Posts filed under ‘Huiswerk’

Toeka tokkel 11

Scrapy se volgende uitdaging was oor vuurwerke. Waar Olga is, is daar vuurwerke. Almal weet mos, Olga se nerwe is maar vreeslik dun en haar humeur vreeslik kort. Dus gaan ek teef oor vuurwerke wat my laat
rooi sien.

vuurwe
Guy Fawkes en Oujaar veral. O, ja, vandat segregasie in woonbuurte in Suid Afrika afgeskaf is, is vrede, stilte en netheid in woonbuurte mos ook maan toe. Ek vrees eintlik datums soos 5 November, 24/25 Desember, 31 Des/01 Jan. Dit is die drie populerste datums vir swart Suid Afrikaners om vuurwerke af te vuur. Ja, ja, blankes doen dit ook maar ek dink dis ook maar min dat blankes hulle deesdae verwerdig om vuurwerke af te skiet. In ieder geval, in ons buurt was die skieters van vuurwerke die laaste twee jaar swart Suid Afrikaners.

Hulle vee hulle gatte af aan die een enkele reel wat meld dat geen vuurwerke in woongebiede afgevuur sal word nie. Die verkopers van vuurwerke in ons ou dorpie, vertoon nie eers die reels oor die afskiet van vuurwerke sodat hulle kliente dit kan lees en op hoogte wees van wat nie waar gebruik mag word nie. As jy gelukkig genoeg is om deur te kom na ‘n wit polisie beampte, is die raad wat hulle gee om jou diere binnenshuis te neem of hulle ‘n kalmeer pilletjie te gee. Want hulle kan nie op woordse alleen by ‘n persoon se huis opdaag nie. As hulle nie fisies besig is om vuurwerke af te vuur nie, is daar basies niks wat hulle kan doen nie.

Wee julle! Dit maa k Olga se moer so ongedurig, as ek maar kon toor sou elke liewe vuurwerk waaraan die fokkers vat, in hulle hande en terselfde tyd onder elke polisie beampte aan diens se lui gatte afgegaan nie. Pleks van hou hulle die geld wat dit hulle uit die sak jaag om hulle kinders se skoolfonds mee te betaal.

Vuurwerk? Ek is die grootste vuurwerk waarvan ek weet.

Maart 29, 2016 at 1:15 nm 9 Kommentaar

Toeka tokkel 6

Scrapy het gevra vir skrabbel oor tuisdorpe. Beslis laat, maar huiswerk in elk geval gedoen. Ek het al in baie dorpe en self ‘n stad gewoon. Maar my huidige tuisdorp, al vir meer as ‘n dekade, is Graskop in Oos Transvaal. Wat mos nou Mpumalanga is. Maar ai, ek sou graag die Graskop in die Oos Transvaal wou beleef het.

The old home town looks the same ….. Bolle. Blykbaar was die dorp van dan ‘n spogdorp, nie die begrafplaas van ‘n spogdorp wat dit nou is nie. Ek luister soms na oom Ridder en dan word ek gevul met ‘n verlange na wat ek glad nie geken het nie.

dor[

Dit is ‘n pad gepas vir ‘n koning. Vir baie jare was dit opgevul met teer en klippies, al la bbbee, kom die reen, was die gat groter as tevore, maar mens leer om daarom te ry. Nood preek mos wet.

dorp

Self gaste wie by hierdie spog kasteel wil uitkom, moet die pad trotseer. Ja, ons het ‘n kasteel. Vergewe die feit dat dit uitsluitlik gebou was om ‘n luukse gastehuis te wees. Met deure ingevoer uit kweekskole, kloosters en ander kastele reg oor Europa. Glo ‘n belwenis. Ook op die mark vir ‘n aardige bedraggie.

dorp1

Ons dorpie is ‘n slagveld van slaggate, tog het die munisipaliteit dit goed gedink om spoedwalle seker so elke vyftig meter in “Chinatown” te gooi. Ek dink die teer wat daardie spoedwalle mee gemaak was, kon 50% van die slaggate in ons dorp gevul het. Hulle betaal immers vir geen munisipale dienste nie. Maar nou ja, die Chinese goewerment (LMFGA) het dit goed gedink om die huise, strate, dienste en spoedwalle te borg.

dor[-

Tog kan die uitsig uitsig asemrowend wees. Dan is mens geneig om baie te vergewe. God se geskenk is troos in baie harte.

Berlin waterval

Maar o, wee. Dit voel behoorlik asof elke langnaweek vol mis en ongure weersomstandighede is. Dan kry ek daardie oom en tannie so jammer wie miskien lank gespaar het om die laeveld te kom besoek en die wondere van God moeilik gaan bereik of sien. Dit na die skok van die vervalle dorp.

nwk

Om hierdie foto te kan neem, moet jy die “spot” ken en ook hoe om verkieslik jou selfoon-kamera te kan manipuleer, anders gaan jy die “gesig” mis. In die dorp is dir verval veral opmerklik, maar die wonders van God oral om die dorp kan kompenseer. Net jammer verlies aan instandhouding en die onverskilligheid van die mens, is daar ook duidelik te bespeur.

IMG00424-20121021-1753

Vir meer as ‘n dekade is dit die gesig wat my begroet het wanneer ek by die vensters of voordeur aan die noordekant van my huisie uitgekyk het. Wat ‘n voorreg.

Februarie 18, 2016 at 2:02 nm 12 Kommentaar

Vlytige vingers toeka tokkel 5.

lilac

Scrapy tokkel vandeesweek oor eerste troeteldier / stokperdjie. My eerste troeteldier was natuurlik ‘n hond. Maar ek was nooit toegelaat om hom te troetel nie. Dus sal ek eerder tokkel oor my eerste stokperdjie.

As ek terug dink aan my vroegste jare is dit behoorlik asof ek alles van agter ‘n toe venster moes gade slaan. Hoe die kinders gespeel het, hoe die vlinders baljaar het, hoe die honde hulle sterte gejaag het. Dikwels het ek die bure se tuinier van agter daardie einste ruit gesit en beloer. Hoe groter die plante geword het, hoe meer het dit my gefassineer. Wanneer hulle geblom het, was ek eers in ekstase. Toe weet ek, ek wil ook iets plant en sien groei.

Eendag was ek weer toegelaat om buite te speel. Die tuinier was besig aan ons heining se kant en het my opgemerk. Hy moes my seker al tevore gesien het terwyl ek hom beloer het. Die betrokke dag het hy my ‘n blommetjie, ‘n lila kleurige blommetjie op ‘n langerige stam met vaal blare gegee en vir my gese ek moet ‘n gatjie in die grond maak en dit plant. Hy het gese dit is ‘n poeierkwassie blo Dan moes ek ‘n voortjie daarom maak en elke dag die helfte van my eerste glas water in die voortjie gooi omm die blommetjie te voer. Dit het ek ‘n ruk lank gedoen en toe word ek siek. Alweer.

Ewentwel, elke oggend moes my pa die helfte van my eerste glas water kom haal het en dit in die voortjie gegooi het. Wat hy getrou gedoen het. Eendag het my ma het my ‘n bordjie gebring en ‘n paar worteltoppe wat sy afgesny het en gese ek moet die toppe in die piering staan maak en water gee. Dit het sy op die kamer-vensterbank staan gemaak. Elke oggend het my wyse Moedertjie die bordjie na my toe gebring sodae ek hulle kon water gee. Later toe ek kon opstaan, het ek self verster toe geloop en hulle self water gegee. Gou moes ek soggens meer as net ‘n glas water kry. Die wortel toppies het wraggies nuwe blare begin maak. Ek weet nie hoe my ma geweet het hulle sou nuwe blare maak nie, maar hulle het. Gou gou was hulle feitlik piering of sal ek se watervarings.

Toe ek die eerste dag kon uitgaan, wat het my begroet? My vaal plantjie het in volle blom gestaan onder die kombuisvenster waar ek dit in die “gatjie” geplant het. Dit was waar my verhouding met plante begin het. Een moet ek se, wat tot vandag voortduur.

Februarie 5, 2016 at 2:06 nm 11 Kommentaar

That kiss that kiss…. Toeka tokkel 3. Eerste soen.

geor

Mensig. Daar was die seun. Ek sou dalk van hom kon hou, maar nou ja. Beslis nie toe ons in standerd 4 was nie. Olga was om mee te begin ‘n baie skaam kind . Soveel so, dat my maatjies van die tyd ‘n kreupel dogter was en natuurlik my susters. Elk geval die kreupel dogter het die lewe op skool nie altyd maklik gehad nie. Ek sal myself nou nie haar beskermengel noem nie, maar ‘n vlieende tas, skoen, penneblik of boek was ‘n goeie afskrikmiddel.

So kom Andre die dag na ons aangestap waar ons onder die bome gesit het. Hy moet ons dringend iets vertel, ht die vent gese. Maar hy was baie bang dat iemand sou hoor wat hy ons wou vertel daarom was dit brood nodig dat hy tussen ons kom sit. Onds het albei opgeskuif om vir hom plek te maak. Ai dan het hy na haar gedraai, dan na my, en strykdeur gepraat sonder om werklik iets te se. Die volgende oomblik het hy my bespring en was ek bewus van sy glibberige, nat tong teen my lippe. Arme sot het natuurlik buite rekening gelaat dat hy ook maar plat op sy agterent tussen ons gesit het.

Ek glo hy sou sy seuns (as hy eniges gehad het) gewaarsku het om nie soene te steel nie. Tussen die twee van ons, het hy goed op sy donner gekry.

Gedagte van die dag: Boontjie kry sy loontjie

Januarie 24, 2016 at 10:38 nm 12 Kommentaar

Toeka tokkel twee Vakansie

Scrapy se opdrag handel oor vakansie. Almal se idee van vakansie verskil. Homer se idee van vakansie en myne verskil soos dag en nag. Hy wat in landelike omstandighede grootgeword het, wil tot hede nog net stadsliggies, hordes mense en geraas he.

My idee van vakansie is weer stilte, geen mense wie soos vliee saamdrom of rondmaal nie en les bes, stilte. Vir my is dit vakansie om net eenvoudig my honde te neem en die vlaktes in te stap. Ewentwel, rondom kerstyd was al die kinders & Kie tuis. Al het ons nie eers eenkeer God’s window of Sabie valle se wandelpaadjie gaan stap nie. het dit beslis soos vakansie gevoel.

Mnr Apie was ook saam en ek het hom vreeslik geniet. Glo my, met die sesjarige, was ek ‘n spioen, ‘n jagter, ‘n atleet, ‘n soldaat, ‘n bokser, krieket speler, ‘m dief en ook ‘n vlindervanger. (Al het ons net motte gevang.) Soms was die avontuur wat ek en hy op gegaan het, so opwindend dat ek my Tumi of sy pa moes sms om my te kom red sodat ek ‘n blaaskans kon kry.

Na die opwindende week met die meneertjie, het ek nou beslis ‘n vakansie nodig. O, nee, gedori. Dit sal ‘n Homer vakansie moet wees en vir die blink liggies, mense en gedruis sien ek nog nie kans nie.

Gedagte van die dag: ‘n Sesjarige se verbeelding is ‘n ryk bron van avontuur.

Januarie 17, 2016 at 10:47 nm 6 Kommentaar

Toeka tokkel 1 (vir 2016)

Scrapy het weer met haar toeka tokkel geselsies begin. Die intrap slag handel sommer oor ‘n gunsteling by menige mense. Nuwejaarsvoornemens. Klug van epidermiese proporsies, maar tog so ‘n lekker speletjie.

Oor die algemeen hou ek daarvan om van mense se voornemens to hoor. Ek weet van geen mens wie aan die einde van daardie jaar kon se hulle het hulle nuwejaarsvoornemings bereik nie. Ek het al dikwels gehoor “Ek gaan ophou vloek / rook / drink / skinder ens.” Dan is dit asof hulle dit nog meer doen as voorheen. Ek luister na die voorneme maar het oor die algemeen nie voornemes om te deel nie.

As ek egter gedruk word, sal ek se dat ek wil meer wyn drink. Of ‘n jong skelmpie hê, een wie se baard nog sagter as myne is. Verbasend hoeveel mense glo die strooi, hoor. Hulle sal nooit weet hoe hulle reaksies my amuseer nie.

Be that as it may, ek verwonder my oor die algemeen aan die ywer waarmee mense beplan. Dan kan ek hulle uit die diepte van my hart voorspoed of sterkte toewens. Dis mos lekker om iets na te strewe nie waar nie? Ek doen wel nie die nuwejaarsvoorneme in die doodsnikke van die oujaar of terwyl die nuwejaar nog ‘n kuiken is nie. Maar ek doen die nuwedagsvoorneme. Ek probeer regtig elke dag ‘n beter mens wees as wat ek die vorige dag was. Let wel….. Ek se nie ek kry dit elke dag reg nie. (Maar dis apartheid se skuld, nie myne nie. Die wag voor my mond is bbbee. Dink ek.)

Gedagte van die dag: Wees elke dag die beste mens wat jy kan wees.

Januarie 11, 2016 at 10:19 vm 13 Kommentaar

Toekatokkel 46, kinderstories.

storie

Scrapy daag ons die week uit om te vertel van kinderstories wat ons geraak het as kinders. Ek sal seker moet begin werk aan kinderverhale sodat Liefie met niggies en nefies wat daar moontlik kan wees, eendag sal sE “Ouma Olga toe, asseblief, sy vertel die mooiste stories. Watter kinders hou nie van kinderstories nie?

stories

Ek weet nie of daar nog kinder programme op tv is nie. Destyds was daar mos Wielie Walie en Kraaines op Dinsdae en Donderdae op waar hulle soms’n storie vertel was. Hulle het dit meer geniet as die sing middae of die verkenningstogte. Ek hoor nog hoe roep hulle saam met Sarel, Karel, die Blomme en sokkies, tannie Elma, Gert en later tannie Magda “Bennie. Bennie Boekwurm.” Hoe jil hulle met Sarel Seemonster “Stories is my lewe.” Maar nou ja, hulle het elke middag saam voor daardie tv gekamp. Behalwe natuurlik Woensdae, dan het ons katkisasie gehad.

storiet

My ouers het beurte gemaak om vir ons stories te vertel. My pa het graag Jakkals en Wolf stories vertel. Ek het as kind nie van hulle gehou nie. Die slinkse Jakkals en domme Wolf het my vir altyd ‘n hewige renons gegee in stories soos Bugs Bunny veral. As hy so gekruisde bene staan en vra: “Whats up doc?” kan ek die ^^*^%$ %&$#@^& aan sy blerrie maer bene beetkry en dit om sy nek vasknoop, dan oor ‘n muisgat staanmaak en hom dwarsdeur daardie muisgat vasspring. Maar nou ja. My ma het gehou van Grimm broeders en Anderson onder andere se verhale. Maar my persoonlike gunsteling was die anekdote uit hulle verlede. Steeds vandag as my sibbe iets wil bevestig uit ons ouers se verlede sal hulle my kontak en vra wat ek onthou.

storietj

My kinders het ‘n verskeidenheid storieboeke gehad. Ook met Bybel verhale waaruit ons vir hulle voorgelees het. Hulle het ook plate gehad met stories op. Maar het eerder gesit en luister na die woord uit ons monde. Hetsy uit die boek of uit die duim gesuig. Ek hoor nog Ousus se stem vra “En toe?” en “Hoekom?” Kyk ek moes omtrent bontstaan om die hoekom straat af te kon maak. Maar ons het deur gekom. Of ek kon dit tot haar bevrediging antwoord.

storietjie

Ek wonder hoe die stories gaan lyk wat die huidig geslag aan hulle kinders gaan oordra. Of hulle ooit hulle verbeelding vrye teuels sal kan gee.

storietji

Deesdae is Bugs Bunnie en sluwe ou Jakkals se name glo Jacob en Julius.

November 6, 2015 at 8:59 vm 7 Kommentaar

Toeka tokkel 45 toneelspelers

Scrapy se uitdaging vandeesweek is oor toneelspelers. Hulle kom regtig in alle vorms en uit alle lewensvlakke. So is daar die dame. Het twee ma se groot gehoortoestelle. Julle weet die soort wat binne en buite die oor is. Die meer modernes word mos nie maklik raak gesien nie. Haar lewensmaat kla gereeld daaroor want sy sê dit help veel die vrou het die goed, maar sy gebruik hulle nie.

In Januarie was daar ‘n kennisgewing by die kliniek opgeplak wat gratis oogtoetse by ‘n hospitaal in ‘n swart gebied aangekondig het. Heelwat blankes het daarvoor opgedaag. Nadat hulle die dag by die oog kliniek was, kom hulle hier aan. Toe vertel sy dat haar lewensmaat se oë 65/35 toets, die man wie saam met hulle gery het, se oë toets 85/85 maar hare toets net 18/18. Kyk, jy sien haar nooit sonder haar bril nie. Want volgens haar kan sy dan nie eers haar hand uitgestrek sien nie. Ek het maaf gekyk en niks gesê nie. As daar van siektes gepraat word, is sy die siekste. Sy is die doofste soos die gehoorapparaat wat in haar kas lê getuig. Toe het sy sowat twee jaar gelede uitgevind dat sy ook heupdisplasie het.

Binne maande kon sy nie eers skottelgoed was sonder om tussen twee krukke te hang nie. Haar een heup was volgens haar so sleg dat dit absoluut been op been was. Sy het so erg gehinkepink dat sy alleen die dubbelbaanstaat vol geloop het. Toe betaal haar lewensmaat, dieselfde een wie na ‘n staats kliniek gaan vir haar kroniese medisyne en brille, vir ‘n heup vervanging. Toe hulle xstrale van die ander heup geneem het vir kontrole, toe kom hulle agter dat die ander heup ook ‘n geringe mate van displasie het. Dadelik het sy mank geloop. Genade ons. Weer was ‘n dubbelbaan straat nie breedgenoeg vir haar tred nie.

Staan ek en die lewensmaat die dag op die terras by ”n kwekery en kyk hoe sy onder om die kar sukkel om iets uit die kattebak te sit. Toe tref dit my, die mankstap is soos my BB na die ongeluk destyds. Toe die ortopeet ons vertel het dat sy linker been na die besering geheel het, maar as gevolg van die veelvuldige breke aan sy bekken altyd vier centimeters korter as sy regterbeen sal wees. Hulle moes glo van die beenskerwe verwyder. In elk geval die lewensmaat merk toe op dat sy net my BB loop so mens kan sien dat haar heup vreeslik seer moet wees. toe het ek haar vertel dat my BB se waggelstappie is omdat een been korter as die ander is. Maar hare is ewe lank, hoekom loop sy soos hy?

Lank storie kort hulle kon deur nepotisme ‘n heup vervanging by ‘n staatshospitaal bewimpel. Ek wag nou dat sy weer begin waggel want nou het sy nog een knie wat nog nie ‘n vervanging gehad het nie. Die ander dag kla die lewensmaat dat sy nie eet nie. Sy spog toe en wys hoeveel het haar broek te groot geword. Sy kan doen met nog ‘n paar kilos af. Verbeel julle my misnoeë toe hulle my Vrydag van die kliniek af gebel. Ewe bekommerd vertel dat die suster die mens wil laat opneem want sy is so naar en duiselig dat sy nie kan loop nie. Kyk toe vertel ek haar dat honger geneig is om so te maak. Bloedverlies as gevolg van die operasie se moer man. Wil die vrou wragtig weet “What put you in such a foul mood?” Elo? Ek het haar gou vertel dat ek in gn foul mood was nie, maar net eenvoudig “Low tolerance for bullshit!” het.

Dat een mens na sulke uiterstes kan gaan op die groot hoed by die pityparty te dra is al walglik genoeg. Maar dat die lewensmaat dit “glo?’

Fuck me nicely and and call me Georgia.

Oktober 30, 2015 at 9:36 vm 16 Kommentaar

Toeka tokkel 38 skottelgoed was.

Scrapy gesels die week oor skottelgoed.
Skottelgoed was,
Nare ding
Om dit te doen…. Nee wragtig Olga, jou kop raas. Dis…
Kasterolie, nare goed
Om dit te drink
Eis baie moed.

Wie hou tog van skottelgoed was? Ek gee toe, nie ek nie. Tog is daar iemand wie dit lief. Ek het iewers gelees die oupa met die growwe stem, Rod Stewart is dol oor skottelgoed was.

skottelgoedwasser

Hoe dit ookal sy, ek het nie ‘n skottelgoed wasser nie. Nie eers ene wat met pap werk nie. Dus moet ek maar self was. Nou nie dat dit suur druiwe is nie, maar ek wil ook nie ‘n skottelgoed wasser van enige soort he nie. Dubbelstandaardig hoor. Maar dis ook weer ‘n ander storie. My skoonsuster het eenkeer toe ons gekuier het gevra of ek nie jaloers op haar Jennie was nie. toe kon ek met alle eerlikheid “Nee”gesê het. Haar glase wat sy skoongewas uit die kontrepsie gehaal het en in die lug gehou het, was dof. Ek het dit in tipiese Olga wyse gesê ook.

Natuurlik het sy dit ontken. Ek was eenkeer per dag skottelgoed. Elo? Ek woon alleen, meestal, hoeveel skottelgoed kan ek dus hê? Jy sal jou verbaas! Ek wil so graag die rakker wie so in my huis kom mors en vir my die wasbak vol maak in die hande kry.

Ewentwel, ek het die vriendin wie so netjies is, sy is ‘n regte egte kramp in die gat. Julle sal nie glo nie, sy en haar huismaat het een more hier aangekom. Daar was net mooi een beker wat ek uitgehaal het en gewas het terwyl ek gewag het vir die water om te kook in, met twee teelepels, een papbakkie en een eetlepel. Toe se die mens vir my “Sies, was jou skottelgoed.” Tipies Olga, het ek haar gese “As my vuil skottelgoed jou pla, was dit.” Wat sy toe ook gedoen het. Albei wasbakke boeppens vol getap vir vier goedjies. Toegegee, nadat ons koffie gedrink het, het sy die drie bekers en lepels ook gewas. Toe los sy njannies waar die twee wasbakke net so vol water en se dis nog skoon ek kan dit die aand weer gebruik.

Huh? Skottelgoed was in kouewater? Maar nou ja. Die skottelgoed wat ek koop is mos maar van die “Drip dry” soort. Saans na die nuus op SABC2 was ek gou skottelgoed, sonder handskoene. Dan versorg ek die honde en vee uit. Teen daardie ttyd is die skottelgoed droog en pak ek die goedjies weg.

Op een van skoonsus se min kuiertjies by ons, het ek ‘n skitterblink glas uit die kas gehaal na die lig opgehou en gevra “Is jy nie jaloers op my blink glas nie?” Die ironie het haar natuurlik nie getref nie. Sy het net weer vertel van Jennie.

Gedagte van die dag: skottelgoed is soos die anc, geen einde nie.

Happy birthday to you
You belong in the zoo
You look like a monkey
And you act like one too.
Many happy returns Mr Monkey.

September 17, 2015 at 8:30 vm 18 Kommentaar

oudhede

Ek is bang vir die oudhede ding. Scrapy se uitdaging van deesweek gaan oor oudhede en sy wys foto’s van pragtige goed op haar blog.

oudhede

In my ouerhuis was daar ‘n ou teepot van elke ouma. Mooi goed, in die kas tussen die ander goed uitgestal. Dan natuurlik die groot rooi leerbeslane bybel wat my broer steeds het. Of in elk geval, ek dink dit was rooi. Maroen. So iets.

Homer hulle was grootgemaak met goedjies wat uitgestal en was en veronderstel was om gelyk op tussen hom en die oudste van sy drie susters verdeel moes word. Sy ma het altyd uitgewys wat syne en wat sy suster sn sou word. Ek het gevra hoekom dit nie gelykop tussen al haar kinders verdeel kon word nie, daar was genoeg vir almal. Sy het eenvoudig gesê sy het haar pa se name en die oudste dogter het haar ma se name daarom is dit net hulle goed. Skuus, erfgoed. Dit is vir my ‘n f-u gebruik. As jy sewe kinders het, kan al sewe tog nie oupa en ouma se name hê om te kan erf nie. Be that as it may…

So het al die stukke een vir een verdwyn. Ek het eendag vir skoonma gevra waar die ou snuifdosie was toe ek agtergekom het dis nie waar dit moes wees nie. Toe het sy gesê sy het dit op ‘n veilige plek gebêre. Kon my nie pla nie. Ek het eendag opgemerk dat sy ‘n groot geheime kamer moet hê want amper al die “Ouma en Oupa” goed blyk nou in die veilige plek te wees. Sy het gesê dan is dit uit die pad. Eendag het sy my hewig ontsteld gebel. Ek moet keer. Skoonsus is besig om die goed te verkoop en as skoonma dit geweet het, het sy dit nooit onder haar oë uit laat gaan nie.

Dit het toe aan die lig gekom dat skoonsus die goed een stuk na ‘n ander, in “veilige bewaring” geneem het. Sien Homer het toe mos die dodelike sonde begaan om met ‘n vrou wie “anders” is te loop trou. Die vrou was ten eerste ‘n Kolonialer. I kid u not. Dit was wat hulle die Olga genoem het. Toe was die Kolonialer nog meer Engels as Afrikaans en die grootste oortreding nog, ‘n Katoliek. Wie trou dan met ‘n Katoliek? Ewentwel, toe die kinders kom, het die Engelse, Katolieke Kolonialer nog die vermetelheid gehad om nie een van haar kinders met die familie name op te saal nie. Daarom het skoonma dit gerade geag om die ou erfgoedjies eerder vir skoonsus, wie se jongste dogter skoonma se eie name, verskuil onder ‘n derde naam wat op geen van haar wettige dokumente voorkom nie, te gee vir veilige bewaring.

Intussen het skoonsus soos sy die goed uit skoonma se sorg ontvang het dit verkwansel aan die eerste die beste persoon wie dit wou koop. Ongeluk van die saak is, nes met die meeste (indien nie alle oudhede nie) is die stukke nie juis veel werd tensy dit aan ‘n versamelaar verkoop word nie. Maar nou ja, eersug in ‘n naam, het dus veroorsaak dat skoonma al haar familie kosbaarhede een na die ander verloor het. As sy haar nie blind gestaar het teen ‘n veretterlike naam nie, maar die goed na Homer of haar ander kinders laat gaan het, het dit vir haar nageslag bewaar gebly. Nie een van my susters of my broer se kinders het familie name nie, maar die ou bybel en die teepotte, is steeds veilig by een of ander van my sibbe.

Gedagte van die dag: Whats in a name? A sewing machine by any other name will still earn you a penny. Of jy daarmee woeker of dit smous.

Ns. Nou dat ek naaimasjien gesien het in my gedagte, skoonma se trots was dan ook ‘n Singer naaimasjien. Sy het graag vir haar kinders die masjien oopgemaak om mee te werk. Dan het sy dit nog bedraad ook. Maar die pedaal moes dan vorentoe en agtertoe getrap word om te kon werk. Nie een van haar dogters of ander skoondogters kon die masjie gewerk kry nie. Toe sy dit die dag vir Olga se val uitgehaal het, het Olga die gedoente bekyk en toe self bedraad. Sy kon haar ore nie glo toe dit reg was nie. Na ‘n paar pogings om die vorentoe trap/agtertoe trap ding te bemeester, het Olga die masjien laat sing.

September 4, 2015 at 10:57 vm 17 Kommentaar

Older Posts Newer Posts


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter