Rus sag

April 30, 2020 at 3:32 nm 4 Kommentaar

Ai, die dag voor lock down begin het, het ‘n buurvrou verjaar. Sy het die bure en vriende genooi om saam koek en tee te nuttig, tot ons mekaar weer na lock down sien.  My nuwe ouma was ook daar.  Wie sou nou kon raai dis die laaste keer dat ons haar sou sien?  As enige iemand dit moes voorstel, sou al die gaste seker lekker gelag het vir so ‘n verspotte idee.  In elk geval, die aand voordat lock down op ons is, lui my foon.

Dis toe Ouma.  Sy het besluit om maar te gaan isoleer by haar dogter in die lokasie.  (As die woord aanstoot gee, vra ek by voorbaat om verskoning.) Elke paar dae bel sy om te hoor of alles nog wel is en of haar huis nog staan.  Vrydag aand bel sy weer en is nog vol pittigehede oor haar terugkeer na die lokasie.  Sondag oggend vroeg bel die buurvrou en sy huil so dat sy geen woord uitkry nie.  Ai, tog, uiteindelik kom dit uit, “Olga, ouma Mavis is vanmôre oorlede.”  As dit nie was dat sy so bitterlik gehuil het nie, sou ek waarskynlik gedink het sy het skielik ‘n verwronge sin vir humor ontwikkel. Hulle, sy en Ouma is al kerkgenote en vriende sedert apartheid nog deel van ons bestaan was.

Gedate van die dag: Ouma, ons gaan jou mis hoor.

 

Entry filed under: Hartsake.

Verwagte teleurstelling Vooruitsig?

4 Kommentaar Add your own

  • 1. HesterLeyNel  |  April 30, 2020 om 8:33 nm

    Dis so hartseer as iemand met so ‘n waardeing vir die lewe en medemense ons so skielik verlaat.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Mei 2, 2020 om 3:42 nm

      Is nogal ne. Sy was al oor die 90, maar nog self huiswerk gedoen en elke dan en wan die optit gevee. Daar mag gn blaartjie of grassie nesgeskop het nie.

      Antwoord
  • 3. scrapydo2.wordpress.com  |  Mei 1, 2020 om 7:25 vm

    Siestog, dis hartseer maar sy gaan dit in die hemel geniet.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Mei 2, 2020 om 3:40 nm

      o ja, sy gaan.

      Antwoord

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: