Vooruitsig?

Mei 5, 2020 at 10:39 vm 3 Kommentaar

Verlede jaar het ouma se seun ‘n lelike ongeluk gehad en was ernstig beseer.  Vir ‘n paar dae was dit touch en go. Hy was in ‘n mediesegeïnduseerde koma gesit.  Vir die leek kon dit natuurlik erger gelyk het as wat dit was.

In elk geval, die familie wou Ouma nie hospitaal toe neem nie, ingeval die skok om hom feitlik onherkenbaar geswel te sien te veel vir haar sou wees. Toe hulle hom uit die koma begin speen, het sy suster Nelspruit toe gegaan en ons gevra om maar ‘n ogie oor haar ma te hou.  Sondag middag laterig loop ons oor die straat om te gaan seker maak alles is nog in die haak daar.  Skaars daar of ‘n kar hou buite stil. Soos altyd as daar ander gaste kom, staan ons op om te loop.  Maar sy sê toe “Nee bly.  Die een gaan nie lank bly nie.”

Toe “die een” loop, sê sy “Sien? Ek het julle mos gesê.  Sy stel nie werklik belang hoe dit met my kind gaan nie, sy soek net sy huis.  Ek het haar laas gesien met die ouman se begrafnis.” Dit was so drie jaar vroeer,  maar sy is nie klaar gepraat nie.  “Kyk maar as ek die dag doodgaan, gaan sy heel eerste opdaag en laaste loop.  Kom hulle net om te vreet?” Inderdaad het “die een”meer belang gestel in wat van sy huis gaan word.  Met die inperking en wat dit alles meebring, was ons nie genooi vir haar roudiens nie.  Maar toe die ander bure laat weet “Ouma is buite.  Kom julle afskeid neem?” het ons maar uitgegaan.  Die straat was vol voertuie.  Die lykswa in die plek van eer voor haar hek. Kyk, ons woon mos op die hoek. Die straat tot die volgende hoek, in die systraat af, alle kante toe, staan voertuie bankvas. Homer sê toe dis beslis meer as vyftig voertuie hoeveel mense is daar net nie?  Toe moes ek vinnig agter die hek inspring.

“Die een”loop op en af tussen die ander voertuie soos ‘n wafferse Winnie M ek kan sweer sy het tot ‘n pas-stokkie in haar hand gehad.  Maar toe my oog op haar val, het Ouma se stem hard en duidelik in my oor opgeklink en ek het gestik soos ek gelag het.  Sy was toe after awl so reg.  Ek weet net nie of sy laaste geloop het nie.

Gedagte van die dag:  Pêrels van wysheid skitter altyd.

Entry filed under: Hartsake, Uncategorized.

Rus sag Dit was nou amper

3 Kommentaar Add your own

  • 1. scrapydo2.wordpress.com  |  Mei 6, 2020 om 1:56 vm

    Daar is altyd die “sharks”wat kom kyk of hul n hap kan vat. Bly om te hoor ouma het darem met julle gekuier en daaroor gepraat.

    Antwoord
  • 2. Elsa  |  Mei 12, 2020 om 8:08 vm

    N mens kry “die een” maar in elke familie. Is hulle hulpvaardig of bemoeisiek. Ek slaan my hands saam vir sulke mense. Ek dink die puma sou haar optrede geniet het en dan met geur en kleur vertel het dat sy reg was.

    Antwoord
    • 3. Elsa  |  Mei 12, 2020 om 8:10 vm

      Puma is eintlik OUMA.

      Antwoord

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: