Snoep goed

Julie 24, 2019 at 10:48 nm 10 Kommentaar

Word mens ooit te oud vir lekkergoed?  Ek hoop van harte nie so nie. Ek was nog maar altyd lief vir ‘n ou soetigheidjie.

 

Ek het ‘n groot vet bottel waar ek ons lekkergoed insit.  My gunsteling is natuurlik Licorice all sorts. Of is sit Cream caramels? Nee, wag, ek dink dis Jelly beans. Nee, eerder Peanut Brittle.  Wag, dis eerder Milky Toffees.  Dis fudge.  Nee wag, voordat ek vuis slaan met myself.  Ek hou van sweeties.  Sommer baie. nou ja. As ons lekkergoed gekoop het, gooi ek alles in die bottel.  Die bottel staan sommer op die kombuis kas.  Kom die kwien se direkte familie kuier, dan help sy haarself aan ‘n paar.  Stap Homer soggens die kombuis binne, dan verdryf hy maar die eensaamheid van vroeg more alleen wakker wees met ‘n handvol.  Vererg ek my vir Homer, vind ek troos in die bottel.  Dis ‘n lekkerder bottel as die een uit die bottelstoor.  My opinie natuurlik.

So is ons ook lief vir grondboontjies.  Daar staan ook altyd ‘n bottel met grondboontjies langs die lekkergoed.  soms met rosyne, maar meestal daarsonder. Om een of ander rede sal mense nogal hulle self nie so geredelik uit daardie bottel help nie.  Toe het ek opgemerk dat Homer die bottel gou laat leegloop totdat daar so ‘n enkel lagie op die bodem lê.  Dan sal hy kamma verbaas vra “Wat het hiervan geword?” Toe het ek slim geraak.  Ek gooi dit in twee bottels.  So twee derdes van die pak in die groot bottel en die res in ‘n kleiner bottel.  Dis dan nou die groter een vir Homer en die kleiner een is myne.  Wonder bo wonder toon hy respek vir myne maar syne hou nou baie langer.

Die ander dag het ons tuis gekom en ek het die pakkies lekkergoed in die bottel leeggemaak.  Die “Gum snakes” heel onder en so gaan ek aan.  toe die “All sorts”heel bo in die bottel land, het hy al terug gekom in sy oorpak geklee.  Ek het toe nog nie eers kans gehad om die bottel te skud om die sweeties te meng nie. “Dink jy nie ‘ons’ moet dit in verskillende bottels bêre nie?” Vra hy. “Goeie idee” antwoord ek.  Dis mos duidelik as elke lekkergoed soort in ‘n aparte bottel is, maak dit mos die saak soveel makliker vir hom.  Nou ja, toe hy ‘n paar uur later weer in gekom het, was die lekker goed geskei.  Syne in een bottel, myne in ‘n ander.

Gedagte van die dag: Nou bly altwee bottels langer vol.

Entry filed under: Askies????.

‘n Nuwe/ou stapmaat Telebevarkers.

10 Kommentaar Add your own

  • 1. ekmyselff  |  Julie 25, 2019 om 7:56 vm

    Ooh ek vrek oor soet. Ek het ook altyd n bottel lekkers. Dis mos hoe dit hoort 😉

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Julie 25, 2019 om 10:41 nm

      Ek stem saam. Dis die soort bottel waarin ek wil kyk. 😉

      Antwoord
  • 3. Leilah  |  Julie 25, 2019 om 9:43 vm

    Lekker man. Fudge met growwesout flokkies in. Of donker sjokolade buttons. Maar die allerlekkerste is sout drop. Weet iemand hoekom word dit drop genoem?

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Julie 25, 2019 om 10:44 nm

      Ek het al die sout fudge ding probeer. Maar ek verkies die gewone. Amarula en whiskey fudge ook al probeer, maar not my cuppa tea. Dis ‘n interessante vraag. Maar ek het nog geen antwoord nie.

      Antwoord
  • 5. Tannie Frannie  |  Julie 25, 2019 om 5:04 nm

    Oe, hoe lus het jy my nou geskryf…

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Julie 25, 2019 om 10:45 nm

      Bederf jouself. 😉

      Antwoord
  • 7. HesterLeyNel  |  Julie 25, 2019 om 7:28 nm

    Nee, ek kan nie sweeties so in my huis aanhou nie. My man sal nooit ophou met eet nie en, nog erger, hy probeer my heeltyd voer. Ek koop ‘n sak lemoen en twee pakke appels elke keer as ek verby die winkel ry, dan word ek tenminste gesonde kos gevoer.

    Antwoord
    • 8. Olga  |  Julie 25, 2019 om 10:48 nm

      Homer is ook geneig om my te voer. Vrugte word nie oud hier by ons nie. Appel sal hy in wiggies sny en aandra. As hy al so om en by etenstyd “gou” moet Build it toe gaan, kan jy maar verseker weet hy kom terug met ‘n groot pak slap tjips. Dan gooi ek ekstra asyn en ai, ai, ai….. Te gou is die pak leeg.

      Antwoord
      • 9. HesterLeyNel  |  Julie 26, 2019 om 10:27 vm

        My man vrek ook oor vis en slaptjips, maar hy eet dit net uit die viswinkel uit. Tuisgemaak is nie goed nie.

      • 10. Olga  |  Julie 26, 2019 om 10:23 nm

        Vis en …. is Vrydag. 🙂 Jy weet, nog soos die ou mafia kerk mense. Ek verkies ook uit die keffie, maar as ek moet , dan moet ek. Verkieslik gerooster.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: