My gunsteling gereg
Junie 9, 2020 at 2:08 nm Olga 7 Kommentaar
Ek het ‘n vriendin wie altyd vra “Wat eet jy vandag?” Ek het sedertdien agtergekom hoe dikwels ek kan antwoord “My gunsteling gereg?” Dan wil sy weet, (asof sy nie alreeds weet nie) “Wat is dit?” My antwoord is dan “oorskiet.” Ek het tydens hierdie ou inperking geleer om “groot” te kook en alles wat ekstra is, in bakke uit te skep en te vries. Gelukkig is Homer nie te kieskeurig met wat hy eet nie. Nes ek, sal hy ook twee dae of meer, dieselfde gereg eet.
So het ek agtergekom wat my gunsteling van alle geregte is. Dit is oorskiet. Geen kastrolle, bakke, panne of bakplate om te was nie. Druk in die mikrogolf oond, drukkie die knoppie ‘n paar keer en siedaar! My gunsteling gereg sonder ‘n berg voorbereiding of skottelgoed.
Gedagte van die dag: Oorskiet is lekker.
Entry filed under: Uncategorized.
7 Kommentaar Add your own
Laat 'n boodskap
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed
1.
Toortsie | Junie 11, 2020 om 3:34 vm
Ek kook ook in groter maat as wat ons eet en vries bakkiesvol. Dis darem net te lekker om iets vinnig uit die vrieskas te haal.
2.
Olga | Junie 13, 2020 om 1:18 nm
Die groot bonus is die min werk wat daarmee gepaard gaan.
3.
Toortsie | Junie 13, 2020 om 1:53 nm
Dieselfde werk vir dubbel die kos.
4.
scrapydo2.wordpress.com | Junie 11, 2020 om 11:37 nm
Oorskiet is lekker en maak dat mens iets het om te eet ook.
5.
Olga | Junie 13, 2020 om 1:25 nm
Net so. ‘n Bakkie in die vrieskas maak my gelukkig.
6.
scrapydo2.wordpress.com | Junie 14, 2020 om 1:09 vm
Ek deel ook my maaltyd in drie dele. Een vir vanaand een vir more aand an derde gaan vrieskas toe.
7.
Xena Phoenix | Junie 19, 2020 om 9:02 vm
Ek kook net 2 / 3 dae in die week.
Sondag – ‘n groot pot iets wat ek dan eet tot Donderdag of Vrydag.
Vrydag (soms, afhangende hoe lank my Sondagkos gehou het) – vis in die oond.
Saterdag – steak
Dan is ons weer terug by Sondag vir die week.