That’s not my game

Oktober 23, 2019 at 10:50 nm 8 Kommentaar

Lui my telefoon Saterdag oggend na parkrun.  Ek sit nog op my bed om gou my teetjies te drink voordat ek gaan stort. Ek sien dis uncle Eddie en my bloed kook.  Die veretterlike goed moet my nie krap as ek nie jeuk nie, dink ek.  “Are they bothering you again?” vra ek nadat ons gegroet het.  “Fuckit Sissie” seg hy, “they are still bothering me everyday.” Hy het al die magistraat se nommer gegee net sodat dieselfde dame hom twee ure later weer pla.  My advies is toe maar soos die magistraat sn ook.  Ignoreer hulle.  As hy ‘n nommer nie ken nie, moenie antwoord nie.

“But Sissie”sê hy “today I need your advice.”  Ai kyk.  “I’m listening, fire away.”  Hy antwoord toe ” You know how I’m always running errands for Sue?” En almal anders dink ek maar sê net “Yes”  Toe sê hy weer “today she send me to Spar and the chemist.  When I got back she said its so hot I must come in for some juice.  Well when she brought the juice she grabbed hold of my hand.” Oewie dink ek wat tog nou.  ” Well, I didnt want to be rude so I tried to loosen her grip like, you know.”  Ja ek weet antwoord ek.  “But she held on.  So she looked me in the eyes man and said ‘Eddie, weet jy hoe lus is ek al vir ‘n man?’ Fuckit Sissie, I lifted my ass so fast from that chair and buggered off.  I’m telling you man, I’m not lus for that kak again.”  Maar kyk, toe lê ek oor die bed en skree amper soos ek lag.

Twee slukke en drie hoese later kon ek darem weer my stem terug kry.  Ek het hom maar aangeraai om volgende keer dat sy hom skakel haar te vra om maar vir hom die lysie en die geld te bring en dat hy die veilgheidhek wat Homer vir hom ingesit het, gesluit moet hou terwyl hy die geld en lys neem.  Dis nou behoorlik ‘n geval van liewer Bangjan as Jannie nommer drie.

Gedagte van die dag: Een van sy ander sussies is nou darem terug so ek gee weer leër oor.

Entry filed under: Mense en hulle dinge, Uncategorized.

Skooltyd! As mens ouer word.

8 Kommentaar Add your own

  • 1. scrapydo2.wordpress.com  |  Oktober 23, 2019 om 11:36 nm

    O gatta, wat n wulpse vrou of is oom Eddie so aanloklik?

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Oktober 25, 2019 om 12:21 nm

      Ai tog. Hy kom dikwels bietjie kinderlik voor

      Antwoord
  • 3. HesterLeyNel  |  Oktober 24, 2019 om 7:52 vm

    Kyk dis nou nie elke man wat so ‘n versoeking sal weerstaan nie.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Oktober 25, 2019 om 12:22 nm

      Hy ken dalk net al die traps wat daarmee saamgaan. 😉

      Antwoord
  • 5. Toortsie  |  Oktober 24, 2019 om 1:45 nm

    😂

    Antwoord
  • 6. Karli  |  Oktober 27, 2019 om 6:58 vm

    Hulle sê mos once bitten twice shy of so iets. Hy weet wat goed is vir hom.

    Antwoord
  • 7. Stories Uit My Wereld  |  Oktober 27, 2019 om 8:09 vm

    Arme Sue!!!

    Antwoord
  • 8. Stories Uit My Wereld  |  Oktober 27, 2019 om 8:11 vm

    Miskien moet hy volgende keer met die inkopies vir haar ‘n speelgoedgeweertjie koop?

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: