Verwagte teleurstelling

April 10, 2020 at 5:51 nm 2 Kommentaar

Vandat die een en twintig dae inperking ingestel is, verwag ek nes meeste ander mense dat dit verleng sal word.

Tog gister aand toe dit aangekondig was, het ek byna gehuil.  Ek dink wat ek die meeste mis, is dat ek die naweek in Pretoria sou wees om die Paastyd se kerkdienste by te woon.  Sou gisteraand al kerk gehad het.  Maar nou ja, die rede vir die inperking is om ons van iets vreesliks te beskerm.

Maar dis nie al wat ek mis nie, ek mis die parkrun ook.  Ons parkrun baan is nie vir sissies nie en laat ek dit maar erken, ek is ‘n sissie.  Tog mis ek dit.  Maar nou ja, het maar my orbitrek afgestof en trap dat dit sing.

Dan, die geraas wat my eens so frustreer het, mis ek dan nou.  Ari gedori, my honde blaf sommige dae glad nie.

Een ding wat ek nie sal mis sou dit stil word nie, is die voertuig wat heeldag op en af ry.  Homer wou weet hoe weet ek dis dieselfde kar wat ry.  Nou raai, ek kan net soms ‘n hele telefoon gesprek voer sonder om te vra iets moet herhaal word. Maar die soort geraas, nes ‘n hond se blaf kan ek onderskei.

In elk geval, noudat die inperking met die eerste veertien dae verleng is, bly besig, bly veilig, bly gesond.

Gedagte van die dag:  Geseënde pase vir almal.

Entry filed under: Uncategorized.

Is dit nodig? Rus sag

2 Kommentaar Add your own

  • 1. scrapydo2.wordpress.com  |  April 10, 2020 om 11:57 nm

    Geseënde naweek ook vir jou en Homer. Ek ken ook die geluid van dieselfde voertuig wat telkens sy enjin aanskakel om 4 uur soggens. Dan kom hy met lawaai om die hoek. Smiddae kom hy weer terug maar nou ry hy gereeld verby. Omdat ons hier kan loop met ons honde geniet Trompie natuurlik elke hond wat verby kom. Hy staan lekker hoog en kan hul mooi sien aankom. Hy blaf ook op verskillende maniere dan weet ek ook sommer watter hond verbykom. Jul moet maar vasbyt, dit sal weer oorgaan. Sterkte vir julle.

    Antwoord
  • 2. HesterLeyNel  |  April 12, 2020 om 12:06 nm

    Ek is net verskriklik bly die bure met die raserige kind het getrek voor die lockdown.

    Antwoord

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: