Posts filed under ‘Eet en word dik’

Lemmetjie piekels

 

Ek het toe vanmiddag my bottel lemmetjie piekels gekry. Dit is hoe dit min of meer lyk.  Net, die kwien se direkte familie se huisgenoot maak ons sin spesiaal.  Dis soos met die mango atjar ook.  Ons kry ons sin seker maar light.  Met baie min olie maar verkieslik geen olie oor nie. Met die dat ons nou omtrent tuis nyweraars geraak het, ondersteun ons ook die mede tuis nyweraars.

Dis nou nie dat ons nie voorheen tuis nyweraars sou ondersteun nie, dis net nou kom ons meer met tuisnyweraars in aanraking.  Soos ek reeds gesê het, die kwien se direkte familie se huisgenoot is ‘n kranige kok.  Soms bietjie a – la – Hilda. Maar sy deel haar resepte met niemand nie. Sou iemand haar ‘n resep vra, sê sy net altyd.  Maak pekel water en gooi oor terwyl dit so duidelik soos daglig is dat haar piekels nie in pekel water lê nie. Sy maak ook die heerlikste aartappel samoosas. Mensig! Dis omtrent “to die for.

Maar ek weet mos, ek vra gn resep nie, ek geniet net wat sy maak, wanneer sy dit maak.

Gedagte van die dag:  Bly warm.

Julie 6, 2019 at 10:13 nm 4 Kommentaar

Die kuns van lekker eet.

tmi

Kaaskoek in 4 minute!

* 1 liter jogurt van jou keuse
* 1 blikkie kondensmelk
* tenniskoekies

Metode:
Krummel die koekies onder in ‘n bak. Meng die jogurt en kondensmelk. Gooi die mengsel op die koekies in die bak. Sit in die mikrogolf vir 4 minute in siedaar!
Haal die kaaskoek uit die mikrogolf en sit in die yskas totdat dit lekker koud is. En geniet!

Iemand het sowat ‘n maand gelede vir my die resep gestuur. Ek het dit gekyk en gedink “Dis te simpel om waar te wees. Kondensmelk het eiers en suurlemoensap nodig om te stol. Wat gaan hierdie outjie laat stol? Ewentwel, ek het dit toe vir almal aangestuur wie ek gedink het sou belangstel. Die eerste is my Tumi. Sy het dit gemaak en dis heerlik. Sy het dubbeldik aarbei jogurt gebruik.

Iemand anders het Griekse jogurt gebruik en ‘n flake of twee daaroor gekrummel voordat dit genuke was. Sy het nie foto gestuur nie, maar sweer dit was heerlik. Nog iemand het gewone ongegeurde jogurt gebruik en twee gekrummelde pepermentcrisps daaroor gestrooi. Sy sê dit was opgeeet voordat sy daaraan gedink het om ‘n foto te kon neem maar sê dit was hemels. So as julle belangstel, gaan vir goud.

Februarie 23, 2014 at 9:47 nm 6 Kommentaar

Sop vir 4


Toe ek gister more wakker geword het, het ek heel eerste gewonder of ek iewers geyl het, want ek het gedink ons is al goed in die lente in en daar word ek wakker in winter. Die “gegggg” in ‘n paar oktawe het my oortuuig dat Bessie saam met my in winter wakker geword het, dus kon dit nie die gevolg van te veel soet Rosé wees nie. Bessie drink mos nie Rosé nie. Ek moet dit telkens vir haar drink. Ek weet ook nie meer hoekom ek die moeite doen om vir haar ‘n glasie te skink nie.

Tog het dit my ‘n goeie verskoning gegee om die laaste van verlede winter se botterskorsies te gebruik. Ek het Botterskorsie sop gekook. Te lekker. Wag, kom ek deel sommer die resep met julle.

3o ml suiker
1 groot ui gekap
2 huisies knoffel gekap
2.5 ml gemaalde komyn
2.5 ml gemaalde gemmer
1 ml gemaalde naeltjies
swart peper na smaak
1 groot of 2 medium botterskorsies, geskil en in dobbelsteentjies gesny
2 medium aartappels of patats, in dobbelsteentjies gesny
spatsel tobasco
1 l groente of hoenderaftreksel (2 – 3 groente of hoender aftreksel blokkies en 1 l kookwater)
sap van 1 suurlemoen
gewone of Bulgaarse jogurt of klapperroom en koljander blare vir garnering (ewe lekker daar sonder)

Metode

Sprinkel suiker in groot kastrol. Laat karamaliseer en voeg ui en knoffel by en braai 2 tot 3 minute. Voeg kruie en braai tot geurig. Kook sowat vyf minute saam. Voeg nou aftreksel by en en verhit tot kookpunt. Prut totdat botterskorsie en aartappel (patat) sag is, sowat 30 minute. Voeg nou tobasco en suurlemoen by. Geur na smaak met sout en peper. Laat opkook en sit stoof af. Laat effe afkoel en verwerk tot glad of vryf deur ‘n sif. Garneer met ‘n krul jogurt of klapperroom en koljanderblare. Die op met ‘n bros broodrolletjie of lekker gebotterde snye roosterbrood.

Geniet dit. Ek weet ek doen, elke keer.

Gedagte van die dag: Almal maak foute. Kyk na jou eie en ignoreer ‘n ander se foute.

November 2, 2011 at 6:31 vm 5 Kommentaar


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter