o wee……

September 11, 2019 at 9:23 vm 1 comment

Daar gebeur dit toe.  31 Julie.  Ousus bel “Moet nou nie skrik nie.  Ek het geval en my arm gebreek. Ek wag nou net vir ‘n magtiging nommer van die mediese fonds, dan gaan ek hospitaal toe.  Ek moet geopereer word om die arm te geset te kry.  Maar dis nie so erg nie.”

Nie so erg nie?  As jou arm geset moet word met ‘n operasie, is dit mos erg genoeg.  Om alles te kroon, het ek die vorige dag gaan stap en my selfoon verloor.  Ons het dadelik omgedraai en op die spoor terug geloop maar te vergeefs.  My vriendin stel toe voor dat ons na haar huis gaan, aangesien dit die naaste is en my nommer skakel.  Te vergeefs.  Die sim was toe al uitgehaal.  Om nog pyn by die verlies te voeg, kry ek altyd ‘n boektipe selfoon dop dan kan ek rybewys en bankkaart byderhand hê sonder om die hele handsak met die stoof en yskas in, saam te piekel.

Kos my toe gou eers afsit bank toe.  Kan darem kaart vervang kry al sê die nuwe kaart nie “tjekrekening”of spog met my naam nie.  Ek wil mos net toegang toe die fondse in daardie rekening hê, nie waar nie.  Ari gedorie, toe is dit nou lisensie kantoor toe, daar moet ek hoor ek moet SAPD toe om ‘n beëdigde verklaring af te lê alvorens hulle my kan help om ‘n rybewyskaartjie wat net ‘n jaar oud is, te vervang.  Toe ek uiteindelik teruggekom het, was dit om te hoor “Sorry love.  I’m going on lunch now. Come back tomorrow.” Nodeloos om te sê het ek dit so effe verloor.  Ek is toe so half teësinnig gehelp.  Maar toe kom die “skop in die tanne.” “You need a recent photo ma’am.” Ek het haar aangegluur en toe die spaar foto van verlede jaar se aansoek voorgelê.  Toe is ek daar uit met die gewraakte dokument in my hand.

Ewentwel, toe ek dus in Petoors se dorp wat mos deesdae Swannie se dorp heet kom, toe is dit al donker en ek was al lus om 20km voor Ousus se huis op die vlug te slaan en die ou Fordjie net daar in die verkeer te los.  Maar ek het maar op my tande gekners en mooi gebid. Toe moet ek dus hospitaal toe ry.  Daar gekom, was Ousus al geopereer en al heeltemal in beheer van al haar fasiliteite.  Plaatjie en ‘n vuis vol skroewe later.  Maar sy doen goed.

Raak soms oor optimisties soos verlede week toe sy opsluit moes gaan kitaar speel en arm toe goed spasma gegooi het, wat sy nou nog sukkel om af te skud.

Gedagte van die dag:  Hulle ore sal altyd ormamente wees.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Telebevarkers.

1 Kommentaar Add your own

  • 1. Fera Guaden  |  September 14, 2019 om 10:16 vm

    Ai dankie dat jy my die rustigheid laat waardeer

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: