die dag:  Vriende is daar vir mekaar.  Al is dit vir ‘n andrenalien rush.

Geniet die naweek en bly veilig.

Mei 11, 2012 at 8:12 vm 6 Kommentaar

Gebed

Ek glo as mens bid, moet dit uit jou hart kom. Nie ‘n gebed wat iemand anders geskryf het nie. goed, goed, gebede soos die “Onse Vader, Geloofsbelydenis en sovoorts uitgesluit.

Julle weet mos, sommige mense floreer op die voorstaan en voorpraat ding. Ek en die Padrè het al dikwels daaroor gestry. Dan sal hy eenvoudig daarop aandring dat ek die gebeure op ons maand program moet voorlees. Of ek moet skriflesing doen. As daar niemand anders is nie, kan ek sy aandrang verstaan. As daar egter iemand anders is wie die skriflesing, gebed, gebeure kan voorlees, verkies ek regtig om te luister as om te lees.

So stry ons eendag so hard dat een van die ander gemeentelede die “sacristy” se deur kom toemaak het. Einde van die saak was, dat hy toe sy sin gekry het. Ek weet nou nie wat dit in Afrikaans genoem word nie, ons noem dit bidding prayers. Ons was toe twee dames wie die gebedjies moes gaan voorlees. Eers een dan die ander. Alles het goed gegaan. Tot die laaste bebed, deur die uwe voorgelees. Tot die laaste reël waar ek toe lees “Holy immoral Father….” Eers skuif mense rond. Dit was ongelukkig vir my ‘n kerkfeesdag en die kerk was gepak met toeriste. Ek het besef ek het aangejaag en oorbegin. Weer afgesluit met “Holy immoral Father….” Meeste van die mense giggel al teen die tyd. Toe besluit die Padrè om my uit die verknorsing te help. Hy het nader gekom en aangekondig “What mamma Olga meant was “…. Holy immoral Father….” Waar almal toe lê soos hulle lag want natuurlik moes dit gewees het “Holy immortal Father…”

Nodeloos om te sê het hy my daarna nie weer geboelie om skriflesing of gebed te gaan voorlees nie.

Gedagte van die dag: Somberheid en geluk is albei aansteeklik. Watter ene wil jy versprei?

Geniet die naweek en bly veilig.

Mei 3, 2012 at 11:06 nm 5 Kommentaar

My girl

Desjare, in 1984, om presies te wees, toe my Badboy gebore net twee weke oud was,  het Homer en ek eendag die supermark binne gekom.  Die een dame agter die til, (dit was die tyd en dae toe nie swart vroue nog agter die tille toegelaat was) begin sommer skree:  “Ekskuus!  Bring daardie baba hier.”  Ons het in ‘n klein dorpie gewoon waar almal mekaar so op ‘n plan geken het.  Om ‘n lang storie kort te maak, sy raak met die eerste oogopslag op hom verlief en so het ons hegte vriende geword.  Tot vandag toe.

Iewers op ‘n kol, was haar man verplaas en woon hulle die volgende twee jaar op die buurdorp sowat 100km verder.  Met hulle terugkeer, was albei haar kinders in die skool en haar dae erg leeg.  So gebeur dit toe dat sy haar kinders soggens gaan aflaai en dan reguit na my kom en bly totdat sy weer die kinders by die skool moes gaan haal.  In die tyd leer ek haar brei.  Eendag kom sy by my aan.  Vertel my ‘n oulike storie.  Haar skoonsuster het haar man gewaarsku om die twee van ons dop te hou.  Ons vriendskap is nou abnormaal.  Die feit die ou %$&^#@ die een trui na die ander dra wat sy gebrei het, maak toe nou nie saak nie.  Hy belet haar om haar voete weer by my te sit.

Maar julle ken my mos nou al.  Toe gaan kuier ek by haar.  Maar ek verseg om haar te help met enige iets wat sy vir die sot wil brei.  Die huisblyery kry haar onder en sy gaan kuier by haar ouers honderde kilometers daarvandaan.   Toe begin haar skoonsus met haar kinders karring.  Sy bel my en sê sy is swanger.  “Whoop!  Whoop!  Ons het ‘n kind gemaak!”  Jil ons oor die telefoon.  Toe Homer tuis kom, vra ek hom om my te neem (ek het toe nog nie rybewys gehad nie en my oom Doep was nie hoof spiedie daar nie.)om die kinders by skoonsus te gaan haal.  Daar gekom, loop Skoonsus my storm.  Sy vra my hoe dink ek wie het die kind gemaak want haar broer is impotent.  Sy het die dokters sertifikaat om dit te bewys.  Ek bieg toe dadelik:  “Tannie, ons lesse kry vandag wonders reg.” Snip ek.  Sy kon toe gerus stik in die stront wat sy die dorp vol versprei het.  “Moenie dom wees nie!”  Gil sy.  “Sy kom net by jou.  Sy is swanger en dis nie my broer se kind nie!”  Toe sê ek haar “Tannie, sê wat jy wil sê en kry klaar.”  Toe beskuldig sy Homer.  Daar bulk ek van die lag, draai om en stap weg.

Net drie maande later was die baba gebore.  Ons sit toe natuurlik af hospitaal toe.  Daar gekom, is die saal stampvol gepak met die skoon familie.  Skoonsus ook.  Kyk, julle het ‘n kamer nog nooit so vinnig sien leeg word nie of ‘n gang so vinnig sien vol word nie.  Homer is nie ‘n klein man nie.  Sy krag was ook baie bekend.  Ewentwel, hy soengroet haar toe.   Groet haar man.  Buk oor “sy” kind in die wiegie en sê geskok:  ”  Vettie, jy het my gekul.  Ek maak nie halwe baba’s nie.   Hy het die ou dogtertjie uit die broeikas gehaal en toe maak sy haar ogies oop en kyk hom vol aan.  “Nee aarde Vettie”  het hy verder geraas “ek maak ook nie blou oog kinders nie.”  Toe word die gang ook leeg.

Ek wonder dikwels as die ou Skoonsuster nog gelewe het, wat sou sy nou van die kind gesê het.  Ironies genoeg lyk die spesifieke kind meer na haar as enige van haar eie drie dogters.  Ek wonder dikwels wat het die dokter gesnuif toe hy daardie sertifikaat geskryf het.

Gedagte van die dag:  Aanvaar wat jy kan, vergewe wat jy nie kan nie en gee wat jy nie hoef te gee nie.

Augustus 12, 2011 at 7:00 vm 7 Kommentaar

Watter kleur is ‘n tamatie

Doer in my dae by die kunsgalery, stuur Justin my mos om ‘n kursus te gaan doen.  Oor hoe om skilderye skoon te maak.  Dit is eintlik nie so moeilik om olieverfskilderye skoon te maak nie.  Mens moet net die regte tegniek he.  Maar dis omtrent ‘n kuns om waterverf skilderye skoon te maak.  Justin het elkeen van ons wie daar gewerk het, ‘n ander aspek van restourasie geleer.  Of laat leer.

Ewentwel, daar sit ek toe en die mens skuif langs my in.  Ek sien die bene in ‘n bruin broek wat ver vooruit onder die ry banke voor ons ingeskuif word.  Groot skoene.  “Great” dink ek.  Simpel mansmens.  Ek loer in elk geval.  Wow!!!!  Goue engelhare, groen oë, kuiltje in die ken.  Mens!  Laat ek voor my kyk.  Die lesing bevat geen verrassings of enige iets wat ek nog nie voorheen by Justin gehoor het nie.  Later begin ek al kriewelrig raak.  Toe voel ek dit.  Die stamp teen my voet.  Ek loer af terwyl ek hard probeer om ongeërg voor te kom.  Bruin broekspyp teen my been.  Voel weer die stampie teen my voet.  Ari gedorieereee!  Probeer die man nou voetjie voetjie speel?

Tikkie op my hand.  Ek loer na hom.  Hy beduie met sy kop en ek kyk na waar sy kop beduie.  Dis die papierservet wat saam met ons middagete gekom het wat hy na my kant toe druk.  Ek trek nader en loer.  Daar is ‘n groterige # op die ding.  Daar bloos ek weer.  Trek die servet nader, onder die indruk dat hy my telefoon nommer soek,  skryf netjies 77 2148.  Stoot terug sy kant toe.  Ek kom agter dat hy fronsend na die  servet kyk.  Toe glimlag en weer skriffel op die servet voordat hy dit weer in my rigting stoot.  Ek kyk en sien dat hy ‘n groter # daarop getrek het en sak toe amper dwaarsdeur my stoel weg van skaamte.  Want toe kom ek agter hy wil 0’s en x’s speel.

Gedagte van die dag:  Gee altyd hope prys.  Dit wat vir ons klein lyk, mag vir die ander ‘n hengse prestasie wees.

Geniet die naweek.  bly veilig en bly warm.

Junie 24, 2011 at 7:00 vm 14 Kommentaar

Girls wanna have fun



So amper twee jaar geled sit ek en ‘n paar ander dames af Kaap toe vir ‘n ladies legotla.  (Moenie julle asem ophou nie.  Ontspan die boudjies, gee die diafragma bietjie rus, ek gaan geen name noem nie.)

Daar gekom, kry ons ons akkommodasie maklik.  Na ‘n paar stoppe orals om foto’s te neem en die Kaapse lug in te asem.  Gauteng se kak smaak te ‘n bietjie Kaap te verjaag.  Ons het ‘n jawl gehad hoor.  Die wind was onplesierig.  Soos in ek meen ONPLESIERIG.  Big time.  Maar nou ja, wie gaan Kaap toe en verwag die wind gaan jou nie verwelkom die een of ander tyd nie?

Elke dag het ons iets anders gedoen.  Ons het regtig pret gehad.  Eendag stel iemand voor dat ons Hermanus toe moet gaan.  Die wind was weer op sy stukke en ek had gn lus om te sit en nip as die ou broodjie so teen die wind stoei nie. ” Nee,” sê ek en kry back up toe ek sê “ons gaan wyn proe.”  So gesê so gedaan.  Wie wil tog nou gaan walvisse soek as jy kan gaan wyn proe?

By die eerste plek, is een van ons gunsteling familielede  wragtig die toerleidster.  Als gaan goed.  Toe gaan maak ons ons tuis in die konferensie saal en die lesing begin.  Daar is glasies met sampletjies en droë creamcrackers op die tafels.  Dis nou om die palet tussen proe sessies skoon te maak.  Toe kon mens nou sien die heks is familie van ons gunsteling heks.  Haar motto in die lewe is ” dis amper soos bloedskande om wyn uit te spoeg as dit nie sleg is nie.”  Ons sin is:  “as jy wyn kan mors kan jy man slaan.”

So doen ons toe die rondtes.  Van ons giggel al te lekker.  Ons drywer is bietjie minder vrolik want sy kan nie saam proe nie.  Ewentwel, wie gee om?  Ons is al by omgee verby.  Ons raak toe later honger, droë creamcrackers is goed, droë cream crackers is lekker maar dis beslis nie kos nie.  Na ‘n bietjie ronddwaal kom ons toe by die mall aan.  Ek noem aan my metgeselle dat dit een van die DIE malls was in my jeug.  Net daar besluit ons dis die plek om te gaan eet.

Toe ons nou sit en wag vir dat iets vir die keel bedien word, kom ons agter ons tande dryf soos in big time man.  Hier gedraai en daar geswaai toe kry ons die “Ladies.”  Sjiet, die eerste deur waar ek wil in, is die watertenk (Watertenk?  waar ek vandaan kom is daar net ‘n druk meganisme in die muur.  Ons badkamers het nie meer die watertenk ding nie.)  op die bril en ek stap verder.  Laaste vakkie is oop en ek gaan in.  Ari, gedorie!!!!  Toe ek no u wil sit, gewaar ek die pypie.  Onopsigtelik om die binnerand van die gemakkie.  Ek kyk nader.  Daar is ‘n ou ogie wat vir my terug loer.  Hello!  Wat het ons hier?  Uit is ek weer.  Al die ander vakkies is beset.  Ek staan en wonder of ek maar my knieë hard oormekaar sal sit en probeer knyp toe kom ek agter dat dit ‘n fout sal wees.  Gou vlieg ek terug in die vakkie.  Ek gryp die pyp weer vas.  Bliksem.  Dit lyk darem wragtig nes ‘n mikro kamera.  Sjiet.  Man, ek kan niemand toelaat om my daar te beloer nie.  Ek draai eers toilet papier om maar dis nat nog voordat ek my broek afhet.  Nou is daar net een genade.

Ek het die donnerse silwer slang aan sy keel beet en pluk.  Dit sit pik  Ek gryp dit vas met altwee hande en leun terug.  Dis wragtig een murse astrante kamera.  Ek wip bo op die toilet en trek.  Al die gespook het my laat sweet en ek nou niks van sweet nie.  Ek trap vas op die bril van die gemakkie en ek trek.  Ek rem vir ‘n plek en ‘n wen maar kamera se kjend sit pik.  Wat die hel nou?  Ek is amper desperaat en klim op, kamera en al.  Toe sien ek knippe so 10 cm uit mekaar om die silwer slang se lyf.  Ek kry nou die slang  tussen twee knippe beet en trek.  Amper mur ek van die kakhuis af.  Ek het vergeet ek sit nog bo op.  Ek versit my voete en remmmmmm!!!!  Klak spring een knip los.  Ek meet gou.  nee, dit kan nog nie uit of oor die kant gaan nie.

Ek gryp nou een knip verder aan en plant my voete weer stewig op die bak.  Trek en klak word ek beloon.  Ek pas gou en ja, ek kan die donnerse oog oon die rand key en die bril daaroor laat sak.  Toe kan ek darem my ablusies doen.  Kyk van al die gesweet sit my eyeshadow nou al op my wange.  Ek het eers weer papier en dep onder my oë.  Ek lek so punt nat en besluit wat sal ek dan nou sukkel.  Daar is ‘n spieël net agter die deur.  Voordat ek by die deur uitgaan, soek ek gou eers die silwerslang om hom ‘n helse vaarwel skop te gee.  Sommer indie hoop dat ek die kamera sal mur toe skop.  Eisj.  Daar hang silwerslang.  Onder hom het al ‘n gawe poeletjie pienk vloeistof opgedam.  Watse kamera is dit dan?   Ek sleep my vinger deur en ruik.

Eisj.  Voel ek nou weer wan voor af soos ‘n poephol.  Die silwerslang met die kamera oog was toe al die tyd ‘n seep/ ontsmettingsmiddel dispenser.  Maar nou ja.  Ek het al gewonder wat die mede gebruikers van die gewoel en gewerskaf, die gekreun en gekerm moes gedink het.

Geniet die naweek en bly veilig.

Gedagte van die dag:  Laat die slang maar in die toilet hang.

Januarie 13, 2011 at 11:38 nm 30 Kommentaar

Older Posts


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter