Sonde soek.

Julie 28, 2020 at 12:02 nm 14 Kommentaar

Ek het al gesê dat my nuwe ouma so skielik oorlede is.  Wel, sy het ‘n vriendin/kerksuster/(wit) kind se kleinkind opgepas terwyl die kind se ouma oorsee is en haar (kind) se ouers by die werk.  Toe het ouma Mavis se dogter die kind versorg.  Of dan, opgepas.  Toe kon ek sien sy begin moeg vir die kind word.  My ondervinding met die kind was dat sy nie sosiaal is nie.  Vra haar ‘n vraag en sy het kop onderstebo die hasepad gekies en met die hond buite gaan speel.

Toe besluit “my tannie” sy moet hospitaal toe gaan vir haar oë en sy kan nie meer na die kind kyk nie.  Ai, sonde.  Ek sê toe vir Homer ek wonder of ek nie moet aanbied om na die kind te kyk nie.  Maar aangesien hulle nog tyd het om tussen hulle vriende te soek vir dagsorg vir die kind, doen ek niks meer as die moontlikheid aan Homer te noem nie.  Goeie genade! Toe ek vir my kom kry, het Homer aangebied om na die kind te kyk. Wel!  Natuurlik beteken dit EK moet kyk, Sy is nie stout nie.  Maar genade my!  Juffrou, uit ‘n tipies Afrikaanse gesin, het haarself voor die tv geleer Engels praat.  Nou weier sy om Afrikaans met enige iemand anders as haar ouers te praat.  Die Engels is maar tv Engels en kom deur in ‘n Engelse skool, maar die Engels is nie perfek nie. Die R’e is so Afrikaans en gutteraal soos kan kom.

Niemand kan haar reghelp nie.  Sy kom staan eenvoudig voor my en herhaal die woord oor en oor, julle weet, ek moet nou regkom.  Maar nou ja, not my circus, not my monkey.  Eers het ek probeer om haar met lesse van die internet af op datum te hou met skoolwerk.  Maar o wee. Telkens moes ek hoor dat sy in die A class (a la Amêrica) is en dus nie hoef “home schooling” te doen nie.

So, nou het ek soos ‘n kind besluit my duur data kan dan maar net sowel vir my eie doel gebruik word nie om ‘n slim kind op datum te probeer hou nie.

Sowat van sonde soek, het ek nie gesoek nie. Maar Homer het blykbaar gedink ek het dit nodig.

Gedagte van die dag: Amper tyd om in die tuin te vroetel. Dalk sal prinsês Ahmêrikah floreer met die hark of vurk.

Entry filed under: Bitch en Moan, Uncategorized.

My gunsteling gereg Wat de…..

14 Kommentaar Add your own

  • 1. Toortsie  |  Julie 28, 2020 om 1:46 nm

    Alles van die beste! 😁

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Julie 30, 2020 om 10:33 nm

      Baie dankie. 😆

      Antwoord
  • 3. Tannie Frannie  |  Julie 28, 2020 om 2:53 nm

    Sit hier en glimlag so by myselwers oor Homer se aanbod en die gevolglike werksverdeling… Maar ek kan net dink hoe absoluut dankbaar die kind se ouers teenoor julle is!

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Julie 30, 2020 om 10:33 nm

      Dan is iemand darem bly. 😉 Sommige dae jeuk my hande so om trom te speel op haar agterent.

      Antwoord
  • 5. Dr Christa van Staden  |  Julie 28, 2020 om 5:16 nm

    Sjoe, het ek nou vir jou jammer gekry. Ja, nee, kyk, ek weet nie hoe oud jy is nie, maar ek sien nie daarvoor kans nie.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Julie 30, 2020 om 10:36 nm

      Oud genoeg om jonger te wil wees. 😉 Kan soms net stilweg grinnik ad mense hier aankom om vir Homer te sien en ons is toebvallig buite en hulle vra my “Hoe oud is jou dogtertjie nou?” Is hulle dan simpel of swaksiende?

      Antwoord
  • 8. HesterLeyNel  |  Julie 28, 2020 om 6:40 nm

    Ek wil nou nie lag oor jou dilemma nie, maar dit is skreeusnaaks! Kom ons hoop julle vind iewers aanklank en dat jou senuwees dit hou!

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Julie 30, 2020 om 10:39 nm

      Ek het nou al geleer as die versoeking groot word, dan se ek ek hoor net Afrikaans. My Engelse ore is af vir die dag. Dan verdwyn sy maar stil stil en hou haar elders besig.

      Antwoord
      • 10. HesterLeyNel  |  Julie 31, 2020 om 8:53 vm

        Hoe lekker lag ek nou. Ek het baiekeer lus om staat te maak op geselekteerde doofheid.

  • 11. Positief  |  Julie 28, 2020 om 11:10 nm

    Sorry maar ek moes lag. Ja-nee steek haar goed in die werk, sal die Ingels verminder, mens swets lekkerder in Afrikaans

    Antwoord
    • 12. Olga  |  Julie 30, 2020 om 10:41 nm

      Soos die dae warmer word, (ari gedori, daar was vanjaar so baie koue dae.) trek die tuin my soos ‘n magneet. Een van die dae stop ek juffie die hark in die hand dat sy hark waar ek gespit het.

      Antwoord
  • 13. seegogga  |  Julie 31, 2020 om 6:56 vm

    Sterkte! Gelukkig ken jy waarskynlik n paar goeie Afrikaanse woorde wanneer die frustrasie hoog loop!

    Antwoord
    • 14. Olga  |  Julie 31, 2020 om 4:23 nm

      Ek laat nie toe dat sy my tot frustrasie dryf nie.

      Antwoord

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: