Wat sê die wet

Oktober 3, 2019 at 1:12 nm 7 Kommentaar

Mensig!!! Soms verdien mense om geklap te word.

Die ou oom se vrou het hom seker so twee jaar gelede verlaat.  Maar julle weet mos hoe mense is, eers het sy gegaan en ‘n lot skuld gemaak.  Nou ja, die oom kry net Sassa pensioen.  So hoe sy ‘n rekening daar op die oom se naam bekom het, sal net sy weet.  Ek het intussen gehoor sy, die vrou en die verkoopsdame by die meubel kettingwinkel was vriendinne.  Sy was die oom se tweede vrou en het self na haar huwelik met die oom nog ‘n goeie pensioen van haar vorige man ontvang.  Dus het sy nie nodig gehad om op die oom se naam te gaan koop nie.  Maar omdat sy geweet het wat sy gaan doen, het sy die rekeninge op sy naam geopen. Net so te verswaring, was die oom aangerand en het bietjie breinskade opgedoen.  Jy hoef net twee sinne met hom te praat om dit agter te kom ook.

Sedert sy vort is, sukkel die oom om die hoop skuld, meer as sy ou penioentjie, te betaal.  Maar laat niemand sê hy het nie moedig probeer nie.  Dikwels het mens hom by die een of ander winkel gesien, besig om kaste aan mekaar te sit waarvoor hy maar karig beloon was.  Maar so het die ou werkies opgehou en die oom was pleinweg geskroef.  ‘n Kennis vertel my die storie en ek raai aan “gaan gesels met die staatsaanklaer. Sover my kennis strek kan hy nie soveel skuld kry dat dit sy hele ou pensioentjie verswelg nie.”

Elke keer as die vrou my sien sal sy vertel die meubelwinkel dryf die ou oom mal.  So bel hy my gisteroggend amper in trane.  “Sissie, they are coming to take my furniture.” Daar is nou een uitweg. ” Uncle Eddie can we go to court?” Die arme ou mens is so desperaat hy sê dadelik ja.  Wel vanmore is ons toe weg landroshof toe.  Daar gekom, staan mense in ‘n ry en wag om deursoek te word om in te gaan.  Die oom is nog nie daar nie en ek verduidelik aan die wag toe ek voor kom.  Ai, sy verstaan nie my soort Ingels nie en escort my na die klerk.  Daar gekom vertel ek ek wil asseblief die staatsaanklaer sien en gebruik toe die naam wat my vriendin my gegee het.

“Follow me” kom die opdrag toe en daar rol die kolos voor my die gang af. Ek agterna.  Daar trek sy oor die nat wit teêls. Die vloerwasser skud net haar kop en sê gn woord nie. Ek probeer maar byhou maar omdat ek weet hoe de vieste Homer se vuil spore op my vloer my maak, hou ek maar aan die kant op die donker teëls.  Sy is voor my die kantoor in maar nie voordat die ou pofferhandjie uitgeskiet het om my “halt” te wys nie.

Die magistraat luister, sy kyk na die dokumente en dreigbriewe wat ek toon en sê verbaas “Maar die saak is mos al afgehandel.” Toe nie.  Hulle het die oom gister voor 10 uur al drie keer gebel toe ek hom aangeraai het om sy foon af te sit en eers na 5 weer aan te sit.  Daar is edelagbare op die foon.  Kan julle glo? Nadat sy haar aan me die meubelwinkel bestuurder geidentifiseer het, is diè onbeskof met haar.  Ook het sy nie die area bestuurder of die “legal manager” se telefoon nommer nie.  Edelagbare druk die foon dood en daar in die dokumente in agter die betrokke mens se nommer aan.  Bel, maar helaas, hy begin eers 9 uur werk.

Sy raai my toe aan om die oom se foon af te sit.  Dis ‘n ou perfienkie wat ongelukkig nie nommers kan blok nie.  Die oom moet hulle nie toegang tot sy huis gee nie, hulle mag niks neem nie en hy betaal ook geen sent meer nie.  In die saak is die winkel glo skuldig aan die “Reckless credit act” en moet voor haar kom pa staan.

Sjym sal maar sien vir hoe lank die arme oom in vrede sal kan lewe.

Gedagte van die dag: ‘n Bietjie genade sal wondere vir sy gemoed doen.

 

Entry filed under: Uncategorized.

Oos wes, tuis wat? Skooltyd!

7 Kommentaar Add your own

  • 1. HesterLeyNel  |  Oktober 3, 2019 om 6:00 nm

    Sjym, man. Jy’s reg, sulke mense moet geklap word.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Oktober 6, 2019 om 10:21 nm

      Maar nou sal hulle moet gaan antwoord hoekom hulle so baie skuld aan hom toegestaan het. Dis asof die hele land geld honger geword het, alles vir die kommissie. Nee, sies! Wat het van integriteit geword?

      Antwoord
  • 3. scrapydo2.wordpress.com  |  Oktober 5, 2019 om 9:10 vm

    Goeiste genade sulke gewetenlose vrouens/mans moet sommer opgesluit word sodat hul kan voel hoe dit is om niks te hê nie. Ek’s bly jy het darem die oom gehelp.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Oktober 6, 2019 om 10:23 nm

      Eintlik het elke storie ook maar twee kante ne. Met die nuwe wetgewing wonder ek hoe lank gaan ons nog ketting tipe winkels sien. Almal koop vir ‘n plek en ‘n wen want hulle kan hulle nou op die nuwe wetgewing beroep. Maar dis ook maar hulle verdiende loon.

      Antwoord
      • 5. scrapydo2.wordpress.com  |  Oktober 6, 2019 om 10:55 nm

        Ja jong, sal maar sien hoe die ondergang al dieper gaan. Dis hartseer!

  • 6. Natalia  |  Oktober 9, 2019 om 8:00 vm

    Daar is dan banke wat aan sassa pensioenarisse huislenings van n miljoen plus gegee het. ek dink hulle het vooraf geweet van die wetgewing wat kom maar hulle het nie die R50 000 beperking sien saamkom nie. Ek het eendag in pep tougestaan. N wit oomie het net voor my gestaan met R30 in sy hand en hy het gevra vir Voda airtime. Vir my was dit duidelik hy siek R29 sin. Die dame het hom R275 opgelui en begin skree vir die ander R245. Toe gooi ek my toys en het haar area bestuurder gekontak. Die was baie arrogant maar ek het my storie mooi vertel en gesê as ek nie bevrediging vir die oom kry nie, gaan ek my video’tjie op you tube sit. Die oom het sy R275 airtime gekry en sy R39 behou.

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Oktober 9, 2019 om 10:32 nm

      Goed vir jou! winkels en seker banke ook is te gou om skuld te gee. Daar behoort tog perke te wees. Mens kan nie by game, Makro of Pnp ingaan sonder dat iemand ‘n rekening op jou probeer afdwing nie.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: