Skooltyd!

Oktober 11, 2019 at 2:26 nm 4 Kommentaar

 

 

Daar is ‘n goeie rede hoekom kinders skool gaan en teen volwassenheid klaar maak. In die tyd dat ek in Pretoria was, het my noolste Nolie, Mina en my Amy kom kuier. Toe ons besig raak om ete op te dien, wil Juffie niks weet van eetkamer nie, dis nou sit kamer toe.

Sy het in elk geval daar vir ons “gedek.” Pappa en Mamma kan maar soos barbare met skinkborde op hulle skote eet.  Vir Ouma en Ousus het sy so ewe kussings op die vloer by die koffietafel gepak en sy sit op haar pienk stoeltjie.  So eet ons en toe is dit skottelgoed tyd.  Kort kom loer sy om die kosyn of alles nog op dreef is. Toe sy dus die ketel hoor, besef sy alles is gewas, gedroog en gebêre in die kombuis.

Amy is mos nou al ‘n rukkie in die kleuterskool en ons gaan nou dus skool speel.  Daar sit Juffie op haar pienk stoel, ek en Ousus moet maar weer ons plekke op die kussings op die vloer inneem.  Ons kleur in.  Een inkleur boek, twaalf vet vetkryte en drie inkleurders.  Daar gaan ons.  Pappa en Mamma is later vort bed toe, ons drie kleur nog in.

Nou ja, ek en Ousus se “vere”is al deur gesit daar op die vloer en ons kriewel.  Mens! ek kan sweer ek voel die kruis in die teëls dwarsdeur daardie kussing. As ons so kriewel, dan kom die kwaai stemmetjie “Sit op julle boure.”Dan sit ons.  Dan oorval die kriewels ons weer en ons sit op ons knieë langs daardie koffietafel. Dan kom die kwaai stemmetjie weer “Julle, sit op julle boure.” Dan sit ons weer en ons kleur in.  Eet dan en wan ‘n lekkerdingetjie dan het ons mos geleentheid om te kriewel. Dan se juffie weer “Sit op julle boure.” Kyk, sy is net drie jaar oud maar sê daardie R.  Toegegee, dis so ‘n Engelse Franse R maar onmiskenbaar ‘n R. Teen elf uur is ons “boure”opgesit man maar al wat ons hoor is “Sit op julle boure.” Ons was nogal optimisties  dat ons dalk so twee of hoogstens drie prente gaan inkleur dan gaan sy belangstelling verloor.  Maar ai, moenie glo nie.

Van die een na die ander.  Dan soek Juffie die volgende projek uit.  As dit op albei kante interessant lyk, dan is dit die volgende prentjie. So dis rond en bont in daardie inkleurboek.  Gelukkig is die boek omtrent 2cm dik, anders het ons dit sommer die Vrydag aand klaar gemaak.  Ons, dis nou Ousus en ek het weer die kriewels terwyl sy die soveelste prent soek.  Toe sit en kyk sy vir ons en snou oor die breedte van die ou tafeltjie “Nou sit julle stil op julle gatte.”

Ek wil nou nie hoes, poep of skinder nie, maar as ek Pappa en Mamma was, het ek sommer so enige tyd by daardie skool opgedaag hoor.

Gedagte van die dag: As jy bietjie ouer is, is skoolgaan defnislis nie vir sissies nie.

Entry filed under: Askies????.

Wat sê die wet That’s not my game

4 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Oktober 11, 2019 om 5:43 nm

    Dit is nou ‘n ander prentjie van streng kinders. LOL

    Antwoord
  • 2. Tannie Frannie  |  Oktober 11, 2019 om 6:12 nm

    Bwahahaaa, dis kostelik, kan die kleinding net hoor!

    Antwoord
  • 3. HesterLeyNel  |  Oktober 11, 2019 om 7:00 nm

    Bwahaha. Kostelik.

    Antwoord
  • 4. scrapydo2.wordpress.com  |  Oktober 11, 2019 om 10:51 nm

    Kostelik verby! Baie bekkig as hul so oud is. Ek sit ook hier met een wat amper drie is. Sy weet al ouma sit nie plat op die boure nie. Daar word vir my n stoeltjie gegee om op te sit. Jul moet bietjie klei speel. Dit hou hul ook ure besig. Ek is ook nie mal oor die op die skoot eet nie. By my sit ons aan tafel! Dis darem lekker ondervinding. Geniet dit.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: