Afsondering of straf

Maart 28, 2020 at 2:11 nm 7 Kommentaar

Ek sidder as ek dink wat sal gebeur as die corona virus in die plakkerskampe tussen die arm mense en weerlose kinders wat op hulle eie oor die weg moet kom, sonder ‘n volwassene se sorg, sal kom.  Tog kan ek oral op sosiale media sien dat die reeds die mense van hierdie nedersettings is, wat die tuisbly reël koelbloedig verontagsaam.

Ek het vanmore’m videogreep gesien waar hulle ‘n roldeur by die een of ander Tops eenvoudig oopgedwing het en hulle self ten aanskoue van almal gehelp het.  Niemand het probeer om hulle te keer nie.  Eerder videogrepe gemaak en seker maar ook hulle self gaan help.

Maak vir my net nie sin dat ‘n supermark wat oop moet bly deur die tyd, nie sigarette mag verkoop nie.  Toe ons die anderdag ‘n vriend gewaarsku het, het hy reeds uiters verontwaardig gesê hy sal die winkel oopbreek om sy sigarette te kry.  Toe het hy gedink ons maak ‘n grap maar tog ag geslaan en met amper ‘n trollie vol sigarette by Spar uitgekom.

Dis maar die tweede dag van afsondering maar ek het alreeds die helfte van my lekkergoed voorraad opgeeet.  Ari vir my is die “isolasie”maar my daaglikse lewe.  Ek kom meeste dae nie eers by die deur uit nie en as ek wel uitkom, is dit om in die tuin te gaan werkskaf. Nou dat die president dit “afsondering”genoem het, nou pla dit my genoeg om heeldag te sit en eet.

Sterkte met julle isolasie.  Mag God met ons almal wees.

Entry filed under: Uncategorized.

‘ n Roos by enige ander naam…. Is dit nodig?

7 Kommentaar Add your own

  • 1. scrapydo2.wordpress.com  |  Maart 28, 2020 om 11:06 nm

    Ek voel ook jammer vir daardie onskuldige kinders wie se lewes in gevaar is. Daardie brutale manier om alles te moet oopbreek en verrinneweer is sleg vir almal. Sterkte daar vir jul almal. Die einde is nog nie eers in sig nie.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Maart 30, 2020 om 3:34 nm

      Sterkte vir jou ook. Is jou ook in isolasie of al klaar weer vry?

      Antwoord
      • 3. scrapydo2.wordpress.com  |  Maart 30, 2020 om 10:58 nm

        Ons is in total lock down wat beteken ons mag nie regtig uit die huis gaan nie. Net vir n vinnige lopie met 2 meter afstande van mekaar. Die lock down het Donderdag begin en is vir 4 weke.

      • 4. Olga  |  Maart 31, 2020 om 12:31 nm

        Julle kan gaan stap? In die straat? Gr8! Maar ek moet se die algehele lock down gaan aan die einde van die dag die enigste doeltreffende oplossing wees.

  • 5. Narda  |  Maart 30, 2020 om 10:07 vm

    Ek ween as ek dink wat van ons ekonomie gaan oorbly. Is China werklik die ingenieur van hierdie virus om wêreld ekonomie oor te neem? Dan hoop ek werklik waar daar is n wêreld hof wat hulle kan dwing om alles wat hulle in die Corona tyd bekom het, sonder vergoeding, terug te gee. Mag die genade van God drie enig op die wêreld wees. Amen.

    Antwoord
  • 7. Nulletjie  |  Mei 27, 2020 om 7:27 nm

    Die is ook net om hulle bee tot die spits te dryf en radikale transformasie deur te stoot.

    Antwoord

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: