Posts filed under ‘Go Go’

‘n Nuwe/ou stapmaat

 

 

 

 

 

Ek het vanjaar ‘n skaarste aan stapmaats bevind.  Verlede jaar die tyd, was ons vyf dames wat drie keer per week ‘n sewe km staptog aangepak het.  Toe het een werk gekry en ons het almal vir haar gejuig.  Sy het immers ‘n laatlam enigste kind om met min bystand groot te kry.

Toe kry ‘n ander een teenspoed en weg is sy tot heden vandag.  Die derde een het ons net een oggend laat staan en wag en ons is toe uiteindelik tien minute laat weg sonder haar.  Vir die volgende agt maande het dit goed gegaan. Toe was dit een verskoning na ‘n ander en my Orbi trek dreig telkens om my af te gooi.  Nou ja, toe het ek vir die ding ‘n lelike teken gewys en hom uitgelos.

Gister kry ek ‘n boodskap van my 2016 stapmaat.  “Stap julle nog?” Ek het geantwoord dat my Orbi trek ook nie meer wil stap nie.  “Sal ons weer saamstap?” Vra sy. ek is maar min lus.  Want vroeg in die winter van 2017 het sy eers ‘n paar keer verskoning aangevoer en toe later net weggebly.  Maar nou ja, ek het agtergekom as mens stap, dan loop jy van verkoue en depressie weg.  So ek het dit vreeslik gemis.  Self my tuin het agteruit gegaan want ek was niks lus om dit te bewerk nie.

Nou, vir so lank as wat dit gaan hou, geniet ek die daaglikse stappie, al het dit net twee keer gebeur.

Gedagte van die dag: ‘n Stapper stap nogal van die koue ook weg. 😉

Julie 10, 2019 at 10:54 nm 7 Kommentaar

Oumie se lief

Vandag stuur susterskind vir my ‘n foto. “Ek probeer besig bly” is die boodskap daarby.

Pragtig sê ek. Ek hou van die blok wat sommer strepe word ook.  “Nina leer my hekel”sê sy.  “WAT? Ek het nie geweet Ninsi kan hekel nie.” Nina is my oudste kleindogter.  Sy was verlede jaar matriek en met die stand van sake by universiteite vandag, het haar ouers nie vertroue in universiteite nie en moet sy maar tuis studie doen.  “Ja, sy sê tannie het haar geleer.” Jy kon my behoorlik met ‘n veertjie omtik.  Dit was nege jaar gelede toe sy net mooi nege jaar oud was. Wie sou nou kon glo dat sy steeds sal onthou wat om te maak.

Dit is “Nina se poging,” kom die volgende boodskap deur. Ek is mal oor die “geometrie” wat sy daarin sit. Nou kyk, ek moet sê ek is baie trots op my liefie hoor.

Gedagte van die dag: Nou moet ek lesse uitbrei en Jessie baby ook leer.  Sy is mos ook nou nege.

April 3, 2019 at 10:53 nm 2 Kommentaar

Naweek

Woensdag stap ons roadrun.  Die week was drie lede van ons groep afwesig.  Dus was dit net ek en een ander wie gestap het.  Sy is nog nie so goed in die roetine nie, dus het dit maar stadig gegaan.  Sjym man, die ander verwyt altyd dat ek te vinnig stap.  Tog laat hulle my altyd die pas markeer.

Een van ons groep het ‘n ding teen op haar spoor terug stap, dus kom haal een van die mans ons by die “omdraai”punt sewe kilometers van ons begin punt af.

Al weer Vrydag.  More is dit weer Parkrun, en dou voor dag uit die vere vir die uwe.  Sterkte Toortsie.

Geniet die naweek en bly veilig.

Gedagte van die dag: So bring elke dag iets om na uit te sien.

Augustus 24, 2018 at 8:21 vm 3 Kommentaar

2018

Ek hoop julle het ‘n wonderlike kersfees met julle geliefdes gehad.  Baie geluk en voorspoed, liefde, vrede en vreugde wens ek elkeen toe.

Desember 31, 2017 at 11:59 nm 5 Kommentaar

Aangename atjoeeee…..

 

Ek was vandag besig om kas reg te pak toe ek op ‘n heel gawe verrassing afgekom het.  Dis nie aldag dat die uwe so ‘n aangename verrassing op die lyf loop nie.  Daar staan ek toe met die reghoekige houer in my hand en weet nie so mooi wat om te doen nie.  sien, dis eintlik ‘n dilemma van epidermiese proporsies.  Daar is sestien tjokkies in die houer en ek is nie van plan om al sestien op te eet of met Homer te deel nie.  Hy sal geen probleem hê om deel op te eet nie. Maar môre begin Lent en glo my, hy sal nie aarsel om dan die oorblyfsels van my gedeelte die een na die ander te laat verdwyn nie.

 

                                                                                   verrassing

 

Dus bly daar vir my net een opsie oor.  Ek moer dit maar wegsteek tot paasfees.  Nou dat ek daaraan dink, dit was ‘n kersgeskenk aan my.  Reeds Kersfees 2015.  Ek het daardie kersfees nie minder as drie houertjies van die lekkerny gekry nie.  Geen wonder dit was maklik om een oor te sien nie.  Maar nou ja, ek is mos ‘n mededeelsame mens Ek sal ook deel, dalk met met Homer, dalk met die hele gesin.  Dalk, hou ek dit net vir my en klein Amy.  Ek dink sy behoort dit al te kan eet.

 

Gedagte van die dag: Aan almal wie dit ken en meemaak, sterkte met lent en julle voornemens.

Februarie 28, 2017 at 11:22 nm 10 Kommentaar

Is dit net ek????

Ek sit vanaand en lees my daaglikse liturgiese stukkies en wragtig waar, die eerste leesstuk tref my so reg voor die kop. Is dit nie ons lewens vandag nie?

“Reading 1
Ez 34:1-11
The word of the Lord came to me:
Son of man, prophesy against the shepherds of Israel,
in these words prophesy to them to the shepherds:
Thus says the Lord GOD: Woe to the shepherds of Israel
who have been pasturing themselves!
Should not shepherds, rather, pasture sheep?
You have fed off their milk, worn their wool,
and slaughtered the fatlings,
but the sheep you have not pastured.
You did not strengthen the weak nor heal the sick
nor bind up the injured.
You did not bring back the strayed nor seek the lost,
but you lorded it over them harshly and brutally.
So they were scattered for the lack of a shepherd,
and became food for all the wild beasts.
My sheep were scattered
and wandered over all the mountains and high hills;
my sheep were scattered over the whole earth,
with no one to look after them or to search for them.

Therefore, shepherds, hear the word of the LORD:
As I live, says the Lord GOD,
because my sheep have been given over to pillage,
and because my sheep have become food for every wild beast,
for lack of a shepherd;
because my shepherds did not look after my sheep,
but pastured themselves and did not pasture my sheep;
because of this, shepherds, hear the word of the LORD:
Thus says the Lord GOD:
I swear I am coming against these shepherds.
I will claim my sheep from them
and put a stop to their shepherding my sheep
so that they may no longer pasture themselves.
I will save my sheep,
that they may no longer be food for their mouths.

For thus says the Lord GOD:
I myself will look after and tend my sheep”

Dit gee my hoop. Net miskien, is verlossing naby.

Gedagte van die dag: Vind ons Vader nie meer waarde aan ‘n opregte gebed as aan ‘n offerhande nie.?

Augustus 17, 2016 at 11:48 nm 6 Kommentaar

Hoe ookal

Toe was dit mos nou die naweek “Freeform Music festival. Ek het vir Homer gese om vir my ‘n reuse kettie te maak. Net jammer ek het eers agterna ‘Orkney snork nie” gekyk waar Spike agv al die pakke slae wat hy as kind gehad het, nie kans gesien het om sy hand vir ‘n kind te lig nie. Hy het Hendrik op ‘n stadium kom vra om sy tweeling te kom regsien. Hendrik het hom gese dis sy kinders, hy moet hulle gaan uitsort. toe het hy so ewe gese hy sal maar gaan doen wat hy in die eerste plek wou doen. Hy gaan hulle met waterbomme gooi.

Dit het my om geen spesifieke rede laat dink aan wat die poepoe gooiers vroeer vanjaar in Kaapstad gedoen het. Ek dink as ek nou weer gaan hoor van ‘n sekere groep se feestelikheid, gaan ek ook poepoe begin versamel, met water verdun (sal seker eers ‘n versapper moet kry) en hulle met die … bomme gaan bestook wanneer hulle weer raas.

Maar in elk geval, Vrydagaand na 22:00 het die geraas volume merkbaar afgeneem. Ek het nog so ewe vir Lapman en Sussietjie vertel dat dit na witmens party klink. Vir hulle gese, dit beteken “respek vir die mense om jou.” Saterdag oggend daar verby gery en jou wrintiewaar, daar was opelug verhoog en paar tente onderkant die “Resort”opgeslaan en gewemel van wit lywe. Saterdag aand was dit ‘n perd van ‘n ander kleur. Mensig, dit kon netsowel die Bosbokrand filamoniese orkeste almal op eenslag teen mekaar gewees het. Maar nou ja, my BB het die middag deurgekom en hy en ek het teen omsteeks 23:00 net ‘n draaitjie gaan stap. Was toe nie die “Festival”se lawaai nie, maar ‘n dem huis party net in die volgende blok. Toe het ek ook nog nie die “Orkney snork nie” episode gesien nie.

Maar nou ja. Die liewe gashere het nie rekening gehou daarmee dat die “festival” wat deur wit siele aangebied word, ook beteken het dat die SAPD wel beskikbaar sal wees nie. Voordat hulle gefuifery nog veel verder gegaan het, was die SAPD daar om die orgie te stop.

Whoop! Whoop! Olga het toe die slaap van die regverdige geniet lank voor dagbreek.

Gedagte van die dag: Kan uhm, mense respek vir ander geleer word?

Desember 20, 2015 at 11:00 nm 5 Kommentaar

Terloops gesien.

Ons het gister Sabie toe gery. Oppad terug, sien ons die ou bakkie van ver af. Rook wat agterna warrel. Eintlik swaar om mis te kyk. Dan sit die bestuurder voet neer, dan dan raak dit opdraend, dan vang ons weer op. Daar is iets op die flap geverf, sommer so met die hand.

Homer vra my op ‘n stadium wat dit sE maar al wat ek van die hele gedoente kan uitmaak is Satan en Jesus. Die ou lorrietjie snork al rokend die opdraend uit en ons sit en wonder hoe beindruk die bestuurder dalk is met homself of sy bakkie is. Die nogal soms heel amusant om sulke speletjies te speel. Maak in elk geval die pad soveel korter.

Op een lang opdraend kom ons weer naby en ek kan uiteindelik lees wat daar staan. Voor die kruin van die opdraend gaan ons verby. Swart paartjie in die bakkie. Al taamlik bejaard. Homer vra toe weer wat het op die flap gestaan. Dit was nogal mooi en om een of ander rede dink ek hulle het nie die bakkie geErf met die slagspreek op nie. Ek dink hulle het die kunswerkie self verrig.

Dit het gesE “If Satan noks, send Jesus to opien the dore.” Swak spelling ten spyt, het dit regtig my hartsnare geroer.

GEdagte van die dag. Satan klop tog so graag deesdae.

November 25, 2015 at 12:21 vm 10 Kommentaar

Net toe ek wou bly word.

inka1

Eendag was dit nog koud. Yspiskoud. Die volgende oggend word ek wakker en vind my beddegoed op die vloer. Toe weet ek, winter begin haar angel verloor. Die deur vir Sussietjie oopgemaak en waaragtig, lente was in die lug. Nog vir Homer gesê ek dink ons gaan nog een kouefront kry voordat winter terwyl oppak om Europa op horings te gaan neem.

Drie weke het sederdien verloop en net toe Olga begin bly raak dat die voorspelling nie gaan gebeur nie, word sy toe mos vanmore wakker en besef winter is nog nie klaar met ons nie. Maar nou ja, sy wil ons net herinner ons kan haar nie beheer, omkoop of afskrik nie.

Dis amptelik lente. Nee, nie lengte nie, net lente. Die tuin is maar nog effentjies, maar dit kom ook mooi aan. Lapman het reeds twee roosbome wat mooi belofte van groei begin toon het, absoluut verwoes. Ek het hulle spesifiek in sy “hardloop-baan” geplant aangesien hulle goed bedoring was. Maar die klein bont hond moes my ook wys ek kan hom nie beheer met ‘n doringbos ding nie. Die ander twee roosstokkies wat oom Ridder hier aangebring het, het nie net vraatjies soos die een wat ek by Mina gekry het nie, hulle vraatjies het sommer heel voorbarig blare uitgestoot. Oom Ridder sê dis omdat die “inheemse roos soort” is dat dit na die Mina roos geplant was, net stokkies met dorings aan en nou reeds blare stoot.

Daar sak al heeldag ‘n fyn motreëntjie uit behalwe vir die koue. Maar die tipe reën is dalk ook inheems 😉 dit maak darem goed nat. Soos Sussietjie se potent reuk my herinner. Ek het vergeet sy gaan soek nie onderdak skuiling nie, toe maak ek die deur toe. Aangesien sy nie die reën kan opeet nie, het sy maar om die huis bly patrolleer. So more was ek weer vloere.

Gedagte van die dag: Take this day and make it yours.

September 2, 2015 at 10:31 nm 5 Kommentaar

Vriendelikheid self

dapper

So mooi oop vriendelike gesig.

April 17, 2015 at 9:37 nm 5 Kommentaar

Older Posts


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter