Posts filed under ‘geleen’

Waarheen met Ouma?

 

Iemand het dit onlangs goed gedink om die gedig met my te deel.  O, wee.  Probeer hulle my iets vertel?

WHO WILL TAKE GRANDMA?

Who will take grandma? Who will it be?
All of us WANT her, – I’m sure you’ll agree!
Let’s call a meeting, – let’s gather the clan,
Let’s get it settled as soon as we can.

In such a big family there’s certainly one
Willing to give her a place in the sun!
Strange how we thought that she’d never wear out,
But see how she walks, it’s arthritis, no doubt,

Her eyesight is faded, her memory’s dim,
She’s apt to insist on the silliest whim,
When people get older they become such a care!
She must have a home, but the question is where?

Remember the days when she used to be spry?
Baked her own cookies and made her own pie?
Helped us with lessons and tended our seams,
Kissed away troubles and mended our dreams?

Wonderful Grandma! We all loved her so!
Isn’t it dreadful she’s no place to go?
One little corner is all she would need,
A shoulder to cry on, her Bible to read,

A chair by the window with sun coming through,
Some pretty spring flowers still covered with dew,
Who’ll warm her with love so she won’t mind the cold?
Oh, who will take Grandmother now that she’s old?

What? Nobody wants her? Oh, yes, there is ONE
Willing to give her a place in the sun,
Where she won’t have to worry or wonder or doubt,
And she won’t be OUR problem to bother about,

Pretty soon now, God will give her a bed,
But who’ll dry our tears when dear Grandma is dead?

 

Gedagte van die dag: In vandag se werels is dit voorwaar ‘n voorreg om oud te word. Dis nie almal beskore nie.

Advertisements

November 28, 2017 at 11:15 nm 2 Kommentaar

Die waarheid soos ons nog altoos vertel.

http://southafricauncut.com/white-people-didnt-steal-the-land-they-bought-it-legally-mosiuoa-lekota/

Iemand het laat gisteraand vir my die skakel gestuur.  Ek het dit gaan lees maar klaar reeds gesteel om hier te deel.  Vandag het ek egter weer gaan lees en tot die gevolgtrekking gekom dat ek dit nie durf ignoreer nie.  Wens so ek kon die fucked upste kleuter in die land se vaseline kop teen die artikel vasklap en sê “Lees wat daar staan.” Dalk sal hy dit dan aan sy makker Aan-die lê wys en woord vir woord vir hom ook leer.

Dis mos nooit te laat om op te let in die klas nie. Die spreker skroom nie om Afrikaans te praat nie.  Hy staan ook nie verkiesings tye op sy seepkissie en maak leë beloftes nie. Verder moet ek erken, sien mens hom bitter selde buite verkiesingstyd.  Wil my voorkom as hy in dié tye gesien word, is dit die moeite werd om te luister as hy iets te sê het.

Gedagte van die dag:   Sal hy die mening onder druk steeds huldig?

November 21, 2017 at 10:17 nm 2 Kommentaar

Elf dinge wat geen skool jou leer nie

Ek twyfel of skoolkinders hier lees, maar blykbaar moes Bill Gates op ‘n tyd ‘n motiveringspraatjie by ‘n hoërskool lewer en die volgende was wat hy hulle vertel het aangesien geen skool dit sou doen nie.  Iemand het dit heel gerieflik reeds in Afrikaans vertaal.

“1. Die lewe is nie regverdig nie, so word gewoond daaraan.
2. Die wêreld gee nie ’n duit om vir jou selfrespek nie.
3. Jy sal nie R240 000 ’n jaar verdien net nadat jy skool verlaat het nie. Jy sal nie as ’n ondervoorsitter aangestel word met ’n maatskappymotor totdat jy dit verdien nie.
4. As jy dink jou onderwyser was moeilik, wag totdat jy ’n baas het.
5. Om hamburgers by Spur te maak, is nie benede jou waardigheid nie. Jou oupa-hulle het ’n ander woord gehad vir “hamburgers maak.” ’n Mens noem dit ’n geleentheid.
6. Wanneer jy ’n gemors maak, is dit nie jou ouers se skuld nie. Moenie daaroor tjank nie. Leer daaruit.
7. Voor jou geboorte was jou ouers nie so “boring” soos nou nie. Hulle moes hulle afsloof vir jou. Voordat jy dink jy is “cool”, pak liewer jou “hool” reg.
8. Skole wil wegdoen met prestasies, maar die lewe het nie en gaan ook nie. Jy kry genoeg tyd om met 30% in ’n vak te slaag. In die lewe is daar niks wat hiermee ooreenstem nie.
9. Die lewe is nie verdeel in skoolkwartale nie. Daar is nie so iets soos lekker lang vakansies by die see nie. Werkgewers stel nie daarin belang om jou te help om jouself te vind nie. Doen dit in jou eie tyd.
10. Wat jy op TV sien, is nie werklik nie. Dit is egter werklik om op te staan voor daardie TV, die afstandbeheer, die foontjie en die speletjie neer te sit en te gaan werk vir jou voortbestaan.
11. “Be nice to nerds,” die kanse is goed dat jy dalk vir een gaan werk.”
Goeie, wyse raad as julle my vra.  Daarom deel ek dit graag hier.
Gedagte van die dag:  ;n Bietjie wysheid gaan ‘n vêr pad.

November 20, 2017 at 10:59 nm 8 Kommentaar

Sewe klippies in my sak

ek het die gedig iewers raak gelees en dit so mooi gevind dat ek dit geleen het om met julle te deel.  Ongelukkig is dit nou weer een van daardie waarvan die skrywer onbekend is.

Sewe klippies in my sak

Daar’s sewe klippies in jou sak
Deur die Here vir jou ingepak
Sodat jy ene weg kan gooi
Vir elke tiende jaar voltooi.

Eerste klippie, geen probleem
Die spel sal donkiejare neem,
Dink ons in ydel kinderwaan
Die lewe gaan vir ewig aan.

Op twintig waai die tweede klip,
Pragtig en rooi van lip,
Windmakerder kan jy nie kry,
Wat ek wil, skuld die wêreld my.

Klippie drie die laat jou dink,
Vir dertig jaar het jy rinkink,
Vier sewendes is daar nou oor,
Om op te maak vir tyd verloor.

As uit jou hand die vierde val,
Dan vlek die grys jou slape al,
En dit wat in die sak oorbly,
Te min om als gedoen te kry.

Dan kom jy by vyftig,
Nou galop die tyd te vlytig,
En na die bult-op lewenspad,
Beginne jy die afdraand vat.

Voorlaaste klippie nommer ses
Glip uit die sak voor jy sê mes
Die wat gewerk het vir n baas
Kry sy persent en groet vir laas.

O wee, o wee, nou klippie sewe,
Skriftuurlik het jy klaar gelewe,
Daar kom nou veel genade kort
Vir die wat dalk wil tagtig word.

Daar is natuurlik taai kalante,
Jy sien hul soms in die koerante,
Wat net nie wil die emmer skop
En eers na honderd om sal dop.

Of jy nou tot vervelens lewe,
Of tata sê hier rondom sewe,
By watter klip jy ookal stop,
Gaan sal ons, die tyd raak op.

Ek wens jou dus n sakvol klip,
Genoeg vir daardie honderd trip
En vreugde tot jou knië daar op oudag knak.

Nou ja, ou maat, daar het jy dit,
Al wat ons nou kan doen is bid
Vir gesondheid, liefde en geluk,
Met voorspoed vir die oorblystuk!

~ Skrywer Onbekend

Julie 22, 2017 at 4:06 nm 4 Kommentaar

Hoe vreeslik

Het my ‘n lekker lang lag besorg.  daarom leen ek dit om met julle te deel.
Vir julle wat nog nie die storie ken nie…
STUPID SKOKSTOK!
Verlede naweek sien ek toe iets by die Chinese winkel wat my baie intereseer! Ek en my vrou Rani se huweliks herdenking is om die draai en ek wil haar verras met iets besonders! Wat ek toe sien is ‘n 100 000-volt handsak groote Tazer! Een van daai wat jou so ‘n rukkie buite aksie stel maar geen permantente skade los nie en jou genoeg tyd gee om weg te kom! WAT ‘n FANTASTISE WAPEN dink ek toe! Om ‘n lang storie kort te maak, koop ek dit toe en bring dit huis toe! Laai toe die 3AAA batterye, druk die knoppie, niks gebeur nie! Ek was baie teleurgesteld! Ek sien toe as ek die knoppie druk en terselfde tyd dit teen metaal hou, daar so ‘n blou elektriese lig heen en weer spring!
FANTASTIES!!! Ek sal nog aan Rani moet verduidelik hoekom daar ‘n brand merk aan die yskas is! Wel hier is ek stoksiel alleen by die huis met ‘n nuwe speelding! Met net 3AAA batterye in, hoe erg kan so ‘n stokkie nou regtig skok, dink ek toe?
Hier sit ek lekker ontspanne in die sitkamer, terwyl my kat Gato my so ewe aangluur! Vir ‘n oomlik kry ek die versoeking, maar besluit daarteen, arme kat! So lees ek toe maar die instruksies en besef dat as ek dit vir Rani gaan gee, dat ek dit ten minste op vlees en bloed moet uit toets! Ek MOET ten minste sien of dit so efektief is as wat hulle dit adverteer!
Of is ek verkeerd?
Hier sit ek toe met my kort broek en T-hemp aan, my leesbrille op die brug van my neus, instruksies in een hand en Tazer in die ander! Die instruksies se, ‘n een sekonde pulse sal jou aanvaller skok en disorienteer, ‘n twee sekonde pulse sal spier spasma en totale beheer oor liggaam funksies veroorsaak en ‘n drie sekonde pulse sal jou soos ‘n vis uit die water laat val! Langer as 3sekondes is ‘n mors van tyd! Ja REGTIG??? Dink ek toe! Daar is geen manier dat die klein apparaat dit kan doen nie!
Ek sal my bes probeer om te beskryf wat volgende gebeur! Ek sit nog so, Gato kyk my aan met skewe koppie asof hy wil se “moet dit nie doen nie jou onnosel” Ek besluit toe dat so ‘n een sekonde pulse sal nie so erg wees nie en besluit om myself net so ‘n toetsie te gee!  Ek druk die voorste kant op my bobeen, druk die knoppie….LIEWE GENADE WAT HET NOU GEBEUR????? Dit voel asof the Rock by die voordeur ingekom het my opgetel het, op die grond neergegooi het en toe op my geduik het! Oor en oor en oor! Ek kan vaagweg onthou dat ek in die voorgeboorte posisie wakker geword het, met trane in my oe, liggaam nat van die sweet, albei my tepels wat brand soos kole, my manlikheid nerends te vinde met my linkerhand in die ongemaklikste posisie onder my lyf en my been wat spams het!I Gato was besig om die vreemste geluide te maak terwyl hy benoud aan ‘n skildery geklou het!
Daar is nie so ‘n ding soos ‘n een sekonde pulse nie as jy jouself skok nie! Jou hand laat nie los nie! Iemand moet letterlik die Tazer uit jou hande vat! Gelukkig het hy uitgeval toe ek grond toe is! Die sitkamer was in wanorde en my brille gebuig, my lippe het gevoel asof ‘n by my daar gesteek het! My broek was nat en ‘n onaangename reuk het in die lug gehang! Nooit weer nie!!!!!
Rani kan nie ophou lag nie en dreig my nou en dan daarmee!

Julie 15, 2017 at 10:10 nm 2 Kommentaar

A. G. Visser het dit….

Iemand stuur toe mos vir my ‘n A. G, Visser gedig.  Ek wil my lam giggel hoe verder ek lees.  Die persoon weet mos presies  hoe na aan die huis sy eintlik wei.  Wie my ken, weet mos dat ek ‘n poeper van formaat is.  Maar, gegewe die tyd waarin A. G. Visser gelewe en gewerk het, kon ek nie glo dat hy die “taal” in hom gehad het nie.  Buitendien, ek het die gedig nog nooit raak gelees nie.  Tot nou toe, bygesê.  Ek moes dit net eenvoudig gaan google en jou wrintie,  A.G. Visser het dit in hom gehad.  Ek moes ook kon dink, as hy in die kerk kon fluit, kon hy in die kerk poep en meer.

Om te poep is nie ‘n sonde nie

A.G. Visser

O’ gonna ek hoop dis die einde van die kerk
Ek kan nie meer sit nie, my maag wil werk
Die dominee praat lank en die son sit laag
Die vreeslikste pyne kruip rond in my maag

Eers word ek warm en dan weer koud
Nog nooit in my lewe was ek al so benoud
Dominee, dominee praat tog klaar
My rug trek krom die gort is gaar

Dit knal en dit kraak en my derms kreun
Toe los ek ‘n poep wat die gallery laat dreun
Die mense kyk om en ek bloos my bloedrooi
Die skaamste van almal was Sannie, my nooi

Die dominee bly stil sy oë omgedop
Die vrou ager my se hoed sit skeef op haar kop
Kort agter die hake van die stereo klank
Volg die gemeente se reaksie op die vreeslike stank

Party begin hoes en ander te proes
Ander weer waai met sakdoeke woes
My oë traan my kop die sak
Toe kom die vrees dak ek in my broek sal kak

Sowaar as wragtig net die volgende keer
Is dit toe presies wat moes gebeur
Ek dag dis ‘n poep want die drukking is kwaai
Te laat besef ek dis ‘n ander lawaai

Geskok na die gerommel soos ‘n donderstorm
Kom ek agter die poep het ‘n knopperige vorm
Die dominee bly stil en gluur my aan
‘n ouderling begin woedend sy weg na my toe baan

Ek spring met mening op om weg te hol
Maar word teruggetrek deur ‘n tienpond drol
Die ouderling kom nader sy arms bak
Ek skrik so groot dat ek ‘n groter bol kak

My broek is nat en die pype staan wyd
So het ek my laas as kind beskyt
Die ouderling gryp my ek kan nie beweeg
Toe maak ek vir “spite” die res op hom leeg

Nou is hy woedend en soos ‘n bees so sterk
Hy “freewheel” my kop tussen my bene uit die kerk
My sinne word dof van die walglike reuk
Die “cheek” om my kop tussen my bene te steek

My maag is so seer my bene die knak
Al wat ek voel is die groot bol kak
Die ouderling steun en druk and die bol
En druk die ding amper terug in my hol

Buite los hy my en storm na binne
Stadig herstel ek van my bedwelmde sinne
Die ding wat my sedertien nog altyd verstom
Is hoe het ek die Sondag by die huis gekom

Een ding het ek van kerkgang geleer
As jou maag wil werk sit naby die deur
En as jou derms begin draai en jou poephol blom
Sorg dat jy vinnig by die kakhuis kom

Gedagte van die dag:  Elke dag bring nuwe verrassings.

 

Mei 29, 2017 at 9:35 nm 9 Kommentaar

Waarom die Afrikaner altyd bo uitkom

Ek was die anderdag by my nuwe ouma en ons het onder andere gepraat oor die grondbesettings kwessies.  Of liewer, sy het gepraat, ek het geluister.  Dit was net vir my so ironies toe ek die volgende per epos gekry het.  Ek het gedink dis ‘n goeie ene om te deel.  So jammer ek kan dit nie direk aan die anc, eff, bflf of so iets stuur nie.  Ek plaas dit nes ek dit gekry het.

 

 

“PROF COETZEE se ANTWOORD oor WAAROM DIE AFRIKANER BO UITKOM:

“Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof, as heel aanvaarbaar; jy moet net beweer jy was daartoe gedryf deur honger, gebrek, apartheid, of die waan dat jou oer-voorouers onderdruk was. Laat ons dus maar vandag oor ‘n paar sake reguit praat:

‘n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie – jy steel omdat jy skelm is.

Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig onderdruk, soos die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog nie.

Ons voorouers wat die oorlog en die konsentrasiekampe oorleef het, het na die doodse leegheid van vernietigde plase teruggekeer – uitgehonger, hartseer en verpletter. MAAR hulle het nie geroof en gemoor en gesteel nie. Hulle het met harde werk, deursettingsvermoë en swaarkry so presteer, dat hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle huidige onderdukkers, goed kon versorg.

Toe hulle kinders in Engelse skole gestop is en gestraf is as hulle dit durf waag het om Afrikaans te praat, het hulle nie klippe gegooi en skole afgebrand en geweld gepleeg nie. Hulle het hard geleer, hulle eie CVO -skole gestig en uiteindelik bo uitgekom, sodat die Afrikaner vandag vir niemand op akademiese,
tegnologiese of wetenskaplike gebied terug hoef te staan nie.

‘n Mens moor nie omdat jy voorheen benadeel is of omdat jou werkgewer jou nie tederlik genoeg behandel nie – ‘n mens moor omdat jy ‘n barbaar is, wat nie verdien om deel van die samelewing te wees nie.

Na die Tweede Vryheidsoorlog het Afrikanermynwerkers absoluut geen regte gehad nie en moes hulle hulle gesinne met minder as ‘n hongerloon probeer onderhou. MAAR hulle het nie bejaardes gaan doodmartel en gesinne uitgemoor nie.

‘n Mens word nie ‘n agtergeblewene, omdat iemand anders nie genoeg vir jou doen nie. ‘n Mens word ‘n agterblyer, omdat jy nie presteer nie. Niemand het die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog vooruit gehelp nie – ons het self gewerk en volhard om sukses te behaal.

En élke ding wat ons het, het ons verwerf!

As alles altyd vir jou verkeerd loop, sodat jy voel jy maak nooit enige vordering nie, is dit dalk ‘n goeie gedagte om op te hou soek wie anders as jyself, vir al jou ellende verantwoordelik is. Ruk jou reg en presteer jouself in die voorspoed in!

Dit geld vir ons eie mense ook. Net ons eie werk, prestasie en geloof gaan bepaal of ons as agterblyers in die vergetelheid gaan wegsink en of ons weer as trotse, beskaafde, gerespekteerde volk sal opstaan.

Selfs in die nuwe Suid-Afrika, is daar steeds geleenthede vir vindingryke, geesdriftige mense wat bereid is om hard te werk en vir hulleself ‘n toekoms los te spook.

Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie.”

                            

Ek weet van niemand anders wie dit beter kon sê of gesê het nie.  Dit was so mooi presies wat ouma Mavis ook gesê het en tog steeds so waar.

Mei 13, 2017 at 11:36 vm 6 Kommentaar

Older Posts


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter