Briewe

Desember 1, 2019 at 2:14 nm 4 Kommentaar

Een van die dae sal kinders ook vra “Wat is briewe?” Maar nou ja, in ons tyd was briewe skryf ‘n stokperdjie.  Ai ek kan amper sê ‘n lewens noodsaaklikheid.  Ons het penmaats gehad.  Sommige was naby genoeg dat ons f2f ontmoet het, ander was maar so aan en af en dan was daar darie met wie ons jare lank gekorrespondeer het. Mensig ek was nogal ‘n ywerige penmaat.

 

Toe sit ek die radio aan en daar vra die omroeper of kinders nog skryf.  Neem hulle eintlik nog ‘n pen op en skryf? Nou ja, daar sit en giggel ek toe.  Want ek onthou hoe ons sommer nog vir mekaar briefies geskryf het ook.  Onthou julle die vinger in jou ribbes of op jou skouer wat dan onder bankvlak (uit juf of mnr se ooglyn) die briefie sou aangee.  Wat jy soms net moes aangee aan die een voor jou.  Maar nou ja, briefies het ons geskryf.  Toe was dit onvermydelik dat ek die ou gediggie van st 2 sou onthou. Voordat dit ook ‘n herinnering word, deel ek dit gou.  Geniet dit.

BRIEFIES

Daar’s kinders in ons klas
Wat baie gou kan werk,
Dan sit hul briefies skrywe
So skelm, ongemerk!

Ek was nog vêr van klaar,
Toe pluk een aan my mou.
“Haai! dè Rosie!
Die brief stuur Piet vir jou?”

Juffrou neem die briefie,
Toe voel ou Piet net sleg.
Sy lees: “Gee my ‘n soen!”
Maar Piet se kop was weg!

Die klas is pap gelag.
Net Hansie voel nie bly,
Want hy’t die brief ges
Piet sal hom buite kry!

Gou eers met nig Google beraadslag, blyk dat Helena J.F. Lochner, ‘n skryfster van Afrikaanse kinderverhale, as ek dit nie mis het nie, die skrywer van die oulike gediggie is.

Gedagte van die dag: Vandag se “briewe” sien ek, het nie eers meer venstertjies nie.

Entry filed under: Mense en hulle dinge.

Op die onderwerp van ouderdom Geseënde Kersfees.

4 Kommentaar Add your own

  • 1. Toortsie  |  Desember 1, 2019 om 3:09 nm

    Ek onthou!😁

    Antwoord
  • 2. Tannie Frannie  |  Desember 1, 2019 om 4:56 nm

    Besit nog ‘n bundel “Kinderland” met haar gedigte en stories – heerlike leestof vir destyds se kinders!

    Antwoord
  • 3. HesterLeyNel  |  Desember 2, 2019 om 7:15 vm

    Ek dink deesdae stuur hulle whatsapp boodskappies rond i.p.v. gevoude briefies.

    Antwoord
  • 4. scrapydo2.wordpress.com  |  Desember 2, 2019 om 9:39 vm

    Nee wat dis te veel moeite om papier briewe te skryf, maar laat hul nou flikvlooi om aandag te soek word daar nog steeds briefies geskryf.

    Antwoord

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: