Sowat van skelm wees

Mei 26, 2020 at 3:21 nm 5 Kommentaar

 

 

Ek wonder wie het almal dieselfde problem as ek.  Vandat die inperking begin het, gebruik ek nou tot 300% persent meer data as voorheen.  Dit maak vir my net eenvoudige nie sin nie. Ek gebruik glad geheel en al nie facebook, twitter, instagram en wie weet waste ander sosiale media nie.

Vandat ons gevangenes van Covis 19 geword het, het Homer ook nie eers nuwe kliente gehad nie. So daar het ‘n paar fakture en kwitansies uitgegaan.  Ek bedoel regtig ‘n paar.  So internet gebruik was bitter min.  Tog vir die eerste keer in drie jaar, het my data weer nie die maand deur gekom nie. My selfoon gebruik ek net vir sms en oproepe, niks anders nie.  So meestal is daar in elk geval nie data op nie.  My tablet aan die anderkant moet ek so elke tweede maand data bietjie aanvul.  Toe het ek uitgevind van die “Whats App bundle” teen net R29 vir een Gig wat dan gemaak het dat my data genoeg was om soms ‘n bietjie teruggesteel te kry.  Helaas, dit was pre-inperking.

Sedert die inperking hoef my data gebruikers blykbaar nie eers aan te wees om data te gebruik nie.  Dus neem ek aan word my data nou weer aangewend om al die “CONNECT U” vrybuiters te befonds.  ‘n Grap is ‘n grap en ‘n donasie is ‘n donasie.  Mits dit vrywillig gegee word.  Indien jy doneer sonder jou medewete, word jy bedonnerd.  Dan word daar gesteel.  Ek stem saam dis lekker om internet te gebruik.  Dis lekker om sosiale media te gebruik.  Goeie moer dan moet almal onthou, dis ‘n verbrandse luukse.  As “OUR PIEPEL”, die bure, die mense oorkant die straat nie data kan bekostig nie, kan hulle nie internet gebruik nie.

Ek doneer, skenk, gee met dankbaarheid in my hart omdat ek het om te gee en dus nie nodig het nie.  Ek verdien dit waaragtig nie om nog van my gesteel te kry nie.

Gedagte van die dag: Mag die skelms almal op die tydstip dat hulle dit die minste wil he, ‘n helse nat poep los en die bewyse daarvan duidelik te ruik en te sien is.  Viva

Entry filed under: Uncategorized.

Dit was nou amper My gunsteling gereg

5 Kommentaar Add your own

  • 1. Adam  |  Mei 26, 2020 om 11:54 nm

    Almal kla. Alle networks blyk deel van hierdie diewery re wees. Jy kan maar bel. By mtn het hulle n jaar laas hulle fone geantwoord. Ons moet net voorerntoe buig

    Antwoord
  • 2. scrapydo2.wordpress.com  |  Mei 27, 2020 om 8:10 vm

    Gladnie goed genoeg nie. Daar is so ding dat mense na jou bel/kontak die rekening of oproep deur die ontvanger betaal word. Is dit nie die geval met al hierdie spammers nie?

    Antwoord
  • 3. Willem Louw  |  Mei 27, 2020 om 2:17 nm

    As jy die diensleweringsbetogings belkannhulle nie fout vind nie. Soos hulle sê -we could find no discrepancies. Maar ons moet onthou dat hulle gedwing was om hulle data pryse afwaarts aan te pas. nou het almal se routes van n 1.1l na n 5l straight 8 gegaan.

    Antwoord
  • 4. Nulletjie  |  Mei 27, 2020 om 7:36 nm

    Maar natuurlik steel hulle almal se data. Almal stem mos saam skielik is hulle data gebruik deur die dak terwyl hulle dieselfde tyd of minder op die internet deurbring. Studente of nie, elke mense moet sy eie luxuries voorsien of weg bly.

    Antwoord
  • 5. Dr Christa van Staden  |  Julie 20, 2020 om 11:41 vm

    Sjoe, ek sou ook kwaad wees. Dan word data ryklik aan Unisa se studente uitgedeel, wat mekaar maan om dit nou nie vir iets anders te gebruik nie.

    Antwoord

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: