Dit was nou amper

Mei 15, 2020 at 9:38 vm 9 Kommentaar

 

                                       

Grassnydienste was voor die inperking laas hier.  Ek vra Homer nou al van die laaste week in Maart om net die grassnyer aan die gang te kry. Ek is nie seker watse petrol dit gebruik en of daar tweeslag goed moet inkom nie.  Dit val net op dowe ore.  Twee weke gelede het ek regtig hard gepraat en hy het ontplof.  “Ek het dit geweet.  Ek het dit net ge4ken weet.” brul hy, dramaties tot die einde nes sy ma.  “Wat het jy geweet?” Vra ek.  “Dat ek jou sal laat gras sny?” Ondervra ek voort. “Ek sal nooit daardie fout maak nie,” snerp ek.  “Mense mag dalk dink jy is die vrou in die huis.” Daar storm hy uit en die gras kom nie gesny nie.

Woensdag dreig ek sommer vroeg om hom na sy susters te pos.  Kort voor lank brul die grassnyer.  Daar gaan die uwe toe gespoor en gestewel. Maar my hoed was darem nie ‘n  Stetson nie.  Daar gaan ek op en af op en af op die sypaadje wat die munisipaliteit wil hê maar nie in stand wil hou nie. Gou gou was die gras kort en ek stoot die grassnyer aan hek se kant toe om te ruil vir die besem en hark sodat ek gou kan skoonmaak voordat ek die res aandrurf.  Neffens die hek begin sluk sluk sluk daardie Breek en Start motor en snik morsdood vrek. Ek weet sommer die petrol is klaar, maar dis ok, ek kan buitendien nie meer onthou hoe om die ding af te sit nie.

Nog so gevee toe hoor ek ‘n voertuig stop.  Dis toe einste die gras sny oom.  “Wie het nie ore nie” groet hy.  Maar my bek hang oop van die dors.  Ek moet eers water sluk voordat ek kan praat. “Ons kom more gras sny” seg hy. “Ek het maar ‘n permit gaan koop.  Ek het Homer gebel en gesê ek kom more.” Ek kyk op en sê “Ja, nes jy Maandag al sou gekom het.” Ewntwel, gister is sy werkers vroeg gister oggend is sy werkers afgelaai met ‘n verskoning hy moet ongelukkig na die buurdorp toe.  nou kyk, ek doen nie vroeg met ‘n ligte hart nie.

Toe ek uiteindelik reg is om my dag te begin, kyk ek deur die venster toe ek die gordyne oopmaak. My plantjies wat net gister nog kiertsregop gestaan het, is weg.  Gewoonlik moet ek die mense uit hulle baas se bakkie gaan ruk om die beddings skoon te maak.  Toe het hulle egter eerste die beddings wat nie regtig skoonmaak nodig gehad het nie, begin en 95% van die blomkool, brocolli, Brusselse spruit, spinasie en baba spinasie uitgespit.  Dit is nie eers te sien tussen die paar bossies wat lê en wag om in die sak gesit te word nie. Toe begin ek soos ‘n dronk spirits dame te gil.  Die een wat die naaste aan my gestaan het, probeer nie eers uitvind hoekom ek gil nie.  Seker gedagtig aan die vlieënde graaf van Januarie sê hy dat dit nie hy was nie en hy laat spaander.  (Januarie het hy, die moerskont, my blaarslaai, beet, wortels en die helfte van my groenbone uitgespit.) Toe ek met hom praat, toe klik ta sy tong vir my.  Dis toe dat die graaf sy vlieglesse gedemonstreer het.

Toe ek al gillend sonder ‘n graaf op die ander twee wie glo daar gespit het afstorm gooi hulle spitvurke en grawe neer en laat spaander, straat af. Maar kyk toe gil die spiritsdame eers op hulle.  Ek is seker die hele dorp het gehoor dat ‘n &^$#%T&*( spinasie plant dieselfde in Zim en Mosam4kenbiek lyk as in SA hoe kon hulle dit wat in netjies rye staan verwar met bossies wat die wereld vol staan?  Ek was so kwaad dis hulle geluk ek het plakkies gedra.  Was dit tekkies het ek hulle gejaag en goed opg…. Ek was so kwaad die bloed het sommer sulke harde donderslae in my kop geklop. Elke keer doen hulle dit.

Is na my mening verdekselsde moedswilligheid.  Dit gaan nou al vir drie jaar so.  Ek moet toe gee, dis die derde span werkers wat hy het.  Elke keer dieselfde storie.  ‘n Geval van “o, jy het kos geplant wat ek nie gaan eet nie.  Wha ha ha, jy gaan ook nie.”  Toe wil Homer nog ‘n lansie breek vir die baas wat nou gefire gaan word.  Dis toe hy weer vertel word sy susters wag vir hom.  Ek het die man gebel en gefire.  Ek wil hom of sy %$#@%$6 moedswillige werkers nie weer op my werf sien nie. Sowat twee ure later kom hy in elk geval hier aan met ‘n Checkers sak.  Binne in is drie rogbrode wat hy weet ek baie lief voor is en nie plaaslik beskikbaar is nie.

Maar kyk om so be….d te word so vroeg in die oggend is nie bevorderlik vir die kolonel nie.  Maar nou ja.  dit was nou wragtig amper of ek was vas vir moord.

Gedagte van die dag:  Die baas is as gevolg van die rogbrode nie meer gefire nie, maar daardie dom donners se voet nie weer naby my tuin nie.

Entry filed under: Uncategorized.

Vooruitsig? Sowat van skelm wees

9 Kommentaar Add your own

  • 1. scrapydo2.wordpress.com  |  Mei 15, 2020 om 10:56 vm

    Oelala so amper het jy jou opsluit tyd in die tronk deurgebring. Weet jy, ek verpes dit ook as hul mens se tuindeel skoonmaak wat eintlik nie vuil is nie omdat jy dit beplant het. My tuinier sal sommer met sy weet-eater alles afslaan. Dan gooi hy ook die grassnysels bo-op my plantjies dat jy geen enkele plantjie sien nie. Seker ouens is maar net nie gemaak om insig te hê nie. Dankie jong, jy het my nou lekker laat glimlag. Lyk my manne is almal dieselfde as dit by grassny kom ook.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Mei 19, 2020 om 5:35 nm

      Ek weet nie meer wat ek gaan doen nie. Ek oorweeg dit nou om maar op te hou tuin maak. Ek koop saadjies, dikwels saailinge en dan kom hulle en verwoes alles. Die keer was die plantjies mos al mooi groot.

      Antwoord
  • 4. HesterLeyNel  |  Mei 16, 2020 om 6:36 nm

    Ek is tog so bly ons woon in ‘n kompleks en die tuin is nie meer my probleem nie. En sorrie dat ek gelag het oor jou groenteverlies, maar dit is blykbaar ‘n algemene probleem.

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Mei 19, 2020 om 5:40 nm

      Hopelik sal die swernote nou twee keer dink voordat hulle weer verwoes. Dan weer die amperse wenner van die vlieend graaf in Januarie het net eenvoudig niks geleer. Al wat hy anders gedoen het, was dat hy maar eerder grassnysels opgehark het en nie geskoffel het nie.

      Antwoord
      • 6. HesterLeyNel  |  Mei 20, 2020 om 2:55 nm

        Daar’s nie pille nie

  • 7. Platjie  |  Mei 17, 2020 om 10:59 vm

    Dit bly n algemene problem te wees. Spite niks ander nie.

    Antwoord
    • 8. Olga  |  Mei 19, 2020 om 5:41 nm

      Ek glo ook so.

      Antwoord
  • 9. Nulletjie  |  Mei 27, 2020 om 7:30 nm

    Gaan kyk in hulle tuine. By hulle huise. Jou plante dra geil daar.

    Antwoord

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: