Op die onderwerp van ouderdom

November 17, 2019 at 11:20 nm 7 Kommentaar

 

 

Meer as twee dekades gelede in my ou tuisdorp, het ek iemand geken wie by die ouetehuis gewerk het. Sy het graag vertel van die oumensies se manewales en dan altyd lekker gelag.  Ek het haar eendag vertel dis regtig ‘n steen des aanstoots vir my dat sy so lag vir die oumensies.  Haar reaksie was “As ‘n mens nie gaan lag nie, gaan jy vreeslik tjank vir wat met hulle gebeur en dit gaan  hulle ontstel.” Ek kon dit nie bra so insien nie, maar het maar so aanvaar.

Nou egter sien ek nogal in wat sy bedoel het.  Ek het onlangs vir tannie Nella gaan kuier daar in die bos.  Haar dogter het my na haar kamer geneem en gesê “Mamma kyk wie het vir jou kom kuier.” Op eerste oogopslag het sy my herken en my by naam gegroet.  Ons het so bietjie gesels toe loer haar dogter om die kosyn en sê daar is koffie in die sitkamer.  Hulle hoop om haar meer te laat beweeg sodat haar bloedsomloop sal verbeter.  Ewentwel, toe kom ek agter hoekom dit beter is om te lag vir die dinge wat hulle doen.  Die waarheid maak dan net seer.

Toe nooi sy, ‘n klein maer mensie, my, ‘n volbloed Amasone om op haar rug te spring.  “Spring Skatjie” (toe kom ek agter sy weet nie meer wie ek is nie.  Dit terwyl sy sowat dertig minute met my, Olga, gesels het.  “Spring op my rug my skatjie.  Ek sal jou mêma.” Maak nie saak hoe ek met haar argumenteer het nie, sy was reg vir die ding.  Ek het toe maar my arms om haar gesit en gesê “Laat waai.” Toe het sy so uitgelate gegil “hieeeeehaaaaa” en terwyl sy stadig gang af beweeg het, het sy gesê “Jy moet skree as ek te vinnig hardloop en jy raak bang hoor.” Toe ons in die sitkamer kom het ek die trane gevoel brand toe sy vir haar dogter en skoonseun vra “Het julle gesien hoe lekker het ek haar gemêma (abba)? Wat is jou naam nou weer?”

Nou kan ek insien hoekom die versorgers eerder lag.Net ander dag nog, was sy op en wakker.  In die tuin besig, met haar hoendertjies besig, besig om brood te bak.

Gedagte van die dag:  Ouderdom is wreed.

Entry filed under: Hartsake.

As mens ouer word. Briewe

7 Kommentaar Add your own

  • 1. HesterLeyNel  |  November 18, 2019 om 9:00 vm

    Ouderdom is veral wreed teenoor diegene wat die verval moet gadeslaan.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  November 18, 2019 om 10:34 nm

      Ek stem beslis met jou saam.

      Antwoord
  • 3. Positief  |  November 18, 2019 om 10:27 vm

    Dit maak my bang, die ouderdom. Gelukkig sal ekself teen daai tyd nie omgee wie lag en wie huil nie. Hartseer

    Antwoord
    • 4. Olga  |  November 18, 2019 om 10:35 nm

      As ek sulke dinge sien dink ek dikwels as die lewe maar soos ‘n lig aan en afgesit kon word.

      Antwoord
  • 5. ekmyselff  |  November 18, 2019 om 9:26 nm

    Kosbaar… ja ons raak mos maar weer kind met ouderdom

    Antwoord
    • 6. Olga  |  November 18, 2019 om 10:36 nm

      Net so weerloos ook.

      Antwoord
  • 7. Toortsie  |  November 19, 2019 om 9:27 nm

    Solank ons saam met hulle lag. Lag maak dit beslis ligter.

    Antwoord

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: