Telebevarkers.

Julie 29, 2019 at 9:33 vm 4 Kommentaar

Kyk, ek is nie ‘n oggend mens nie.  Ek is veral nie ‘n vroegoggend mens nie. Ek wil teen my eie tempo wakker word.  As ek om die een of ander rede vroeg moet opstaan, vir al die gewone redes, dan doen ek dit.  Dikbek, bot, sal ek my gang gaan.  Maar moet my asseblief nie pla voordat ek gepla wil wees nie.

Soos julle weet, loop ek dikwels deur onder telebevarkers. Maar gewoonlik gee hulle my kans om wakker te word, een of twee bekers tee te drink en ontbyt te eet voordat hulle my pla.  So in die newels van slaap hoor ek my selfoon lui.  “Wat de joos?” Ek soek soek my foon, voel die beker tee wat Homer so teen 8vm moes kom neersit het.  Kry my bril beet, sit op en daar lê my foon waar ek weet ek dit nie sal neersit nie.  Homer het seker weer ‘n teleurstellende ondersoek gehad.  Kry dit beet, antwoord.  “Good day mr Oksle, may I speak to your wife please? WDF? “Speaking” kwaak ek.  Ek hoor vir Homer buite lag. “So sorry ma’am.  I am Dudu Ndluli phoning from “wie se moer se medicals.”

Kyk toe kook my bloed, Ek ken die stem. Sy bel my elke Vrydag en glo my, elke Vrydag het sy ‘n ander naam.  “We want to share our specials with you today!  Isnt that great? tjirp sy in my oor.  Teen die tyd staan Homer al in die kamer. Ek veg hard om pose te hou.  “Indeed” knor ek. Toe rammel sy die hele ou verhaal af van hoe frustrerend dit is as mens siek word en jy moet ‘n hoop geld vir die dokter en mediese dienste uitvurk.  “Dudu / Lexi/ Anisha/ Thandi what ever your name may be, we’ve been through this before.  I’ve been telling you for some months now that I have no intention of buying what you are offering.” Toe moes ek eers asem haal en sy neem haar kans waar.  “But ma’am let me explain what I am offering.”

Not likely my dear dink ek en val in toe sy weer asem haal “I am unemployed.  That means I havent got work so I dont get a salary.  I am too old to get a job and too young to get SASSA” knor ek “so I cannot afford your medical aid.” Slaat my simpel met ‘n blerrie pap snoek.  “But that’s the great thing ma’am.  I am not offering medical aid,  today I am offering you medical insurance.”

Berge val op die …… vrou “If I cant afford medical aid, how on the face of this earth can I afford the ever bigger luxury of medical insurance Dudu / Lexi/ Anisha/ Thandi?” vra ek tussen my tande deur. “But ma’am…” toe is Olga op. “Ma’am se moer!”

Weet julle, sy bel elke week van ‘n Durban nommer en elke week blok ek haar nommer na die gesprek.  Tog, skakel sy volgende week van die selfde nommer af.

Gedagte van die dag:  Dalk sal perde teen volgende week horings hê.

Entry filed under: Bitch en Moan.

Snoep goed o wee……

4 Kommentaar Add your own

  • 1. Fiela  |  Julie 29, 2019 om 9:56 vm

    Hoe nie hie hie. As hulle jou het, dan het hulle jou.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Julie 30, 2019 om 11:21 nm

      Nou dit is ‘n feit soos ‘n perd.

      Antwoord
  • 3. Toortsie  |  Julie 30, 2019 om 7:14 vm

    Dis om van te gil.

    Antwoord
  • 4. Olga  |  Julie 30, 2019 om 11:21 nm

    Óf vloek.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: